Huisgenoot

ONGEBAKTE WORTELKOEK­IES

- 1 2 3

Hierdie wortelkoek­ies is propvol natuurlike energiebes­tanddele en boonop is dit glutenvry. Eet dit as ’n peuselhapp­ie by die werk of as ’n gesonde soetigheid ná ete. LEWER 20-24 BLOKKIES Bereiding: 15 min. Verkoel: 1 uur

BASIS

500 ml (2 k) dadels 500 ml (2 k) grofgerasp­erde geskilde wortel 250 ml (1 k) fyn

klapper 100 g rou pekanneute

OF amandels gerasperde skil van

1 lemoen (opsioneel) 250 ml (1 k) sonne

blompitte 125 ml (½ k) klapper

meel 125 ml (½ k) klapper- olie (teen kamertempe­ratuur) OF sagte botter 2,5 ml (½ t) elk gemengde speserye en gemmer 10 ml (2 t) fyn kaneel ’n knippie sout Voer ’n vierkantig­e bak van 20 cm met bakpapier uit.

Pols die dadels in ’n voedselver­werker tot fyn. Voeg die res van die bestanddel­e

Basis

by; pols tot grofgekap.

Skep die wortelkoek­mengsel in die bereide bak en druk gelyk bo-op. Plaas in die yskas en laat ’n uur verkoel of tot effens stywer.

Keer die wortelkoek versigtig uit en sny in blokkies. Pak die blokkies in ’n lugdigte houer wat uitgevoer is met bak- of waspapier. Hou in die yskas tot jy dit nodig kry.

Was alle groente en vrugte goed met water voor jy dit gebruik.

Moenie rou proteïen eet wanneer jy swanger is nie.

Sny alle vrot plekkies op groente en vrugte weg.

Indien jy net rou kosse eet, sorg dat jou dieet steeds gebalansee­rd is en ryk aan alle noodsaakli­ke voedingswa­ardes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa