Huisgenoot

IS DIT REGTIG JULLE, CHRISTIAN & AMY?

-

CHRISTIAN BALE en Amy Adams (albei 43) het ’n algehele gedaantewi­sseling ondergaan vir hul nuwe biografies­e fliek, Backseat. Die akteurs was skaars herkenbaar toe hulle gewaar word op die rolprent se stel in Los Angeles.

Christian speel Amerika se gewese adjunkpres­ident Dick Cheney, wat onder oudpres. George W. Bush gedien het. Amy speel Dick se vrou, Lynne, ’n skrywer, akademikus en sakehoof uit eie reg.

Christian, wat gereeld tot uiterstes gaan vir fliekrolle, sê hy het danksy “baie pasteie” gewig aangesit om Dick te speel.

Verlede jaar het hy na bewering die rol as die beroemde motorverva­ardiger Enzo Ferrari verbeur omdat hy nie betyds genoeg op ’n gesonde manier gewig kon aansit nie.

Backseat sal die politikus se opgang volg tot bes moontlik een van die invloedryk­ste adjunkpres­idente in Amerika se geskiedeni­s. Cheney het ’n deurslagge­wende rol gespeel in die ontwikkeli­ng van die Bush-administra­sie se beleid ná die terreuraan­valle op 11 September 2001, veral wat die oorloë in Afganistan en Irak betref. Van die ander sterre in die fliek is Steve Carell as die voormalige minister van verdedigin­g Donald Rumsfeld, Sam Rockwell as Bush, en LisaGay Hamilton as Condoleezz­a Rice, voorheen die minister van buitelands­e sake.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa