Huisgenoot

WAT IS BOTOKS?

-

MENS sien dit elke keer in die spieël: die diep fronsplooi­tjie op jou voorkop. En sodra jy die lyntjie gewaar, frons jy – sommer vanself ! Tog spog mooies en bekendes wat jare ouer as jy is met ’n gladde voorkop. Hul geheim is glo botoks, en jy hoor dis iets wat ons ander sterflinge ook plooivry kan maak. Al wat nodig is, is ’n bietjie geld.

Wat is hierdie botokswond­er, hoe werk dit en hoeveel is “’n bietjie geld”? Huisgenoot het by kenners kers opgesteek om te hoor of dit die belegging werd is. “Botox is die handelsnaa­m van ’n produk. Die proteïen waaruit dit bestaan (botulinumt­oksien A of BTX-A, ’n neurotoksi­en – gif wat die senustelse­l aantas), word in ’n laboratori­um vrygestel deur die bakterie sê dr. Deon Weyers, ’n plastiese chirurg van Fourways, Gauteng.

Die bakterie word onder streng beheerde omstandigh­ede uit die natuur versamel en gekultivee­r. Volgens hom is daar ander variasies van die produk, “maar omdat Botox die pionier in die kosmetiese aanwending van botulinum- toksien is, word die naam botoks in die algemeen gebruik”.

Botoks word by ’n spier ingespuit en verbind dan aan die senupunt waar die senuwee en die spier mekaar “ontmoet”, verduideli­k dr. Anastasia Botha van Bedfordvie­w, wat al 11 jaar in estetiese medisyne praktiseer. Dit blokkeer die vrystellin­g van asetielcho­lien, ’n chemiese stof wat dien as neuro-oordraer wat die sein om die spier saam te trek na ander senupunte stuur en so die sametrekki­ng keer. “Dit veroorsaak ’n verlamming of swakheid van die spier,” verduideli­k sy.

So versag botoksinsp­uitings gesigplooi­e wat deur herhaalde spierbeweg­ings veroorsaak word, sê Deon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa