Huisgenoot

VEELKLEURI­GE ONTBYTBAKK­IES

-

Hierdie koel bakkies is ideaal vir die somer en ’n goeie bron van energie om die dag mee te begin. Maak gerus een van dié gesonde resepte. Die een is so lekker soos die ander. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Vries: oornag TROPIESE SMOOTHIE Skil 6 piesangs, sny in stukke en vries oornag. Pols die piesangs saam met 1 pynappel (geskil en in blokkies gesny), 1 mango (geskil, ontpit en in blokkies gesny) en ½

papaja (geskil en in blokkies gesny) in die bak van ’n voedselver­werker tot glad. Voeg 125 ml (½ k) klappermel­k en 5 ml (1 t) suurlemoen­sap by. Pols tot gemeng en verdeel tussen 4 bakkies. Pak ekstra vars

vrugte bo-op en drup vars grenadella­pulp oor. SOMERVRUGT­ESMOOTHIE

Skil 6 piesangs, sny in stukke en vries oornag. Pols die piesangs saam met 350 g bevrore bessies, 1 mango (geskil, ontpit en in stukke gesny) en ½ spanspek (geskil, ontpit en in blokkies gesny) in die bak van ’n

voedselver­werker tot

glad. Voeg 125 ml (½ k) klappermel­k, 5 ml (1 t) suurlemoen­sap en 15 ml (1 e) vars gekapte ment (opsioneel) by en pols tot gemeng. Hou in die vrieskas. Sprinkel Meng 60 ml (¼ k) droë gojibessie­s (opsio

neel), 30 ml (2 e) klapper en 30 ml (2 e) sonneblomp­itte goed. Vir voorsit Verdeel die smoothieme­ngsel

tussen 4 diep bakkies en strooi van die sprinkel oor. Versier met vars vrugte en sit dadelik voor. PERSKE-ENHAWERMOU­TSMOOTHIE Skil 6 piesangs, sny in stukke en vries oornag. Pols die piesangs saam met 4 perskes (geskil, ontpit en in blokkies gesny) en 1

mango (geskil, ontpit en in blokkies gesny) in die bak van ’n voed-

selverwerk­er tot glad.

Voeg 60 ml (¼ k) rou hawermout, 125 ml (½ k) klappermel­k en 5 ml (1 t) suurlemoen­sap by en pols tot glad.

Vir voorsit Verdeel die smoothie tussen 4 diep bakkies. Strooi ekstra rou hawermout, ’n bietjie papawersaa­d en ’n paar rou pistachion­eute oor. Pak nog ekstra

vars vrugte op en sit dadelik voor.

 ??  ?? TROPIES
TROPIES
 ??  ?? SOMERVRUGT­E
SOMERVRUGT­E
 ??  ?? PERSKE-EN-HAWERMOUT
PERSKE-EN-HAWERMOUT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa