Huisgenoot

Daardie dag het sy geweet sy is vet; hy hoef dit nie eens te gesê het nie

-

Y KAN die dag onthou toe sy die eerste keer besef sy is vet. Dit was nie net die skaal nie. Wat is ’ n getal nou? Honderd kilogram. Ag, wat, sy is nie so vet nie.

Die regte vet mense het twee sitplekke op vliegtuie nodig en hulle kan in elk geval nie bekostig om ooit iewers heen te vlieg nie. Selfs om iewers heen te ry is nou so duur; die petrolprys styg net die hele tyd.

Die slag toe sy besef sy is vet, was die aand toe sy Chris betrap dat hy haar aanstaar. Hy het aan sy kant van die bed gestaan en sy was doenig met die beddegoed, besig om alles mooi reg te trek om in te klim. Toe sy orent kom, net voor die inklim, het sy besef hy staar.

Toe sy in sy gesig kyk, was dit te vinnig vir hom om dit weg te steek: Hy was teleurgest­eld. Nie net met sy dag, met sy werk, met sy lewe nie; ook met haar lyf.

Daardie dag het sy geweet sy is vet; hy hoef dit nie eens te gesê het nie. Sy was heimlik bly toe die skaal kort daarna breek. En dit is elke slag vir haar swaar om na die ondersteun­ingsgroep te gaan, want daar werk die skale baie goed.

Die ondersteun­ingsgroep! Sy kyk vinnig op haar horlosie en dit tref haar: Hul vergaderin­g begin oor 20 minute.

Chris en Steph staan in die oopplankom­buis toe sy hulle gaan groet. Hulle kyk albei vir haar toe sy instap. “Ek sien julle later,” groet sy. “Ek sê mos vir Pa daardie . . . vergaderin­gs werk,” sê Steph en kyk na Chris. “Jou ma glo my nie,” reageer Chris. “Lea, jy sal in ’n goeie bui wees wanneer jy vanmiddag terugkom. Jy moet asseblief dan vir my ietsie op die

speel.” Sy sug, maar glimlag dapper. Die verkeerde musieknote is steeds in haar ore toe sy voor die gebou parkeer, by hierdie vervloekte plek – dit voel nog altyd vir haar soos ’n skande.

Die musieknote was lelik. Dit was asof haar vet vingers die note misdruk. Niks werk uit nie. In die Bybel was ook ’n Lea en Ragel, en Lea was die lelike een. Was sy ook vet?

Oprah het altyd gesê ’n mens kan jou eie drome waar maak, maar wat as jy dit jare lank al nie regkry nie? En Oprah het ook altyd gesê: Dis nooit oor die kos nie; ’n mens eet om ander redes.

Ag, wat help dit tog? Vandag gaan sy net weer ’n slag verneder word.

Dit tref haar terwyl sy by die plek se deur instap: Dalk word geen van haar drome waar nie. Solank sy nou net nie voor die vrou huil wanneer sy haar moet weeg nie.

Maar dit is te laat. Haar trane drup op die vloer, reg voor die dieetkundi­ge by die skaal.

Die vrou vryf haar arm vriendelik. “Lea, wat het met jou gebeur?” Hoe vertel sy haar nou? Twaalf jaar gelede, toe haar seun gebore is, het sy ophou aandag gee aan haarself.

Sy was ingehok tussen die vier mure van hul huis met net die baba as geselskap. Sy het begin eet en eet en eet. Haar drome is saam met hoop en moed by die agterdeur uit.

“Kyk net hoe lyk jy vandag!” praat die vrou by die skaal. Amper draai Lea om en loop weer uit. Hier is nog niemand anders nie, en die vrou kan haar tog nie dwing om haar te laat weeg nie.

Maar iewers tussen haar deurmekaar gedagtes deur besef sy die vrou klink vriendelik, asof sy Lea ’n kompliment gee.

“Wel, ek het ’n gekoop, en pleks van eet het ek begin stukke oefen.”

Die dieetkundi­ge vat haar aan die arm en help haar op die skaal. Lea klim daarop en hoor hoe die naald klim om op ’n getal tot stilstand te kom.

“Jy het begin om iets anders met jou lewe te doen as om net aan kos te dink. En sê ’n bietjie vir my wat staan daar.”

Die vrou beduie na die skaal waarop sy staan. Maar dis wasig van die trane voor Lea se oë; sy kan niks sien nie. “Ek weet nie,” fluister sy. “Laat ek dan vir jou sê wat jy op die oomblik weeg, Lea.”

Die vals note op die klavier vroeër die middag verdoof. Die getal wat sy die dieetkundi­ge hoor sê, is die soetste musiek in haar ore.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa