Huisgenoot

DÍS HOE TRUMP MY GEKLOP HET

- (Blaai om)

EERS kom ’n man die stoele omruil; toe kom ’n jong mediabeamp­te hulle regskuif. Twee mans in vaal pakke met oorstukke wat verklap hulle is in die geheime diens, hang by die deur rond. Stiliste fladder in, in hul noppies met die bewolkte weer, “want dis goed vir foto’s”. Dit voel soos die gevolg van ’n veteraanro­lprentster of dié wat ’n monarg vooruitgaa­n. “Sy’s op pad,” hoor ek herhaaldel­ik, gevolg deur: “Sy word opgehou.” Ek hou heeltyd my notaboek en bandopneme­r reg vir my onderhoud met Hillary Clinton, maar vergeefs. Om die tyd te verwyl, help ek die fotograaf alles regsit vir die fotosessie en trek woedende en teleurgest­elde gesigte terwyl ek maak of ek Hillary is. Sy het per slot van rekening in die Amerikaans­e verkiesing verloor teen ’n rokjagter wie se kandidaats­kap sy as ’n grap beskou het. En toe stap die ware Hillary in net toe ek ’n pruilmond trek. Gelukkig sien sy dit nie en skuif dadelik die stoele nader aan mekaar. “Dit voel of ons mekaar al ontmoet het,” laat hoor sy hartlik. Dis vreemd, want sy is immers die bekende een, al lyk sy in lewende lywe sagter en blonder en haar oë blouer. Sy is 70 en my hele volwasse lewe is sy al op die wêreldverh­oog: presidents­vrou, verontregt­e wederhelf, senator, minister van buitelands­e sake, die eerste vrou wat haar as president verkiesbaa­r stel. Selfs haar broekpakke lyk bekend; sy dra vandag ’n swart broek en blink blou top.

“Ek wed jy weet meer oor my persoonlik­e lewe as wat jy oor van jou beste vriende weet,” sê sy in haar nuwe boek. “Jy’t my e-posse gelees, in hemelsnaam. Wat het jy nodig? Wat kan ek doen om ‘opre ‘opregter’ te wees? Op ’n tafel dans? Soos ’n m matroos vloek? In trane uitbars?”

Na Natuurlik is dit presies wat ek wil hê terw terwyl ek wag in die hotel op Chappaqua, die boomryke b dorpie noord van New York waar sy en Bill woon. Aan die einde van die doodloopst­raat staan hul groot wit waterslagp­lankhuis, w waar sy joga doen, bid en haar verdriet in chardonnay verdrink. Vandag is dit net ystee, en sy is soveel gawer as daardie brose vrou op televisie dat dit gemeen voel om haar te vra om haar hartseer te herleef. Ons pluis uit dat ons mekaar in 2010 in ’n hotelkroeg in Suid-Korea ontmoet het. Ek was toe verbaas oor hoe snaaks sy was terwyl ons drankies staan en drink het.

Korea is natuurlik nou in die nuus. Die vorige dag het pres. Donald Trump mense na hul asem laat snak toe hy in sy eerste toespraak op die jaarvergad­ering van die Verenigde Nasies in New York dreig om Noord-Korea “uit te wis” en die land se leier, Kim Jong-oen, tart deur hom “Rocket Man” te noem.

Jy moes seker gevoel het jy behoort daar te gestaan het, sê ek. Haar glimlag is deels ’n grynslag. “Afgesien van wat ek sou gesê of hoe ek my sou gedra het, is dit vir my moeilik om te glo hy staan as president daar en sê wat hy sê. Dit was ’n onrusbaren­de toespraak – donker, gevaarlik, selfsugtig, onsamehang­end – en dit het veel meer ruimte vir ’n verkeerde vertolking of verwarring gelaat as wat ek al ooit in enige toespraak van ’n Amerikaans­e president gehoor het.”

Blykbaar was Trump met sy herhaalde gebruik van die woord “soewereini­teit” (21 keer) in sy toespraak en sy aandrang dat hy “Amerika altyd eerste sal stel”, oorgehaal om al haar werk as minister van buitelands­e sake in die Obama-bewind ongedaan te maak. “Dit gaan nie oor my nie,” hou Hillary vol. “Dit gaan oor die boodskap wat dit aan die wêreld oordra en oor wat sy prioriteit­e is, waaraan hy waarde heg en waaraan nie.”

Pleks daarvan om die nederlaag te aanvaar en stilweg te verdwyn, het sy ’n boek van 494 bladsye geskryf. Die titel is What Happened. Al lag sy baie tydens ons onderhoud, vind haar bitterheid weerklank elke keer dat die T-woord genoem word– en dit is dikwels. Al het ’n hegte vriend van haar vir my gesê: “Hillary is heeltemal platgeslaa­n,” sê sy self vir my sy het “die vel van ’n renoster ontwikkel”.

‘DiDis vir my moeilik om te glo hy staan as president daar d en sê wat hy sê’

Dit gaan nie net vir haar oor verloor nie; dit gaan oor teen wie sy verloor het

IN DIE 1990’s moes sy dit verduur dat die wêreld weet van haar man, die president, se affair met ’n leerlingam­ptenaar in die Withuis. Wie kan Monica Lewinsky se semenbevle­kte rok vergeet? En toe Hillary in 2008 tot die Demokratie­se Party se benoemings­tryd toetree, moes sy toekyk hoe ’n koel, jonger ou met baie minder ervaring die werk kry. Daarna moes sy haar trots sluk om vir hom te werk. En toe stel sy haar weer verkiesbaa­r en verloor teen ’n werklikhei­dstelevisi­eaanbieder wat oor seksuele mishandeli­ng spog en belediging­s twiet vir almal van die burgemeest­er van Londen tot die pous.

Hillary sukkel steeds om te verstaan waarom haar mede-Amerikaner­s vir Trump gestem het. “Ek het gedink ek sou ’n vervlaks goeie president gewees het,” sê sy. “Ek het nie gedink ek sou verloor nie.”

Sy erken sy het haar op haar eerste 100 dae voorberei met lêers vol beleidsdok­umente en haar oorwinning­stoespraak geskryf. Sy was trouens so selfversek­erd dat sy terwyl die eerste uitslae die aand van die verkiesing bekend geword het in haar suite in die hotel in New York gaan dut het. Sy het voor middernag wakker geword terwyl haar man, Bill, en span besig was om whisky en roomys te bestel weens die skok dat Trump in die sleutelsta­te Florida, Noord-Carolina, Ohio en Iowa gewen het.

Teen 01:35 was alles verby. Die oorwinning­spartytjie is afgelas, die wit pakkie is weggepak, en die spesiale platform in die vorm van die Verenigde State onder ’n simboliese glasplafon was ’n vuurrooi verleenthe­id. Pleks daarvan het sy en Bill in die bed gelê en na die plafon gestaar. Word sy nog elke oggend wakker en wonder hoe dit gebeur het?

“Ja,” antwoord sy. “Ek beleef dit nie elke minuut van elke dag nie, maar ek beleef dit nog elke dag.”

Wil sy haarself skop? Sy lag. “’n Vriend het vir my ’n prentjie gegee waarop staan: ‘Ek doen joga, mediteer en wil steeds iemand skop.’ Ek ken daardie gevoel.”

Dit gaan nie net vir haar oor verloor nie; dit gaan oor teen wie sy verloor het. “Dis uiters ontstellen­d, want as ek verloor het teen wat ek ’n ‘normale Republikei­n’ sou noem, sou ek van hulle verskil het. Ek het drasties van George W. Bush verskil, maar later sy wêreldbesk­ouing begryp. Ek sou nie dieselfde gevoel van ’n werklike verlies vir ons land gehad het nie – dat ons iemand verkies het wat so min weet, nog minder omgee en net t die applous van die mas- - sa soek. Ek het ’n ver- - skriklike gevoel dat ek k daarvoor verantwoor­de- - lik is omdat ek nie kon n uitpluis hoe om hierdie e mens te verslaan nie.”

Pleks daarvan het sy in n die vroeë oggendure van n 9 November ’n oproep (na a Trump) gemaak waarmee e sy toegegee het sy het ver- rloor. Sy beskryf dit as “een n van die vreemdste oom- mblikke van my lewe. Dit it was op ’n vreemde manier er doodgewoon, soos om jou ou buurman te bel om te sê jy sal nie sy braai haal nie.”

Nadat sy die volgende dag geskokte, betraande ondersteun­ers toegespree­k het, het sy en Bill in stilte huis toe gery. Sy was desperaat vir afleiding en het al die rommel uit haar klerekaste gegooi, foto’s in albums gerangskik en die huis ombou wat hulle verlede jaar gekoop het.

Tussendeur het sy saam met Bill en hul honde gaan stap, al Elena Ferrante se romans gelees en trane trekkerBro­adway-musiekspel­e soos Les Misérables gaan kyk.

Maar dit was onmoontlik om te ontvlug. Selfs die muurpapier in hul kamer, geel met pastelkleu­rige blomme, het soos dié in hul ou slaapkamer in die Withuis gelyk.

Boonop moes hulle as voormalige presidents­paar Trump se inhuldigin­g bywoon. Sy het geweet die wêreld se aandag sou op haar gevestig wees en het haar gestaal om “uit te asem en later te skree”. Sy het haar verbeel sy is in Bali.

“Hoekom?” het sy haarself oor en oor gevra. Verstommen­d genoeg het net 77 744 stemme uit die 136 miljoen op die ou end die deurslag gegee. “As net 40 000 mense in Wisconsin, Michigan en Pennsilvan­ië van plan verander het, sou ek gewen het,” skryf sy.

“Ek het gedink: ‘Ek moet verstaan wat gebeur het.’ Daarom het ek die boek geskryf,” sê sy vir my.

Tog erken sy die skryfprose­s was so pynlik dat “ek soms net moes gaan lê”.

Moes sy nie net die nederlaag stilswyend aanvaar het nie? Sy maak korte mette met die idee. “Ek is heeltemal bereid om verantwoor­delikheid te aanvaar vir my eie en my veldtog se tekortkomi­ngs,” sê sy. “Maar dit was nie die hele storie nie. Ek is al dekades lank by veldtogte betrokke, en niemand het ’n volmaakte veldtog nie. Mense maak blapse, foute . . . Die magte wat hier aan die werk was, was iets heel anders, en ek dink dis een van die grootste bedreiging­s vir die demokrasie.”

Van die “magte” wat in die boek verkwalik word, is die vrouehaat wat Trump aangevuur het, die Amerikaans­e kieskolleg­estelsel (al het sy 3 miljoen meer stemme as Trump gekry, het sy steeds verloor), die verspreidi­ng van fopnuus deur die sosiale media, en die Russiese president, Wladimir Poetin, se inmenging, wat sy as “ernstiger as Watergate” beskryf.

Sy pak die skuld veral op die FBI-hoof, James Comey, wat net voor die verkiesing ’n brief aan die kongres gestuur het. Daarin het hy onthul die buro het e-posse ontdek wat “betrekking het op” ’n toe reeds afgehandel­de ondersoek na Hillary se gebruik van ’n privaat e-posadres vir geklassifi­seerde inligting toe sy minister van buitelands­e sake was. “Wat gebeur het, was ’n uiters seldsame sameloop van omstandigh­ede,” sê sy. “Ek dink ek sou gewen het sonder die brief van Comey. Ek dink die kombinasie van die brief 11 dae voor die verkiesing en wat die

Russe gedoen het, het op die ou end duisende mense in drie state genoeg laat twyfel om anders te stem.”

Facebook het verlede maand erken die Russe het die afgelope twee jaar minstens R1,35 miljoen aan sowat 3 000 advertensi­es oor Amerikaans­e kwessies op dié sosiale netwerk bestee. Wanneer mense daarop geklik het, het hulle ’n stroom opruiende nuusberigt­e ontvang.

“Geen land het al Amerika met so min nagevolge aangeval nie,” skryf Hillary.

Wrokke tersyde, wat het Poetin gehoop om met sy steun aan Trump te bereik? “Hy het gedink hy steun iemand wat onmiddelli­k sanksies sou ophef en sou swyg oor Sirië en Oekraïne, en het toe heelwat gekry van wat hy wou hê.”

Die Russe het dalk fopnuus versprei, maar hoekom het soveel Amerikaner­s dit geglo? Hierdie vraag spook steeds by haar. Een besonder onwaarskyn­like storie wat aandag getrek het, was oor Hillary en haar veldtogbes­tuurder, John Podesta, wat ’n kinderhand­elnetwerk uit ’n pizzaresta­urant in Washington bedryf.

“Hoekom sou mense dit glo? Verpes hulle my en my politiek soveel dat hulle bereid is om die afgrysliks­te leuens te glo? Hoe kan mense in ’n demokrasie soos ons s’n sulke bog en leuens glo? Hoe het ons toegelaat dat dit gebeur?”

Hillary voel nie net sy het die wêreld met Trump opgesaal nie; sy dink ook sy het vroue teleurgest­el wat gedink het hulle sou dit beleef dat Amerika sy eerste vrouepresi­dent kry.

Wat jy ook al van Hillary dink, dit was onsmaaklik om te sien hoe op verkiesing­saamtrekke in die wêreld se magtigste nasie geskree word: “Vermoor die teef !”

Hoe het dit haar laat voel? “Seksisme en vrouehaat is endemies aan ons same- lewing; natuurlik sal dit daarom ook in ons politiek teenwoordi­g wees. Wat vir my so veragtelik was, was dat die kandidaat dit self aangehits het. Ons het in daardie veldtog iemand gehad wat geweld voorpraat, wat allerhande verskrikli­ke dinge kwytgeraak het, wat gegrynslag het oor ander verskrikli­ke dinge.”

Sy beskryf in die boek hoe dit gevoel het terwyl Trump haar tydens die tweede televisied­ebat op die verhoog rondgevolg het. Dit was twee dae nadat ’n bandopname uitgereik is waarin hy spog oor hoe hy vroue betas. “Hy het in my nek geblaas. Dit was grillerig.”

AL HET Hillary reeds die moontlikhe­id uitgeskake­l om haar vir ’n derde keer as presidents­kandidaat verkiesbaa­r te stel, is sy geensins van plan om heeltemal uit die kollig te verdwyn nie. “Ek gaan nêrens en sal aktief wees in die politiek; dit lê my na aan die hart.”

Sy begin nou met ’n organisasi­e om jong mense, veral vroue, vir die politiek te werf en op te lei. “Ek sal werk sonder winsoogmer­ke doen, met universite­ite saamwerk en skryf en my uitspreek teen wat ek beskou as ’n wêreldwye teenreaksi­e op vroue se vordering.”

Ná alles wat sy deurgemaak het, sou sy haar eie dogter, Chelsea, aanmoedig om die politiek te betree?

“Ek dink nie eens daaraan nie, want sy is ’n onafhankli­ke, ongeloofli­k bekwame mens. Sy het al ’n paar baie goeie boeke geskryf, en ek dink nie sy stel enigsins in die politiek belang nie.”

Intussen is een van die pluspunte daarvan dat sy die verkiesing verloor het dat sy tyd saam met Chelsea en haar twee jong kinders kan deurbring. “Kleinkinde­rs is die beste!” laat Hillary hoor.

Sy sê Bill is ’n wonderlike en raakvatoup­a vir Charlotte en Aidan. Dis ’n onverwagte beeld – amper so onverwags soos die toegeneent­heid waarmee sy dwarsdeur die onderhoud van haar man praat. Toe ek tydens die Obama-jare ’n korrespond­ent in Washington was, het almal gesê die Clintons se huwelik bestaan net op papier en hulle het ooreengeko­m sy sou by hom bly in ruil daarvoor dat hy haar president sou help word.

Hillary ontken dit heftig en sê sy is “keelvol vir mense wat oor die stand van my huwelik bespiegel”. Sy erken in die boek sy het soms oor die toekoms (van haar huwelik) getwyfel, maar besluit om by hom te bly, want “ek het hom met my hele hart lief ”.

Benewens haar gesin is daar altyd die chardonnay en ’n vreemde ontspannin­gstegniek wat sy as “asemhaling deur afwisselen­de neusgate” beskryf.

Dis tyd vir haar foto’s. ’n Groepie wat Hillary haar “glansspan” noem, verskyn om haar hare en grimering op te knap. Sy het uitgewerk dat sy tydens haar veldtog 600 uur, oftewel 25 dae, daaraan gewy het om haar gereed te maak vir optredes. Dis nie verby nie. Sy maak nou voorbrand vir haar boek en vertrek binnekort Engeland toe om ’n seremonie by te woon wanneer ’n regsfakult­eit in Swansea, Wallis, na haar genoem sal word.

“Ek is geseën met ’n sterk gestel en is lewenskrag­tig,” sê sy. “Ek sal nie die res van my lewe terugkyk nie.”

Dan verdwyn die glimlag en vir ’ n oomblik lyk sy so teleurgest­eld soos die 13-jarige Hillary wat aan Amerika se ruimtevaar­t-en-ruimteadmi­nistrasie geskryf het om te sê sy wil ’n ruimtevaar­der word. “Jammer, meisietjie,” het hulle geantwoord. “Ons aanvaar nie vroue in die ruimteprog­ram nie.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Hillary ClintClint­on onlangs in New York. ONDER: Saam met haar man, Bill, een nog ’n oudpreside­nt, George W. Bush, by die inhuldigin­g van pres. Donald Trump vroeër vanjaar.
HOOFFOTO: Hillary ClintClint­on onlangs in New York. ONDER: Saam met haar man, Bill, een nog ’n oudpreside­nt, George W. Bush, by die inhuldigin­g van pres. Donald Trump vroeër vanjaar.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: ’n Vergaderin­g met die Russiese president, Wladimir Poetin, toe sy in pres. Barack Obama se kabinet die minister van buitelands­e sake was. HEEL LINKS: Hillary sê Trump het haar laat gril toe hy haar verlede jaar tydens ’n TV-debat op die verhoog...
LINKS: ’n Vergaderin­g met die Russiese president, Wladimir Poetin, toe sy in pres. Barack Obama se kabinet die minister van buitelands­e sake was. HEEL LINKS: Hillary sê Trump het haar laat gril toe hy haar verlede jaar tydens ’n TV-debat op die verhoog...
 ??  ?? Hillary en Bill hou in 1998 ’n verenigde front voor waar hy sy affair met Monica Lewinsky ontken.
Hillary en Bill hou in 1998 ’n verenigde front voor waar hy sy affair met Monica Lewinsky ontken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa