OOR TAAL EN IDENTITEIT
Elsa vertel sy vrees die jong geslag gaan al h hul woorde verloor weens die “donker elek elektroniese wêreld waar kinders en hul duim duime so tuis is”. “H “Hul waarneming is beperk. Dinge word gere gereduseer tot huge en awesome. Hulle kan n nie in meer woorde vir jou vertel hoe ’n ko konsert was nie. Dit voel vir my die hele taalw taalwêreld verloor sy skakerings. Die taal word verskraal.” Ma Maar dis nie net in Afrikaans dat dit so gaan nie. “In Italië is dit ’n hele punt van bespr bespreking dat hul jong mense nie meer ciao s sê nie, maar howzit. En “oukei” gedy. As ou Europese tale bekommerd is oor hul jongm jong mense, moet ons ook seker wees. “Ek dink daar kom ’n tyd van groot beroerin roering wat veroorsaak word deur die verskynsel van sosiale media en die aanlyn wêreld. Dit sal nie weggaan nie. Dit is hoe dit sal wees.” Elsa, daarenteen, kom uit ’n tyd toe joernaliste nog Afrikaanse woorde moes skep in die plek van veral Engelse en Nederlandse woorde. “Ons moes noodgedwonge woorde uitdink. Een van myne wat ek kan onthou, is ‘oornagtassie’. ” In haar manuskrip skryf sy: “Ons is ’n gebroke volk”, en “identiteitloos”. Hoe sien sy die toekoms van haar nasate in SuidAfrika? “Ek wil nie daaraan dink nie. My kinders en kleinkinders is op een na almal hier gevestig. Die wêreld is so anders. Jou kinders is byvoorbeeld in die wets- of sakewêreld, dan is dit die hele wêreld. Dis beslis nie meer die nasionale wêrelde nie. “Dis meer countries of the mind. hoop my kleinkinders kry almal countries of the mind.”