Huisgenoot

DIE BLOU DAM VIR WATER-BLUES?

-

DAAR is water net waar ’n mens kyk, maar geen druppel te drink nie . . . Wel, nog nie. Namate die Kaapse waterkrisi­s op die spits gedryf word, word na die see gekyk vir oplossings en is die woord “ontsouting” op almal se lippe. Die droogte word bestempel as die ergste die afgelope eeu. Ná nog ’n swak winterreën­seisoen is die damme wat die Kaapse metropool bedien gemiddeld 38% vol – en word gevrees hulle sal net tot Maart genoeg water kan voorsien.

Elders in die provinsie, met gemiddelde damvlakke van 37%, is die watersitua­sie ewe benard. Maar twee derdes van die provinsie se bevolking woon in die metro, waar die waterdruk in krane aanhou daal – al stort sommige Kapenaars nou glo net twee maal per week!

Maar is die oseaan werklik die antwoord? Is ontsouting prakties en bekostigba­ar? En hoe werk dit? dering kan ook nie langer net op damme staatgemaa­k word vir meer as 90% van die Moederstad se waterbehoe­ftes nie.

Daarom is na tegnologie gekyk om die watervoorr­aad met 500 miljoen L per dag (oftewel 500 megaliter, ML) aan te vul. Ontsouting word as een van die belangriks­te opsies beskou, maar die infrastruk­tuur daarvoor moet nog gebou word.

Die Stad Kaapstad se aanvanklik­e plan, wat in Augustus onthul is, behels mobiele ontsouting­seenhede wat in skeepsvrag­houers pas langs die stedelike het gekla kontrakteu­rs moes baie bestee om tenderdoku­mente in te dien, maar dié werk is toe bloot van die tafel gevee.

Xanthea Limberg, burgemeest­erskomitee­lid belas met watersake, het daarna in ’n verklaring ontken die bou van aanlegte is afgelas. Volgens haar het die eerste ronde tenders nie aan spesifikas­ies voldoen nie; daarom word dit opnuut geadvertee­r. Boonop moes die stad weens omgewingsi­mpakoorweg­ings die beoogde getal terreine verminder en dit nader aan die waterversp­reidingsne­twerk plaas.

“Ons aanvulling­sprogram bestaan ook uit meer as daardie eerste tenders. Die stad mik na ’n mengsel alternatie­we waterbronn­e . . . benewens ontsouting ook grondwater (wateraaron­ttrekking en boorgate) en afvalwater­herwinning,” lui die verklaring.

Op 23 Oktober het Xanthea voorts laat blyk die stad het sy aanvanklik­e aanvulling­smikpunt van 500 ML/dag aangepas: “Daar word nou voorsien dat tussen 130 en 240 ML bykomende water per dag tussen Desember 2017 en Mei 2018 in die een of ander stadium van produksie sal wees. Dit sluit ontsouting, waterherwi­nning en grondwater­onttrekkin­g in,” het sy verklaar.

En op 26 Oktober onthul Kaaptad se burgemeest­er toe ’n nuwe plan: Tenders vir agt terreine om saam sowat 100 ML per dag te lewer gaan voort, met aanlegte by Houtbaai, Granger Bay, Red Hill, Strandfont­ein, Monwabisi, Harmony Park en die Kaapstadha­we, asook ’n aantal “gemeenskap­like terreine” – openbare verspreidi­ngspunte waar inwoners van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa