Huisgenoot

SWYG OF BIEG NÁ MY AFFAIR?

-

Ons is lank getroud, maar kan nie kinders hê nie. Ons praat nie meer met mekaar nie, sommige aande skaars 20 woorde. My man hou van uitgaan; ek is ’n introvert. Hy terg my op ’n neerhalend­e wyse voor ander mense.

Ek het ’n affair gehad en was intiem met ’n ander man wat my man ook ken. Dis verby. Sy vrou weet daarvan, maar nie my man nie, al het my gewese minnaar hom op WhatsApp daarvan laat weet. My man het hom op sy foon blokkeer en nie die boodskap gekry nie. Ek dryf ál verder van my man weg. Moet ek hom vertel?

Moeg op L

Die vreemdste ding van affairs is dikwels dat die maat wat verkul word juis bewustelik of onbewustel­ik weet, maar die waarheid probeer ontken, vermy of wegwens. Jy gaan niks bereik deur verder te ontken dat die kommunikas­ieprobleme in jou huwelik tot ’n onvervulde lewe vol onoordeelk­undige besluite lei nie. Jy sal oop kaarte met jou man moet speel en die gevolge van jou affair moet dra voor hy op ander maniere daarvan uitvind.

Dit is ’n onhoudbare situasie wat vorentoe net in jou gesig kan ontplof met nadelige gevolge vir almal. Verduur liewer nou die pyn, en vorder met die heling van jouself en jou huwelik.

Daar is geen ideale tyd vir dié mededeling nie, maar so gou moontlik is beter as later. Berei jou voor op die gesprek deur te dink watter vrae hy dalk kan stel en wat jou antwoorde daarop gaan wees. Verstrek die besonderhe­de wat hy wil weet, maar moenie onnodige feite gee nie.

Vernietig alle boodskappe, e-posse en geskenke wat met die affair te doen gehad het om hom pyn te bespaar. Sê vir hom jy wil vir berading gaan om uit te vind hoekom jy voor die versoeking geswig het sodat hy kan weet jy wil iets aan die situasie doen.

Moenie jou of jou minnaar se optrede probeer verdedig of verduideli­k nie. Moenie enigeen daarvoor die skuld gee nie. Sê gereeld tydens die gesprek hoe jammer jy is. Voor hy kies om self ’n einde aan sy verslawing te maak, gaan niks hom motiveer om op te hou drink en daardeur verantwoor­delikheid vir sy lewe te aanvaar nie.

Woede help nie en ook nie deernis wat ’n aangeleerd­e hulpeloosh­eid in die hand kan werk nie.

Isolasie sal ook nie die probleem oplos nie, maar eerder ’n oordeelkun­dige mengsel van liefde, leiding en om jouself te bemagtig.

Rus jouself toe met kennis oor alkoholism­e en behandelin­gsentrums waar ’n mens hulp kan kry.

Praat hieroor met hom en oor die opsies wat beskikbaar is wanneer hy nugter is.

Kontak die Christelik­e Afhanklikh­eidsdiens by 082-571-5472 of besoek hul webtuiste by www.cad.org.za. Jou eks is ’n eks om ’n rede. As jy daardie rede kan identifise­er en aanvaar, vorder jy reeds in die regte rigting. Die verlange gaan nie ophou om jou te oorval nie; daarom moet jy werk maak daarvan om jou herinnerin­gs aan kosbare oomblikke te verwerk. Onthou om met elke goeie herinnerin­g ook ’n slegte tyd saam met hom op te roep. ’n Gebalansee­rde uitkyk op die verlede maak dit makliker om die ervaring te verwerk. Sentimenta­liteit sal die proses vererger.

As die herinnerin­gs jou verward, kwaad of hartseer maak, moet jy sorg dat jy nie voortduren­d jou gedagtes daarop fokus nie. Om die einde van ’n verhouding te veel te wil ontleed het geen nut nie.

Maak seker jy gaan gereeld uit sodat selfbejamm­ering jou nie oorval nie. Jou lewe is nie verby omdat jou verhouding verby is nie. Sorg dat jy genoeg oefening, sonlig en vars lug kry. Om iemand te vergeet het ook ’n fisiologie­se aspek: Die patrone in jou brein moet verander. Stap kan hiermee help.

Ondersoek nuwe moontlikhe­de vir jou lewe wat jou uit die kringe wegneem waarin jy en jou eks beweeg het. Dit kan ook help om ontslae te raak van alles wat jou aan hom en jul verhouding herinner. En as jy met vriende oor jul verhouding praat, gebruik die verlede tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa