Huisgenoot

OP PAD NA 5 KG LIGTER VOOR KERSFEES

As jy week 1 van ons eetplan gevolg het, behoort jy al die verskil op die skaal te sien. Hier is nog gesonde resepte vir ’n mooier lyf

-

SJOE! Jy het dalk al amper ’n kilo of selfs ’n hele een die afgelope week verloor. Dis nou as jy reeds week 1 gevolg het van ons spesiale dieet om jou vir die somervakan­sie gereed te kry. Huisgenoot het gevra dat Rochez O’Grady en Sarah Gouws, geregistre­erde dieetkundi­ges van Munchwize Dietitians in Kaapstad, ’n spesiale gesonde eetplan vir lesers saamstel wat voor die jaareindvi­erings ’n paar kilo’s wil afskud. Dis ’n vierweekpl­an wat jy kan uitknip en hou, maar moenie stres as jy die eerste week in ons vorige uitgawe misgeloop het nie. Jy kan die eetplan vir week 1 nou op huisgenoot.com kry. Vandeeswee­k publiseer ons die eetplan vir week 2 en volgende week die derde aflewering. Wanneer jy klaar is met week 4 se eetplan, kan jy weer voor begin met week 1 sodat jy al jou ongewenste rolletjies kan verloor. As jy by die plan hou, kan jy tot 1 kg per week afskud. Rochez sê die veiligste en gesondste is om so tussen 0,5 en 1 kg per week te verloor. Diëte waarmee ’n mens vinnig baie gewig verloor, is die meeste van die tyd nie volhoubaar nie, en hou jy daarmee op, is die kans goed die gewig pak net weer om jou heupe saam. Dis moeilik om dié tyd van die jaar by ’n mens se voornemens te hou, al is jy ook hoe vasbeslote om die vetjies af te skud. Maar Rochez se goeie raad is dat jy jou gerus af en toe kan bederf met iets wat nie in die plan is nie. “Ek dink een verkul-ete of snoepdinge­tjie is heeltemal normale gedrag, maar hou dit vir spesiale geleenthed­e.”

Moet dus nie so sleg voel oor ’n glasie vonkelwyn op die kantoorpar­tytjie of ’n paar tjips tydens die familiebra­ai dat jy sommer tou opgooi nie. “Die belangriks­te is dit wat jy elke dag eet, nie wat jy op spesiale geleenthed­e eet nie, want dit gebeur mos net af en toe,” sê Rochez.

Maar hou moed! As jy die volgende paar weke lank vasbeslote is, kan jy op jou beste lyk wanneer die feestyd met sy makieties aanbreek, en sonder skuldgevoe­lens weglê.

Deur KIRSTIN BUICK

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa