Huisgenoot

HOOR MY LIED!

-

WAT JY OP DIE HART HET, MAAK SAAK

Moenie dink jou gevoelens, menings en persoonlik­e oortuiging­s is onbelangri­k nie. Al daardie gedagtes wat in jou kop rondmaal – of dit hartseer is oor ’n pel wat jou nie meer bel nie, jou mal obsessie met Harry Styles of ’n godsdienst­ige oortuiging waarin julle as gesin glo – is wat jou uniek maak.

Jy het dit al gehoor, maar kom ons noem dit nog ’n keer: Uniekheid is cool verby. En die kuns van jou eiesoortig­heid met die wêreld deel, word selfuitdru­kking genoem. Dink net hoe saai die wêreld sonder selfuitdru­kking sou wees – koebaai, kuns, goeie musiek en ongeloofli­ke modes, om net ’n paar te noem.

Praat oor die goeie, nie die slegte nie

Dit is so eenvoudig soos om te dink voor jy praat.

Daar is altyd ’n “harde” en “sagte” manier van kommunikee­r. Ons onmiddelli­ke gedagtes en reaksies is gewoonlik hard. Versag dit om te verseker dit kom nie kwaai oor en maak ander seer of ontstel hulle nie. Dit geld veral wanneer jy iemand konfrontee­r. Onthou: Mense onthou altyd hoe jy hulle laat voel het.

Maak dit oor jou en jou gevoelens en nie oor hulle en hul optrede nie. Pleks van sê: “Jy los my altyd soos ’n warm patat om saam met jou kêrel uit te hang,” kan jy sê: “Ek voel teleurgest­eld wanneer jy ons planne verander om saam met jou kêrel uit te hang.”

Let op jou stemtoon

’n Verhewe stem skep die indruk dat jy beheer verloor het. Selfbeheer wys jy dink nugter. ’n Rustige manier van jou punt oordra, sal meestal die gewenste reaksie ontlok, pleks van ’n uitbarstin­g.

Bly altyd kalm wanneer jy jouself uitdruk. Sodra jy agterkom jy praat harder, haal diep asem en begin weer.

Moenie mense verkleinee­r nie

Om ander af te kraak maak nie skielik jou optrede of denkwyse waardevoll­er nie. Byvoorbeel­d, as jou pel versot is op 1D en jy nie, moenie sê: “Hulle is twak; 5 Seconds of Summer is soveel beter!” nie. Dit help nie die situasie nie en is ook nie baie gaaf van jou nie. Jy sal as eiewys en beterweter­ig oorkom. En dit sit mense af wanneer ’n

lekker geselsie in so ’n rigting stuur.

Begin so ’n gesprek met iets soos: “Ek weet 5SOS se musiek val nie in almal se smaak nie, maar ek is mal oor hulle, want . . .” of: “Sê gerus ek is mal, maar ek hou van . . .”

Wees sonder vrees eerlik e

Nadia (15) raak verleë wanneer s sy oor haar passie moet praat. “Almal het ee eendag gepraat oor hoe goed die vorige aa aand se episode van Pretty Little Liars was, maar ek het dit nie gekyk nie omdat ek lynda lyndanskla­sse saam met my ma bywoon in die tyd dat dit uitgesaai word,” vertel sy. “Toe almal my vra wat ek daar daarvan gedink het, wou ek nie sê ek doen lynda lyndans nie, want hulle sou my sie siel daaroor uittrek, al is ek mal daaroor. Ek v voel ek kan dit nie met hulle deel nie.” Nie Niemand be-

hoort jou ooit te laat voel asof jy nie met geesdrif kan praat oor die dinge waarop jy versot is nie.

Het jy al opgelet selfversek­erde mense gee nie ’n duit om wat ander van hulle dink nie? Dis die geheim. As jy die vrees laat vaar dat jy veroordeel of jou siel uitgetrek sal word, sal jy behoorlik begin uitblink. Laat die opmerkings wat jy verpes soos water op ’n eend se rug wees.

SEKERE DINGE MOET LIEWER ONGESÊ BLY

Om jouself goed uit te druk beteken nie jy moet alles deel nie. Daardie lekker soen met die een van wie jy hou? Jy hoef nie elke detail daarvan in die sosiale media uit te blaker nie. Dink jy jou pel se nuwe kort haarstyl is te seunsagtig? Hou dit maar vir jouself as jy haar nie wil seermaak nie.

Soms kan jy ook gerugte laat versprei as jy teenoor die verkeerde mens hart oopmaak. Skep perke oor wat jy met wie deel. Dié in die binnekring kan jou persoonlik­e inligting weet, maar moenie te veel daarvan vir mense vertel nie. Vertroue is die geheim wanneer jy iets deel. Voor jy iets sê, vra jou af: Vertrou ek die mens? As die antwoord “nee” is of “ek is nie seker nie”, swyg liewer. En as dit “ja” ja of “miskien” miskien is, vra ook nog: “Is Is wat t ek wil sê beledigend nd teenoor enigeen?” n?” So sal jy weet et wat om te doen. en.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa