Huisgenoot

SLAAPKOUS VAN ’N MINNAAR

-

Wanneer ’n mens voortgaan om jou en jou behoeftes in ’n verhouding te ontken, is dit gewoonlik uit vrees, weens ’n swak selfbeeld of omdat jy stres wil vermy.

As jy jou begin aanpas of verander om ’n verhouding­smaat tevrede te stel en spanning te vermy, gaan jy nie jou volle potensiaal in die verhouding bereik nie. Wanneer jy in ’n verhouding verplig voel om jou ware self te ontken, moet die gevaarligt­e begin flikker.

Jy hoef nie jou talente weg te steek of jou aan bande te laat lê deur iemand wat onseker is van homself nie. Jy voel reeds aan sy optrede dit het iets met beheer te doen. Dalk sal jy liewer stilbly as om sy kommentaar te verduur.

Onnodige en afkrakende kritiek kan ’n mens in die bed laat wegkruip. ’n Mens wil nie in enige verhouding heeltyd jou woorde tel nie.

Jou kêrel se op- en aanmerking­s neem niks van jou sukses of prestasies weg nie. Om getrou te wees aan jouself verg in enige verhouding moed. Jy hoef nie opoffering­s te maak omdat hy op sy perdjie spring of jaloers is nie. As jy dit doen, sal jy net op kort termyn gemaklik voel.

Ek sal jou aanraai om briek aan te draai met die verhouding en te kyk of jy hom werklik as maat in jou lewe wil toelaat. Miskien ervaar jy nog dinge waarvan jy nie hou nie en dat hy moontlik tog nie Meneer Reg is vir jou nie. Een van my vriendinne kla haar man tel sy selfoon op baie gou nadat hulle intiem was. My man raak weer onmiddelli­k aan die slaap. Dis al wat hy daarna wil doen. Ek wil dan nog vasgehou word en ’n bietjie gesels. Ons is al lank getroud, maar dit was nog altyd so. Ek is dan nie vaak nie, maar hy draai om en sluit hom van alles af. Ons ondervind geen probleme nie. Ons het drie kinders en het albei ’n werk. Ek wonder net altyd of dit ’n gebrek aan belangstel­ling is.

Ek voel ’n bietjie verwerp en so asof die liefdemake­ry al is waaroor dit vir hom gaan. Hy moet tog weet ek is wakker langs hom. Gee hy ooit om? Wat dink jy? Is hy selfsugtig?

BM op LK

Wat jy ervaar, is baie normaal. ’n Groot getal mans voel ontspanne ná seks en wil dan net agteroor lê en die oomblik geniet.

Die klein rukkie ná enige hoogtepunt tussen die lakens is ook vir mans ’n hormoongev­ulde oomblik.

Hormone soos oksitosien, wat tydens ejakulasie vrygestel word, maak hulle rustig en lomerig.

Tog is daar beslis ook bedagsamer minnaars wat weet hul bedmaats het kussingges­elsies en drukkies ná die tyd net so nodig soos vervullend­e seks.

Navorsing wat Bernice Kanner aanhaal in haar boek Are You Normal about Sex, Love and Relationsh­ips? wys mans van sowat 18 jaar oud is ná 15 minute se rus weer minder slaperig, terwyl die gemiddelde indommelty­d vir mans ná seks ’n halfuur is.

Oorweeg gerus om mekaar soms vroegoggen­d te bemin wanneer hy weet hy sal moet opstaan en sal ná die tyd moet wakker bly.

Geniet ander tye self die oomblik, en kruip dieper agter sy rug in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa