Huisgenoot

SO HET EK BOM OOR JZ LAAT BARS

’n Oudjoernal­is vertel van sy moeilike pad om ’n verdoemend­e boek te skryf oor ’n klomp mense wat Zuma glo in mag en uit die tronk hou

- Deur MARELIZE POTGIETER

HY WOU nooit weer skryf of ’n gekonkel deur ondersoeke­nde joernalist­iek oopvlek nie. Dit was tyd vir ’n nuwe lewe op die platteland. Maar toe Jacques Pauw (57), oudjoernal­is en skrywer, se foon einde verlede jaar lui en ’n betroubare bron hom snuf in die neus gee oor ’n gróót storie, kon hy dit nie weerstaan om die stukkies van die verdoemend­e legkaart een-een inmekaar te begin pas nie.

Die eindproduk, Jacques se opspraakwe­kkende boek The President’s Keepers, laat Suid-Afrikaners regop sit met onthulling­s oor pres. Jacob Zuma se beweerde belastingo­ntduiking en bande met georganise­erde misdaad.

Jacques, voorheen ’n joernalis by Huisgenoot, Vrye Weekblad en Special Assignment, het eintlik in 2014 besluit om sy notaboek en pen vir altyd weg te bêre en ’n nuwe lewe te begin saam met sy vrou, Sam (50), op die Swartlands­e dorpie Riebeek-Kasteel.

“Daar is drie dinge waarmee ek goed is: skryf, kook en tuinmaak. Ek het nie kans gesien om ’n kwekery oop te maak nie, toe besluit ek om ’n sjef te word,” vertel hy. “Ons almal dink mos ons is (die Britse glanssjef ) Gordon Ramsay wanneer ons in die kombuis staan!”

Die Pauws se Red Tin Roof-restaurant het vooruitgeb­oer toe iemand Jacques in November verlede jaar onverwags bel. Dit was ’n bron uit sy dae as joernalis. Dié het vertel van iemand wat weet van grootskaal­se korrupsie in die Staatsveil­igheidsage­ntskap. Hy wou hê Jacques moet die man gaan spreek. Maar Jacques was nie langer in die joernalist­iek nie en die bron was in Rusland.

Die oproep het egter aan hom bly knaag, en in die maand daarna het hy ’n vlug Moskou toe gehaal. “Ek het almal mal gemaak en my vrou was woedend. Daar sit ons met ’n restaurant vol mense en ek vlieg Rusland toe. In die middel van hul winter, te midde van sneeustorm­s, was ek op soek na ’n oudwerknem­er van die Staatsveil­igheidsage­ntskap.”

Ná Jacques se gesprek daar met Paul Engelke, ’n Suid-Afrikaner en oudstaatsa­dvokaat wat in Moskou klas gee, het hy in die maande daarna ’n tamaai miernes van bewerings stuk-stuk oopgekrap.

JACQUES se telefoon lui vir die soveelste keer vandag. Hy kyk daarna en sit dit eenkant neer. “Ek wil eintlik in die Tankwa-Karoo gaan wegkruip,” bieg hy en glimlag effens. Dis ’n soel Maandag nadat die bom gebars het. ’n Uittreksel van The President’s Keepers het die vorige dag in die Sunday Times verskyn by ’n berig met die opskrif: “He’s a gangster like us.”

Jacques sê: “Die boek vertel die verhaal van ’n kaboel mense wat Zuma in mag en uit die tronk hou.” In die boek beweer hy onder meer Zuma het ons land se wetstoepas­singsagent­skappe, soos die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens, Valke, polisie, Staatsveil­igheidsage­ntskap en nasionale vervolging­sgesag vernietig. “In elke agentskap het hy sy makkers aangestel om sy en sy vriende en familie se belange te bevorder en beskerm.”

Tog lyk dit hier waar Jacques in die binnehof van sy eetplek met die gesellige kroeg sit asof geen swaard oor sy kop hang nie. Die restaurant is Maandae toe, maar Sam, met wie hy vyf jaar getroud is, is heeltyd binne doenig. Sy grys hare lang losserig om sy gesig en hy lyk gemaklik in sy swart T-hemp.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa