HELP, MY KIND IS MIN GEPLA
Jy het geneul, gepleit en gedreig, maar jou kind beskou eksamen as ’n lastige probleempie op die horison en studeer as iets om vinnig klaar te kry voor ’n YouTube-marathonsessie. Hoe nou gemaak?
Eileen sê ’n mens moenie vae waarskuwings uiter nie, soos: “Jy sal nooit ’n goeie werk kry as jy so aangaan nie.”
Waarskuwings moet spesifiek wees om doeltreffend te wees, soos: “Om vir ’n universiteitskursus van jou keuse aanvaar te word, het jy 75% vir wiskunde nodig.”
Sy waarsku ook teen onderhandeling of emosionele afpersing. “Deur te sê: ‘Ek sal/sal nie vir jou daardie Xbox koop as jy slaag/druip nie,’ impliseer jy dat jy opvoeding beskou as intrinsiek vervelig en sinloos, en dat jy desperaat is oor punte.”
Onthou: Die ingesteldheid is belangriker as die punte; dit sal julle almal help ontspan, en jou tiener kan dan dalk juis beter vaar. “Ontkoppel jou tiener se selfwaarde van hul punte: Om A-simbole te behaal maak nie van jou kind ’n ster nie; nog minder is hy ’n mislukking as hy druip,” sê sy.
Eileen stel voor angstige ouers doen ’n bietjie introspeksie. “Besin oor jou eie ervaring van eksamens sodat jy nie jou onverwerkte angs of verlammende skuldgevoelens aan jou kind oordra nie.”
Hoewel kenners ouers aanraai om onafhanklikheid aan te moedig, kan ouers se betrokkenheid, soos om belangstelling te toon in hul eksamenrooster, ’n beduidende verskil maak. “Navorsing toon kinders met ouers wat betrokke is by hul studie en opvoeding kry hoër punte,” sê Melissa. “Hulle het ook meer selfvertroue en ’n beter houding teenoor studeer.”
Ouers moet ook 100% seker wees hul kind weet hoe om vir eksamens te studeer en het studietegnieke gekweek wat die beste vir hulle werk, is die opvoedkundige sielkundige Melanie Hartgill se raad. “Dit sluit in die vaardigheid om opsommings te maak, sleutelpunte te identifiseer, breinkaarte te skep en vroeg genoeg te begin hersien.”
soos dié in neute, sade, avokado’s en olywe.
Kinders moet tydens hul studie gereeld blaaskanse neem. ’n Ruskans van 5-10 minute elke halfuur word aanbeveel, en dit moet verkieslik nie tyd voor ’n skerm wees nie. Fisieke aktiwiteit is die beste manier om dié tydjie deur te bring.
Hulle moet hul slaaptyd beplan. “Wanneer jy op ’n sekere tyd moet opstaan, tel die getal ure wat jy wil slaap terug en voeg dan ’n halfuur by,” is die raad op die webtuiste van Unisa se kliniek vir studentegesondheid en welstand. “Die ekstra halfuur is belangrik; ons vergeet dikwels die tyd wat dit neem om tande te borsel, die wekker te stel, ensovoorts.”
goeie vette,