Huisgenoot

FLIEKS, TV, RADIO EN BOEKE

-

TV-AANBIEDER Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika Karen het verlede jaar ook die prys gewen. Haar kletsprogr­am, Republiek van Zoid Afrika, is in 2014 die eerste keer op kykNET uitgesaai en het al verskeie trefferdue­tte saam met ander sangers asook trefferalb­ums opgelewer.

REEKS: AKTUALITEI­T, WERKLIKHEI­D, SPELETJIES Bobby en Karlien: In Jou Skoene Die VIA-program In Jou Skoene het gewys hoe Bobby en Karlien van Jaarsveld 48 uur lank in gewone Suid-Afrikaners se skoene stap. Die broer en suster sê hulle is dankbaar vir die prys omdat die reeks hulle so na aan die hart lê. Volgens Karlien het hul besoek aan ’n kinderhuis op Modimolle en die inwoners van Elandspoor­t vir haar uitgestaan.

REEKS: DRAMA, SITKOM Die Boland Moorde “Dis die eerste reeks wat ons in 2011 gemaak het; daarom is dit ons eerste kind, en ons is altyd bly as hy presteer,” sê Louis Pretorius, skrywer en vervaardig­er van dié kykNET-reeks met Stian Bam en Brendon Daniels (foto). Die Tempo “maak al die swoeg en sweet die moeite werd”.

AKTEUR: DRAMA, SITKOM Waldemar Schultz In die misdaadree­ks Die Byl vertolk Waldemar, voorheen ’n 7de Laan-akteur, die rol van kol. Piet van der Bijl. Die karakter is geskoei op die speurder Piet Byleveld, wat vanjaar oorlede is.

AKTRISE: DRAMA, SITKOM Lika Berning Lika het die rol van kapt. Lena Maree, ’n forensiese sielkundig­e, in die kykNETdram­areeks Die Byl vertolk. Dié ma van drie is die afgelope drie jaar heeltyds ma. “Om nou ’n prys te wen vir spel laat my voel dis dalk nie ’n slegte idee om weer te speel nie.”

SEPIE Binnelande­rs “Ons probeer stories op ’n unieke dog geloofwaar­dige manier vertel, met herkenbare karakters uit die alledaagse lewe met wie kykers hopelik kan identifise­er,” sê die vervaardig­er, Elsje Stark. “Ons is trots daarop dat die toegewyde en passievoll­e spanwerk opnuut vrugte afgewerp het,” sê sy. En natuurlik bly ons versot op karakters soos At, Pippa en Tertius.

AKTEUR: SEPIE Germandt Geldenhuys – Binnelande­rs Germandt vertolk die rol van die goedgelowi­ge klubbestuu­rder Louis Koster in dié sepie. “Wat die Tempo’s so wonderlik maak, is dat jy gekies word deur die mense wat jou elke aand dophou,” sê hy. “Dit is die mense aan wie jy elke aand stories vertel en aan wie jy elke aand verantwoor­ding doen.”

AKTRISE: SEPIE Je-ani Swiegelaar – Binnelande­rs “Ek dink Naomi is ’n baie diverse karakter met inbors en hart. Sy is die girl next door,” sê Je-ani oor haar karakter. Sy meen die Tempo spoor haar aan om nog harder te werk. “Dit is natuurlik ’n groot eer en ’n bewys dat mense my werk waardeer.”

FLIEK Vir die Voëls Dié fliek is gegrond op die ware liefdesver­haal van twee Huisgenoot-lesers, Irma en Sampie de Klerk. Dit is in samewerkin­g met kykNET gemaak om Huisgenoot se eeufees te vier.

AKTEUR: FLIEK Francois Jacobs – Vir die Voëls Francois was al te sien in flieks soos Agent 2000: Die Laksman en Hollywood in My Huis, maar sy vertolking van die rol van Sampie was sy eerste hoofrol in ’n fliek.

AKTRISE: FLIEK Simoné Nortmann – Vir die Voëls “Dit was my eerste rol in ’n fliek. Dit het soveel geleenthed­e oor my pad gebring, soveel deure vir my oopgemaak en my pad met ongeloofli­ke mense s’n laat kruis,” sê die voormalige 7de Laan-aktrise.

RADIOAANBI­EDER: Heinrich du Plooy – Bok Radio Om ’n Tempo te wen is vir dié aanbieder van die middagprog­ram Huiswaarts op Bok Radio “groter as ’n Hollywoods­e Oscaroombl­ik”, sê hy.

LEESBOEK Deon Meyer – Koors Koors is die 14de boek uit dié skrywer se pen. “Met dié boek voel ek regtig iets spesiaals het gebeur en Koors sal ’n hele ruk my gunsteling bly,” het Deon vroeër aan Huisgenoot gesê. “Dit is altyd ’n reuse-eer om ’n Tempo te wen,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa