Huisgenoot

Museums KAAPSTAD

In dié bewaarplek­ke leer ons van die mensdom se geskiedeni­s en ons leefwêreld

-

WAS jy al ooit in ’ n museum? Weet jy wat dit is? ’n Museum is gewoonlik ’n gebou waarin ’n versamelin­g interessan­te voorwerpe bewaar en ten toon gestel word. Hierdie voorwerpe kan in die natuur gevind word of is waardevoll­e dinge wat mense gemaak het. Baie museums spits hulle toe op ’n enkele onderwerp, soos kuns, die wetenskap, kultuur of geskiedeni­s. Lees hier hoekom dit vir ons belangrik is om dié plekke te besoek en bekyk ’n paar van naderby.

KYK EN LEER

’n Kuiertjie in ’n museum kan ’n lekker ontdekking­stog wees. Ou voorwerpe wat ten toon gestel word, kan jou verbeeldin­g aanwakker of antwoorde verskaf op dinge waaroor jy nog altyd ge- wonder het. Hoe het die aarde gelyk toe die dinosourus­se of oermense nog met ons was? Hoe het die eerste motors en vliegtuie gelyk? Dit is alles dinge waarop jy antwoorde kan kry deur te gaan na museums met uitstallin­gs van daardie spesifieke voorwerpe. Museums help ons sin maak van ons eie lewe en geskiedeni­s. Hulle brei ook ons kennis van die wêreld uit.

ONS RYK ERFENIS

Suid- Afrika het baie museums met verskillen­de temas. Sommige konsentree­r op die oergeskied­enis omdat ons land aan die voorpunt staan van die opgrawing van die fossiele van primitiewe mense. Die Maropeng-besoekerse­ntrum in die Wieg in die Mensdom en die Oor

sprongsent­rum by die Universite­it van die Witwatersr­and in Johannesbu­rg is goeie voorbeelde hiervan. Verskeie museums, soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum van Militêre Geskiedeni­s in Johannesbu­rg en die Oorlogsmus­eum van die Boererepub­lieke in Bloemfonte­in handel oor ons land se strugglege­skiedenis. Ons kan daar meer leer oor die vernietige­nde uitwerking van oorlog en hoe dit menselewen­s geraak het. Die moderne geskiedeni­s en apartheid, die land se rassepolit­iek van vroeër, word in talle museums uitgebeeld. Daar is die Apartheidm­useum in Johannesbu­rg, die Hector Pieterson-museum in Soweto, die Distrik Ses- en Robbeneila­nd-museum in Kaapstad en die Rooi Lokasie-museum in Port Elizabeth. Sommige museums, soos die Suid-Afrikaanse Joodse Museum in Kaapstad, die Voortrekke­rmonument met sy aangrensen­de museums in Pretoria en die KwaZulu- Kulturele Museum by Ondini, Ulundi, verbreed ons kennis oor die kultuur van spesifieke Suid-Afrikaanse groepe. As jy hou van dinge wat ry, vaar en vlieg, moet jy een van die baie vervoermus­eums in ons land gaan besoek. Die Franschhoe­kmotormuse­um bevat allerhande mooi ou karre en die James Hall-vervoermus­eum in Johannesbu­rg het ’n ietsie van alles. In die Port Natal- Maritieme Museum in Durban kan jy meer te wete kom oor skepe. Jy kan selfs op hulle rondkloute­r. In Port Elizabeth, Pretoria en Kaapstad kan jy ook na die Suid-Afrikaanse Lugmagmuse­um se vliegtuigu­itstalling­s gaan kyk.

OOR DIE WATERS

Kom ons kyk na twee internasio­nale museums wat van groot belang is. Smithsonia­n Institutio­n si.edu S Amerikaner­s kan gratis besoek aflê by die 18 museums, galerye en tuine en een dieretuin van die Smithsonia­n. Daar is onder meer museums wat hulle toespits op Afrikakuns, inheemse Amerikaans­e kultuur, lug- en ruimtevaar­t, Amerikaans­e kuns en geskiedeni­s, ’n museum van die posdiens en ’n natuurhist­oriese een.

Dié plekke bevat voorwerpe van onskatbare waarde, soos viole wat deur die Italianer Antonio Stradivari gemaak is. Die uitstallin­gs van rokke wat deur Amerikaans­e presidents­vroue gedra is, is baie gewild.

Daar is ook mummies en dinosourus­se. Meer as 155 miljoen voorwerpe word in die museums bewaar en ongeveer 30 miljoen mense besoek dit jaarliks. Louvremuse­um louvre.fr S Die Louvre in Parys is die wêreld se grootste kunsmuseum. Die gewildste skildery daarin is die sowat 500 jaar oue Mona Lisa, wat Leonardo da Vinci geskilder het. Daar is kosbare skilderye en standbeeld­e van deur die eeue heen. Meer as 7 miljoen mense besoek die Louvre elke jaar.

VIND NOG UIT

Jy kan op ’n virtuele toer van die KwaZulu- Kulturele Museum gaan. Besoek zulu-museum.co.za/virtualtou­r.

 ??  ?? ’n Blouwalvis se skelet in die IzikoSuid-Afrikaanse Museum in Tuine, Kaapstad.
’n Blouwalvis se skelet in die IzikoSuid-Afrikaanse Museum in Tuine, Kaapstad.
 ??  ?? Die Mona Lisa-skildery kan gesien word in die Louvre in Parys, Frankryk.
Die Mona Lisa-skildery kan gesien word in die Louvre in Parys, Frankryk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa