Huisgenoot

MY SEER BLY NÁ MOORDE

Sestien jaar nadat Magda se eksman haar kinders en toe homself geskiet het, dink sy nog elke dag aan haar spruite

- Deur MARLISE SCHEEPERS Foto’s: SHARON SERETLO

SESTIEN jaar is ’ n lang, lang tyd, lank genoeg dat ’n vyfjarige seun ’n man kan word; lank genoeg dat ’ n 13-jarige meisie kan ontluik in ’n vrou in die fleur van haar volwasse lewe. Dis lank genoeg om die verlede na ’n ander leeftyd te laat voel, maar ongelukkig nie lank genoeg om ’n ondraaglik­e seer te vergeet nie.

Dis nou al 16 jaar vandat haar eksman hul twee kinders vermoor en n homself later geskiet het, maar r terwyl sy praat oor Gerhard (5) ) met sy stewige beentjies en Da- lene (13) wat so lief was vir dans, , loop die trane steeds vrylik oor r die 51-jarige Magda Zandberg se wange. “’n Mens kom nooit daaroor nie,” sê sy.

“Jy weet, Sussa sou nou 29 gewees het en Boeta al 21. Ek wonder soms wat hulle vandag sou gedoen het. Sou hulle dalk na my gelyk het?”

Sy het laas met Huisgenoot gepraat oor haar kinders se dood aan die hand van haar oorlede eksman, Johan Mans, kort rt nadat die tragedie mense in Augustus 2001 geruk het.

Maar onlangs het die seer van die verlede Magda weer ingehaal toe sy op huisgenoot.com die verhaal lees van nog drie vroue wie se kinders deur hul pa vermoor is.

In haar kommentaar op Facebook op dié storie skryf Magda: “Dit is ’n pyn en hartseer wat jy niemand toewens nie. Ek dink en verlang elke dag na my twee onskuldige kindertjie­s wat moes boet. Dit is nie regverdig dat hul pa hulle koelbloedi­g geskiet het nie . . .”

Sy vertel: “Ek kry elke dag swaar, maar ’n mens m moet die lewe l ew trompop loop.” loop

Huisgenoot H het dié drie vroue – Manju ManjuMoodl­ey Moodley, Debra B Bouwer en Debbie Adlington – se verhaal van wedersydse steun weer aanlyn geplaas nadat Debbie se storie in die program Huisgenoot: Ware Lewensdram­as op VIA vertel is. In 2002 het Debbie se man van 18 jaar hul drie kinders met ’n byl om die lewe gebring en toe homself in hul huis in Kaapstad geskiet.

Waar Magda vandag met ons praat, lyk sy anders as in 2001 nadat haar kinders se lyke gevind is. Sy is skraler en haar bruin hare is nou blond.

Een ding het egter nie verander nie: die spore van seerkry op haar gesig. “Ek raak nou nog soms negatief,” sê Magda hier in die plaashuis buite Kenhardt in die Noord-Kaap waar sy en haar derde man, Gert (51), woon. Sy verpoos om die trane van haar wange te vee en Gert druk haar styf teen hom vas.

Eintlik wil sy nie oor die kinders praat nie, sê sy dan. “Ek wil nie die ou wonde oopkrap nie.” Tog gaan sy dapper voort.

MAGDA, wat toe nog by BLV-sweiswerke gewerk het, en die werklose Johan was destyds al vier maande geskei. Die kinders was vir die naweek by hom. Hy het in daardie stadium elders op Upington by ’n vriend gewoon. Die Saterdagaa­nd het sy gebel om met hulle te praat. Johan het gesê sy sal hulle nooit weer sien nie, maar dat hulle “veilig” is en haar later sal terugbel.

Die Maandagogg­end het hy ’n brandbom deur ’n venster van haar woonstel op Upington gegooi. Magda kon uit die brandende woonstel vlug, maar al haar besittings is vernietig. Nog voor die polisie Johan in hegtenis kon neem, het hy homself doodgeskie­t.

Die kinders is eers ná ’n reusesoekt­og van ses dae gevind.

Klein Gerhard was toegewikke­l in ’n blou sportsak op ’n oewer tussen twee sytakke van die Oranjerivi­er in die rigting van Keimoes, en Dalene in ’n kombers in ’n sytak van die Oranjerivi­er naby Upington. Albei het ’n skietwond by hul linkeroog gehad. ’n Swaar klip is by Dalene in die kombers geplaas om haar liggaam te laat sink.

“Jy leer net hoe om daarmee saam te leef,” vertel Magda oor haar verskrikli­ke verlies. “Wat kan jy dan nou doen? Jy kan tog niks omtrent die dood doen nie.

“Dis soos harde woorde wat ’n mens soms vir iemand sê. Die woorde is dan uit en jy kan dit nie terugtrek nie.

“Dit is soos die water van ’n rivier wat in vloed is. Jy kan niks daaraan doen nie,” sê sy weer.

“Jy moet elke oggend opstaan. Ek moes gaan werk. Jy moet tog aangaan.

Magda vertel: “Daar was ’n stadium toe mense namens my besluite moes neem, maar ’n mens moet tog weer jou eie besluite kan neem.”

Tog sou sy nie kon aangaan met haar lewe sonder die bystand van ander nie.

Een van hierdie mense is haar vriendin Liesl Jordaan (49), wie se seun saam met Magda s’n in ’n Upingtonse skoolklas was. “Wanneer ’n belangrike datum soos ’n verjaardag aangebreek het, het Liesl my altyd gebel en gesê ek moet haar kom help om haar speserykas reg te pak. Of ek moet dié of daai mense gaan help om vir ’n geleenthei­d reg te maak. Dit het my gehelp,” vertel Magda.

Maar die lewe het haar nog ’n wrede klap gegee.

Sowat ’n jaar ná haar kinders se dood het sy nuwe liefde gevind. Sy en Evert Genis is getroud en was twee jaar gelukkig saam. Hy het haar hart help genees, vertel sy.

“Een aand het ons soos gewoonlik kamer toe gegaan om te gaan slaap. Evert het dié aand ’n hartaanval gekry. Hy is in my arms dood,” vertel Magda.

Dit was in 2003 en Evert was toe net 32 jaar oud.

“Die lewe gooi ’n mens maar soms met baie moeilike dinge,” sê Magda. “Maar ander mense en kinders gaan deur baie erger dinge; ’n mens moet net aangaan (met jou lewe).”

EN TOE, vyf jaar gelede, ontmoet sy Gert met sy ysblou oë op die Kuierfees op Upington. Hulle het die aand omgedans op ’n boeremusie­kkonsert van die Klipwerf Orkes. Hulle het ’n jaar uitgegaan voor hulle getrou en na Kenhardt verhuis het. Magda sê Gert verstaan haar. “Wanneer ek negatief word, gee Gert my ruimte. Ek is geneig om myself in myself toe te sluit om so deur die emosies te werk.”

Haar geloof dra haar ook deur die donker tye. Magda het onlangs haar 51ste verjaardag in Botswana gevier, waar sy saam met lede van ’n NG gemeente ’n kleutersko­ol gaan herstel het.

Dit doen sy met liefde, sê Magda. Hier op die plaas sowat 30 km buite Kenhardt lees sy soggens eers Bybel en gaan stap dan met haar twee labradors, Laruschka en Luke. “Hulle is my twee dierekinde­rs. Ek kan nie sonder hulle nie,” vertel sy. Maar die laaste tyd is haar knie lastig.

Verder hou sy haar ook graag besig met nutstake in en om die huis, soos teëlwerk of kosyne afskuur.

Daar was ’n tyd dat sy nie kans gesien het vir die lewe sonder Gerhard en Dalene nie. Sy het nie eens meer foto’s van hulle gehad nie; haar albums het in die slag gebly in die brand. Sy moes by haar familie foto’s van haar kinders vra.

En ja, sy dink nog elke liewe dag aan haar kinders. “Ek is ’n baie fyngevoeli­ge mens. Ek trek my dinge vreeslik maklik aan.

“Maar ’n mens moet positief wees. Soggens lees ek my Bybel, en dan skep ek moed omdat ek weet daardie stuk is op my gemik.”

‘Wat kan jy dan nou doen? Jy kan tog niks omtrent die dood doen nie’

 ??  ?? HOOFFOTO: Magda Zandberg verwerk steeds die skietdood van haar kinders, Dalene en Gerhard (INLAS), 16 jaar gelede.
HOOFFOTO: Magda Zandberg verwerk steeds die skietdood van haar kinders, Dalene en Gerhard (INLAS), 16 jaar gelede.
 ??  ??
 ??  ?? Magda se labradors, Laruschka en Luke, is nou haar kinders hier op hul plaas naby Kenhardt in die Noord-Kaap. Die bruin labrador, Rudolf, kuier net daar.
Magda se labradors, Laruschka en Luke, is nou haar kinders hier op hul plaas naby Kenhardt in die Noord-Kaap. Die bruin labrador, Rudolf, kuier net daar.
 ??  ?? Magda se man, Gert, weet al wanneer die seer van die verlies van die kinders vir haar te veel raak. Dan gun hy haar tyd sodat sy die emosies kan verwerk.
Magda se man, Gert, weet al wanneer die seer van die verlies van die kinders vir haar te veel raak. Dan gun hy haar tyd sodat sy die emosies kan verwerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa