Huisgenoot

CEVICHE MET SKERP PIENKSLAAI

- 2 3 4 5 6

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Staan: 2-3 uur CEVICHE 1 lemoen 2 lemmetjies 2 suurlemoen­e 1,25 ml (¼ t) sout 1 brandrissi­e, gekap 400 g ferm wit vis, in baie dun

skyfies gesny PIENK SLAAI 2 rou bete, geskil en in dun

ringetjies gesny 4 radyse, in skyfies gesny 1 rooikool, gesnipper 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny SLAAISOUS 1-2 rooi brandrissi­es, gekap 60 ml (¼ k) olyfolie sout, na smaak 15 ml (1 e) heuning ’n hand vol vars koljanderb­lare,

gekap

Ceviche

Druk die sap uit die lemoen, lemmetjies en suurlemoen­e; giet in ’n maatbeker.

Meng die sout en brandrissi­e deur die sapmengsel. Skep 45 ml (3 e) van die mengsel uit en hou eenkant (vir die slaaisous).

Giet ’n bietjie van die orige sapmengsel in ’n plat bak. Pak die visskyfies in ’n enkellaag bo-op die sap; giet nog van die mengsel oor. Bedek met kleefplast­iek en laat staan 2-3 uur in die yskas; die vis sal wit verkleur.

Pienk slaai

Meng al die bestanddel­e in ’n mengbak.

Klits die orige sapmengsel en die res van die bestanddel­e goed saam; geur met die sout, indien nodig. Giet oor die slaai en meng deur.

Versprei die slaai op ’n groot opdienbord. Haal die vis uit die sapmengsel en pak bo-op die slaai. Sit dadelik voor.

Slaaisous Vir afronding

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa