Huisgenoot

’N DOSYN DUBBELDORE

’n Bolandse familie f se stamboom st dra dr so swaar aan a al die tweelinge, twe een van va die oudstes s dink al dit d moet ’n wêreldreko­rd wees

- D Deur KIM ABRAHAMS

GASTE op een van hul familiebye­enkomste sal skaars hul oë kan glo. Keer op keer sal hulle moet kyk en weer kyk, want met ’n volle dosyn tweelinge in hierdie uitgebreid­e familie kan ’n mens dink jy sien dubbel. Sybil Adams van Cloetesvil­le, Stellenbos­ch, en Selma Anthony van die Strand is op 70 die oudste lewende tweeling in die familie – ’n titel wat hulle met trots dra. Hul pa, James Anthony, en sy broer AB was, sover bekend, die eerste tweeling wat in die familie gebore is.

Van toe af lyk dit of dubbele bondeltjie­s vreugde ’n familietra­disie geword het, want die volgende geslagte het almal tweelinge opgelewer. Nie net een per geslag nie; sommer ’n hele paar.

“Dit moet ’n wêreldreko­rd wees. Ek dink ons moet inskryf,” lag Sybil en voeg by meer takke in die uitgebreid­e familie het tweelinge as wat sy kan onthou. Party is nie identies nie; ander wel. Een van die identiese pare is die jongste tweeling in die familie, Reece en Renesmee Hendricks (2 maande). Hul ouma aan vaders- kant is Sybil en Selma se pa se kleinniggi­e. Vandag kuier die jongste tweeling in die familie juis hier by die oudste tweeling. Uit die vuis begin Sybil die tweelinge tel wat die naaste familie van haar is en trek later by ’n dosyn.

Hul ma, Sabrina, se nooiensvan was Van Graan en hul ouma aan moederskan­t s’n Du Toit. Onder die ander Van Graans en Du Toits in die uitgebreid­e familie is ook tweelinge. Trouens, dit is te danke aan die vroue in die familie dat Anthony en sy sibbes se stamboom van tweelinge wemel (sien die kassie regs bo).

“My ma het altyd gesê ons is haar dubbele seën,” onthou Sybil, “maar met soveel tweelinge in ons familie sou ek sê ons is tot in ewigheid geseën.”

DIE twee susters is nie identies nie, maar trek soveel op mekaar, hulle kon mense in hul jong dae lekker om die bos lei. “Die een het soms die ander een die skuld gegee wanneer ons in die moeilikhei­d beland het. En dit was skreeusnaa­ks, want mense het ons regtig met mekaar verwar,” gesels Sybil tuis in Cloetesvil­le.

Sy en Selma raak meegevoer toe hulle van die ou dae vertel en kosbare jeugherinn­erings oproep. “Omdat daar nie destyds iets soos ultraklank was nie, het my ma nie geweet sy verwag ’n tweeling nie,” vertel Sybil. “Toe dit tyd word vir die geboorte by die huis en my ouma regstaan om die baba te vang, het sy gesê: ‘O, genade, hier kom nog een.’ ”

Dit was nie die laaste keer dat hul ma, Sabrina, aan ’n tweeling die lewe geskenk het nie, maar die twee sussies wat ’n paar jaar later gebore is, het kort ná geboorte gesterf.

Pa James en ma Sabrina het altesaam 10 kinders gehad. Ná hul pa se dood het hul ma weer getrou en nog twee kinders by haar tweede man gehad. “Maar dit was nie ’n tweeling nie,” sê Selma.

Sy en Sybil was agt jaar oud toe hul pa dood is. Daarna het die groot gesin noustrop getrek. Op 13 het die twee susters skool verlaat en begin werk om die gesin

‘My ma het altyd gesê ons is haar dubbele seën’

te help onderhou. “Ons eerste werk was by ’n plaaslike wassery,” vertel Sybil.

Sy het daarna 24 jaar tot haar aftrede gewerk by Infruitec, ’n navorsings­plaas buite Stellenbos­ch. Selma het in die laaste jare voor haar aftrede op 50 by Pick n Pay op Stellenbos­ch gewerk.

Geeneen van die twee susters het met hul kinders die familietra­disie van tweelinge voortgesit nie.

Sybil en haar man, Frank Adams (73), is al 46 jaar getroud en het ’n dogter en ’n 13-jarige kleindogte­r. Selma het drie dogters en vyf kleinkinde­rs, maar geen van hulle is tweelinge nie.

Selma het drie dogters, Corinda October (52), Chriszelda Venter (47) en Abegail du Toit (37).

Haar gesig verhelder toe sy oor haar ses kleinkinde­rs praat: Kieron (19) en Sheena (17) Venter, Saskia (10), Mia (5) en Max (3) du Toit en Juan October (4).

“Selma het drie kêrels gehad, maar elkeen oorleef,” vertel Sybil. “Ek weet nie hoekom h nie, maar elke keer dat sy ’n kêrel k gehad het, het hy gesterf,” verduideli­k d sy op haar kenmerkend gevatte m manier. Al lyk die twee susters baie na mek kaar, verskil hul persoonlik­heid heelw wat. Sybil, wat ’n paar minute ouer is a as Selma, is duidelik die spraaksaam­ste van die twee. “Sy is beslis die ondeunde een; was nog n altyd,” vertel Selma, en voeg by Sybil b het kleintyd die meeste raas by hul ouers gekry. Dié kap terug: “En dis hoekom ek die beroemde een is.”

DIE lekkerste daarvan om een van ’n tweeling te wees is dat jy altyd ’n vriendin het – een wat soos jy lyk, sê Sybil.

Met ’ n stamboom wat swaar dra aan die tweelinge is dit geen wonder sy meen sy kan voorspel wanneer nog ’n tweeling op pad is nie. Noem dit maar ’n gawe of ’n sesde sintuig. “Ons was op my tannie se begrafnis en my neef se vrou was swanger. Ek het vir hom gesê: ‘Moenie verbaas wees as dit ’n tweeling is nie.’

“Toe bel hy my maande later en sê sy vrou het aan twee seuntjies die lewe geskenk,” vertel Sybil.

Verwag sy daar sal nog tweelinge in die familie wees?

“Beslis,” sê sy sonder om te aarsel. “Ek voorsien nog baie, baie tweelinge sal in hierdie familie gebore word.”

En met hulle is dit ’n geval van tweelinge by dosyne . . .

 ??  ?? Sybil Adams (links) en Selma Anthony,thony, die ououdste lewende tweeling in hul familiefam­ilie, hou trots die jongste tweeling vasvas, Reece (links) en Renesmeene­smee HenHendric­ks, die 12de in die familie.
Sybil Adams (links) en Selma Anthony,thony, die ououdste lewende tweeling in hul familiefam­ilie, hou trots die jongste tweeling vasvas, Reece (links) en Renesmeene­smee HenHendric­ks, die 12de in die familie.
 ??  ??
 ??  ?? Sybil en Selma se pa, James Anthony, en sy tweelingbr­oer, AB, het vir Suid-Afrika se leërsokker­span uitgedraf.
Sybil en Selma se pa, James Anthony, en sy tweelingbr­oer, AB, het vir Suid-Afrika se leërsokker­span uitgedraf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa