Huisgenoot

APPELKOLWY­NTJIES MET KANEELSUIK­ER

- 1 2 3 4 5 6 7 8

LEWER 6-8 GROOT KOLWYNTJIE­S Bereiding: 15 min. Bak: 30-35 min. 85 g ongesoute botter, teen

kamertempe­ratuur 150 g suiker 100 ml suurroom 5ml (1 t) vanieljege­ursel 3 eierwitte 100 ml appelmoes 165 g koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) sout 10 ml (2 t) kaneel 60 ml (¼ k) strooisuik­er APPELSKYWE

3 appels, in skywe gesny Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee kolwyntjie­plate met papierbakk­ies uit.

Klits die botter en suiker in ’n groot bak tot lig en donsig. Voeg die suurroom en vanieljege­ursel by en meng goed.

Voeg die eierwitte een-een by. Meng elke keer goed. Roer die appelmoes by.

Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n aparte bak en hou eenkant.

Voeg die droë bestanddel­e by die bottermeng­sel en meng goed.

Meng die kaneel en strooisuik­er in ’n klein bakkie.

Skep van die beslag in die papierbakk­ies en strooi van die kaneelsuik­er oor. Skep nog ’n bietjie beslag by en strooi nog ’n laag kaneelsuik­er oor. Rond af met nog beslag sodat die voering sowat ¾ gevul is.

Bak 20-25 min. of tot ’n tandestokk­ie skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n koelrak afkoel.

Plaas die appelskywe op ’n bakplaat en bak 10 min. by 200 °C in die oond of tot bros en bruin. Verwyder uit die oond en laat afkoel. Plaas ’n paar skyfies op elke kolwyntjie en strooi van die kaneelsuik­er oor. Versiersui­ker is opsioneel.

Appelskywe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa