Huisgenoot

HELP, MY KIND IS GESPANNE

-

DIE trane, die naelbyt, die angs, die buie – en nou praat ons nog net van ma en pa. Ja, dis weer eksamentyd en leerders moet ernstig agter die boeke inskuif voor hulle die lang vakansie aan die einde van die jaar kan geniet. Dit is ’n stresvolle tydperk vir die hele gesin. Leerders staan voor ’n berg werk, ouers moet ’n omgewing skep wat bevorderli­k is vir leer, en die res van die kroos moet tjoepstil wees sodat hulle nie hul broer of suster se aandag aflei nie.

Tog is daar maniere om eksamenkoo­rs te verlig en jou kind, en jouself, deur dié uitdagende tyd te help. Spanning in eksamentyd is nie noodwendig skadelik nie, want matige stres kan dien as motivering en kinders op hul tone hou. Maar as kinders ers se stresvlakk­e handuit ruk, uk, kan dit hul vermoë belemelemm­er om vir die eksaksa- men voor te berei. .

Dr. Ramya Moohan, ’n psigiater er en opvoeder, raai ai ouers aan om hul ul kinders dop te hou ou vir die volgende de waarskuwin­gstekens: ens:

sukkel om saans s aan die slaap te raak of soggens op te staan;

ongereelde of swak eetgewoont­es;

voortduren­d in ’n slegte bui, knorrig en het ’n gebrek aan selfvertro­ue; en

het maagpyn, hoofpyn en veltoestan­de wat opduik, soos ekseem.

Ouers moet die waarde van goeie werk, nie harde werk nie, by kinders inboesem, sê Eileen T Tracy, ’n kenner in studiev studievaar­dighede. Sê vir jou angstige an kind eksamen menvoorber­eiding betek teken nie noodwendig lan lang ure se werk nie. “Studente wat bl blaaskanse neem en hu hul werk in die volgor orde van belangrikh­e heid aanpak, vaar bete beter as dié wat hard stude studeer en wie se idee van hersiening her is om hul leerplan u uit die kop te ken,” sê sy. O Ouers moet ook kli lig loop dat hulle nie kinders se vrese vererger nie. “Selfs ’n goed bedoelde vraag soos: ‘Moet jy nie studeer nie?’ kan paniek veroorsaak,” sê Eileen. “Tieners is uiters sensitief vir wat hul ouers sê, hoewel sommige dié sensitiwit­eit baie goed sal wegsteek.” EKSTRA BRONNE: ECLASSROOM.CO.ZA, PARENTINFO.ORG, UNISA.AC.ZA, GUARDIAN.COM, EILEENTRAC­Y.CO.UK, OXFORDLEAR­NING.COM, PARENTINGS­CIENCE.COM, WORKSHEETC­LOUD.COM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa