Huisgenoot

SJOKOLADE-LEMOEN-BROSBROOD

LEWER 12 VINGERS Gaarmaak: 30 min.

- 1

150 g ongesoute botter

(kamertempe­ratuur) 200 g koekmeel 50 g strooisuik­er, plus

ekstra vir oorstrooi 1 lemoen 50 g donkersjok­olade

(70%) Voorverhit die oond tot 190 ºC. Smeer ’n vierkantig­e 20 cmbakplaat en voer uit met bakpapier.

Meng die botter, koekmeel, suiker en fyn gerasperde skil van die helfte van die lemoen in ’n groot bak. Vryf die mengsel tussen jou duim en vingerpunt­e. Druk tot ’n deeg vorm, maar moenie knie nie.

2 Druk vas in die uitgevoerd­e pan tot 1 cm dik. Prik oraloor met ’n vurk. Bak 20 min. of tot effens goudbruin.

3 Haal uit die oond, strooi ’n bietjie suiker oor terwyl dit nog warm is en laat afkoel.

4 Smelt intussen die sjokolade in ’n hittebesta­nde bak oor ’n kastrol water wat liggies prut. Verwyder van die hitte.

5 Sny die brosbrood in 12 vingers;laat dit op ’n draadrak afkoel. Bedruip met die sjokolade en rasper die res van die lemoenskil oor. Sny die lemoen en sit dit voor saam met die brosbrood. S 5 INGREDIENT­S – QUICK & EASY FOOD DEUR JAMIE OLIVER (PENGUIN RANDOM HOUSE, R295). © JAMIE OLIVER ENTERPRISE­S LIMITED, 2017. OMSLAG- EN ATELJEEFOT­O’S © PAUL STUART, 2017. BESKIKBAAR TEEN DIÉ PRYS BY

TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAF KENNISGEWI­NG.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa