Huisgenoot

SJOKOLADE-EN-KOFFIE-PANNA COTTA

-

Panna cotta is tradi sioneel ’n Italiaanse nagereg van versoete room wat met gelatien verdik en in ’n vorm gegiet word. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 15 min. Staan: 15 min. Stol: 4-6 uur of oornag in yskas 500 ml (2 k) room 500 ml (2 k) melk 4 eiergele 60-80 ml (¼-¾ k)

strooisuik­er 60 ml (¼ k) kakao 30 ml (2 e) kitskoffie, opgelos in 60 ml (¼ k) kookwater 30 ml (2 e) gelatien 60 ml (¼ k) warm

water VIR VOORSIT vars vrugte van jou

keuse Sit ’n groot silikoonje­llievorm op ’n bakplaat.

1 Verhit die room en melk in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte.

2 Klits die eiergele, suiker en kakao saam in ’n mengbak. Voeg ’n soplepel vol van die melkmengse­l by en klits goed. Voeg nog ’n lepel vol by en klits goed. Giet hierdie mengsel by die res van die melkmengse­l in die kastrol.

3 Plaas die kastrol op matige hitte. Roer aanhoudend met ’n houtlepel tot die vla effens verdik. Verwyder die kastrol van die hitte en hou eenkant.

4 Meng die gelatien en water in ’n klein bakkie en laat 15 min. staan. Voeg by die vlamengsel en roer tot opgelos.

5 Giet die mengsel in die vorm en laat 4-6 uur of oornag stol.

6 Vir voorsit Keer die jellie uit op ’n opdienbord. Versier met die vrugte en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa