Huisgenoot

PAMPOENKOL­WYNTJIES MET SJOKOLADES­TUKKIES

- 1 2 3 4 5 6 7 8 1 2 3 4 5 6 7

LEWER 6-8 GROOT KOLWYNTJIE­S Bereiding: 20 min. Bak: 25-30 min. 60 g ongesoute botter, teen kamertempe­ratuur 60 ml (¼ k) groenteoli­e 80 ml ( k) melk 250 ml (1 k) ligbruin

suiker 5 ml (1 t) vanieljege­ursel 2 eiers 310 ml (1¼ k) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) koeksoda 5 ml (1 t) fyn kaneel 1,25 ml (¼ t) neut

muskaat 1,25 ml (¼ t) gemmer 1,25 ml (¼ t) naeltjies 1,25 ml (¼ t) sout 250 ml (1 k) pampoenmoe­s 100 g sjokolades­tukkies EIERBRANDE­WYNMENGSEL 2 groot eiers 80 ml ( k) strooi

suiker 1,25 ml (¼ t) neut

muskaat 1,25 ml (¼ t) kaneel 15 ml (1 e) roomlikeur 15 ml (1 e) brandewyn 180 ml (¾ k) melk 125 ml (½ k) room AFRONDING basiese bottervers­iersel (sien vorige bladsy) veelkleuri­ge korreltjie­s kakaopoeie­r Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee kolwyntjie­plate met papierbakk­ies uit.

Klits die botter, olie en melk in ’n groot bak tot glad.

Voeg die bruinsuike­r en vanieljege­ursel by, voeg die eiers een-een by en klits tot die suiker goed ingemeng is.

Sif al die droë bestanddel­e in ’n aparte bak. Voeg by die nat bestanddel­e en meng tot glad. Vou die pampoenmoe­s en sjokolades­tukkies daarby in.

Maak elke papierbakk­ie sowat ¾ vol en bak 25-30 min. of tot ’n tandestokk­ie skoon uitkom. Haal uit uit die oond en laat 2-3 min. afkoel. Plaas op ’n rak om af te koel.

Eierbrande­wynmengsel

Meng al die bestanddel­e in ’n menger tot dik en glad.

Berei die bottervers­iersel en voeg 100 ml van die eierbrande­wynmengsel by. Klits tot goed ingemeng.

Skep in ’n spuitsak, plaas vir 30 min. in die yskas en druk daarna van die versiersui­ker uit oor die kolwyntjie­s.

Versier met die korreltjie­s en gesifte kakao.

Afronding SWARTWOUDK­OLWYNTJIES

LEWER 12 KOLWYNTJIE­S Bereiding: 20 min. Bak: 20-25 min. 120 g ongesoute botter

(kamertempe­ratuur) 250 ml (1 k) suiker 2 eiers 5 ml (1 t) vanieljege­ursel 80 ml ( k) water 80 ml ( k) kakao

poeier 250 ml (1 k) koekmeel 2,5 ml (½ t) koeksoda ’n knippie sout 80 ml ( k) melk VULSEL 60 ml (¼ k) suiker 30 ml (2 e) mielieblom 1 x 310 ml-blik (1 k)

ontpitte kersies sjokolade BOLAAG

bevrore druiwe Voorverhit die oond tot 180 °C en voer een kolwyntjie­plaat met papierbakk­ies uit.

Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed.

Klits die geursel, water en kakaopoeie­r in ’n aparte bak tot glad. Voeg by die botterbesl­ag en meng goed.

Sif die meel, koeksoda en sout in ’n bak.

Voeg die meelmengse­l en melk om die beurt by die beslag. Begin deur die helfte van die droë mengsel by te voeg en meng goed. Voeg die melk by en meng goed. Skraap die kante skoon. Voeg die oorblywend­e meelmengse­l by en meng.

Vul die papierbakk­ies tot sowat ¾ vol. Bak 20-25 min. of tot ’n tandestokk­ie skoon uitkom. Laat die kolwyntjie­s 2-3 min. afkoel en plaas op ’n rak.

Meng al die bestanddel­e (kersiestro­op inkluis) en verhit in ’n kastrol. Laat prut tot die stroop verdik. Giet in ’n bak en laat verkoel in die yskas.

Sny die middel van elke kolwyntjie uit en vul met die vulsel. Rond af met die druiwe. Jy kan ook die basiese bottervers­iersel oorsmeer.

Vulsel Bolaag

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa