Huisgenoot

SO HET MANS ONS VERNEDER

Ná Jennifer Ferguson se bewerings dat sy verkrag is, vertel bekende SA vroue van onvanpaste gedrag wat hulle al moes afweer

- Deur COLIN HENDRICKS en CARLA COETZEE

DIT het in Hollywood begin waar sterre soos Rose McGowan, Ashley Judd, Angelina Jolie, Gwyneth Paltrow, Kate Beckinsale en Lupita Nyong’o na vore getree het om die walglike kultuur van seksuele teistering deur magtige mans soos die vervaardig­er Harvey Weinstein bloot te lê. Gou het #MeToo die simbool geword van die vernederin­g en emosionele pyn van vroue oral, ook in Suid-Afrika.

Die #MeToo-veldtog is in werklikhei­d al 10 jaar gelede begin deur ’n Amerikaans­e aktivis, Tarana Burke (44). Maar die aktrise Alyssa Milano het dit onlangs laat herleef toe sy dit gebruik om haar verhaal van seksuele teistering in die sosiale media te deel.

Binne 24 uur is die hutswoord #MeToo 4,7 miljoen keer op die sosiale netwerk Facebook gedeel. Daar was ook meer as 12 miljoen inskrywing­s, kommentaar en reaksies oor die veldtog.

Plaaslik het ál meer vroue, ook bekendes, hul verhaal in die sosiale media gedeel om te wys hoe algemeen die probleem van objektiver­ing, teistering en misbruik is. En toe bars die bom op eie bodem toe die sangeres en gewese ANCLP Jennifer Ferguson beweer die gewese sokkerbaas Danny Jordaan het haar 24 jaar gelede verkrag.

Jennifer (toe 32) het destyds op ’ n sportgesel­ligheid in Port Elizabeth gesing en vertel sy het daarna Danny se uitnodigin­g vir ’n drankie in die hotelkroeg aanvaar. Sy het gou iets anders gaan aantrek, maar hy het na bewering ongenooid by haar hotelkamer ingekom. “Hy het my sonder ’n woord op die bed neergedwin­g, my oorweldig en pynlik verkrag. Dit was seker alles binne 20 sekondes verby, maar het soos ’n ewigheid gevoel. Hy is toe woordeloos daar weg,” beweer Jennifer op haar persoonlik­e blog.

“Ek’t pyn gehad en was in volslae skok.

Verdwaas. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek het my gewas en see toe gestap. Die gedagte om polisie toe te gaan n was onhoudbaar. Wat sou ek sê? Moes ek k harder geskree, harder baklei het? Was ek medeverant­woordelik vir wat gebeur r het? Al die vrae het deur my kop gemaal.”

Aan Huisgenoot het Jennifer vanuit t Swede, waar sy deesdae woon, telefonies vertel dit was vir haar genesend om ná á langer as twee dekades haar pyn met die wêreld te deel. “Ek het gevoel ek kan nie my helingsrei­s voltooi voor ek hom noem nie, dat ek andersins op ’n manier steeds wegkruip en ook omdat Danny, soos so baie (vermeende) oortreders, ’n magsposisi­e beklee het.”

Destyds was die moeilikste om terug te gaan parlement toe, waar sy hom soms gesien het. Hy het altyd vinnig weggekyk, beweer sy, en sy het bly swyg. Sy het nie lank ná die beweerde verkragtin­g nie as LP bedank en Swede toe verhuis.

“Ek het gevoel ek het as kunstenaar en mens my integritei­t verloor wat gewetenskw­essies en die waarheid betref.”

Destyds het sy net ’n vriendin vertel. Vir haar man van 21 jaar het sy vroeg in hul verhouding vertel, maar vir haar twee seuns (26 en 19) eers onlangs. Hulle steun haar. Sy gaan nie haar 19-jarige dogter met Downsindro­om vertel nie.

Jennifer werk as ’n lewensafri­gter en het berading ontvang. Sy het ook besluit om te praat oor die verlede “omdat ek verskoning moes vra omdat ek op een vlak deel was van ’n sameswerin­g van stilte. As ons (as slagoffers) stilbly, sal dié goed aanhou gebeur,” het sy ons vertel.

Danny het nie gereageer op ons boodskappe nie, maar het aan Sunday Times gesê hy sal later op die bewerings reageer. “Ek sê niks. Julle het jul posisie ingeneem,” het hy aan TimesLive gesê toe hulle hom op ’n kongres in Johannesbu­rg om kommentaar nader.

“Skryf wat julle wil. Times Media (nou Tiso Blackstar, eienaar van die Sunday Times en TimesLive) doen dit nog heeltyd, maar ek sal reageer,” het hy gesê.

Het hy Jennifer al verskoning probeer vra? “Absoluut nie,” antwoord sy.

Sedert die onthulling­s het ’n koor vroue vertel van die ongewenste gedrag en kommentaar wat hulle al moes afweer. Dit neem uiteenlope­nde vorme aan; soms gewelddadi­g, soms meer subtiel. Hier is van die verhale wat bekende Suid-Afrikaanse vroue vertel het toe Huisgenoot hulle om kommentaar op die #MeToo-veldtog nader.

NATASHASUT­HERLAND NATASHA SUTHERLAND

Sy was nie van plan om haar storie te deel nie, maar haar suster het haar aangemoedi­g om dit te doen, het die Scandal!-aktrise (46) op haar Facebook-blad vertel. Sy “wil nie meer ’n slagoffer wees nie”, sê die ma van twee seuns in die kort video. Sy was nog op skool toe ’n pel van haar se pa “onvanpas” was, skryf sy op haar Facebook-blad. En toe sy as jong meisie in die bedryf begin werk, het ’n senior kollega sy mag misbruik.

“Ek is nie verkrag of gemolestee­r nie, maar amper elke vrou met wie ek praat, het al teistering, afknouery, vrouehaat of mishandeli­ng ervaar,” skryf sy.

In die video sê sy: “Ek dink ek het grootgewor­d in dié kultuur waar ek die hele ding geabsorbee­r het van ‘ek moenie onaangenaa­mheid veroorsaak nie’ en ek het ’n vermoede dat ek nie die enigste vrou is wat so voel nie. Dit is asof ek lank vasgevang was in veg of vlug . . . verlam, sonder ’n stem.

“Dit het ’n leeftyd geduur en ek het baie harde lesse geleer om te verstaan dat dit belangrik is om perke te stel. Nie net vir my oorlewing nie, maar om te floreer. En ek kan net hoop en bid dat dit nie ons seuns en dogters hul hele lewe sal neem om te besef jy het dié basiese reg nie, want as jy nee sê, as jy ongemaklik voel, as jy net dink jy wil iets nie doen nie, maak dit nie van jou ’n teef nie.

“Dit maak jou nie onaantrekl­ik nie, dit maak jou nie ontoegankl­ik nie, dit maak jou nie liefdeloos nie en dit maak jou beslis nie moeilik om mee saam te werk nie,” sê Natasha in die video.

“Ek wil nie meer ’n slagoffer wees nie. Dis my liggaam. Dis my brein. Dis my talent. Dis my lig. Dis my energie. Dit behoort aan my en aan watter lewensdoel ek ook al in dié wêreld kies.”

ESTHER VON WALTSLEBEN

D Dié 45-jarige aktrise van Buurtwag en P Proesstraa­t was ’n onskuldige 11-jarige t toe die ondenkbare tydens ’n Juniev vakansie op die Bolandse dorp die Paarl g gebeur. “Ek en my boeties het na die dorp s se biblioteek gegaan om boeke uit te n neem. Die kinderafde­ling was behoorlik ’n biblioteek op sy eie.”

Haar boeties het aan tafeltjies in die biblioteek gaan sit en deur boeke geblaai, terwyl sy deur die rakke geloop het op soek na iets om te lees.

“’n Man het langs my in die rakke kom staan. Lank, skraal, lang blonde hare met ’n denimbroek en -baadjie. Ek het begin agterkom hy kyk na my. Ek het sy oog gevang en hy het beduie ek moet afkyk. Sy gulp was oop en hy het sy ereksie voor my geswaai.” Sy’t onmiddelli­k gevlug, vertel sy. Esther sê sy raak steeds woedend wanneer sy daaraan terugdink.

“Ek wens soms ek kan teruggaan na daardie oomblik en kliphard skree, reguit na die mens aan diens hardloop en hom aan hulle uitwys” sê sy.

‘Ek het gevoel ek het as kunstenaar en as mens my integritei­t verloor wat gewetenskw­essies en die waarheid betref’ – JENNIFER FERGUSON

ELMA POSTMA

Een voorval sal haar altyd bybly, sê dié aktrise ( 39). “So ’n paar maande ná universite­it het ek ’n oudisie afgelê vir ’n aanbieders­pos. Dit het goed afgeloop en ek is genooi vir ’n onderhoud met die vervaardig­er. “Hy het vir my gesê dat die kamera van my hou, maar dat ek 10 kg moet verloor. Dit was ongeveer 17 jaar gelede, maar dit beïnvloed nou nog hoe ek oor my lyf voel. Ek verstaan daar is ’n sekere voorkoms vir ’n rol, maar ek wonder of dit regtig nodig was om dit so blatant vir m my te sê.” Elma sê ook die publiek kan soms fisieke perke oorskry omdat hulle dink mense in die openbare oog “behoort” aan hulle. Dié man mans moet op hul plek gesit wo word. “’n “’n Mens het die d reg om te sê: ‘ Verskoon my, maar ek voel nie gemaklik wanneer jy so s aan my vat nie.’ ” Sy meen dit di is uiters belangrik da dat ’n mens jou kropgev kropgevoel moet vertrou: “Wanneer “W dit nie reg voel v nie, is dit gewo gewoonlik nie reg nie. “Jy mo moet weet jy het die re reg om nee te sê en o om weg te stap van sulke s ongemaklik­e s situasies.”

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die sangeres en gewese ANC-LP Jennifer Ferguson het onlangs die wêreld geskok toe sy beweer Danny J Jordaan (LINKS), president van die Suid-Afrikaanse S Sokkervere­niging, het haar 24 jaar gelede verkrag.
BO: Die sangeres en gewese ANC-LP Jennifer Ferguson het onlangs die wêreld geskok toe sy beweer Danny J Jordaan (LINKS), president van die Suid-Afrikaanse S Sokkervere­niging, het haar 24 jaar gelede verkrag.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa