Huisgenoot

HIERVOOR ‘OEFEN’ EK AL VAN KLEINTYD!

Trix, wat haar eerste hoofrol in die dramareeks Waterfront vertolk, kom uit ’n huis waar gereeld gedans en gekonsert is

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

OP Dinsdagaan­de is sy die smeulende blondine met lang krulhare, donker lipstiffie en ernstige oë. Dan vertolk Trix Vivier die rol van Kate Myburgh, jongste dogter van ’n ryk bootbouer in die Kaapse Waterfront.

Maar toe sy die middag voor die première van die kykNET- dramareeks Waterfront ’n raserige koffierest­aurant in die einste Waterfront binnestap, is haar grimering lig. En haar lang blonde hare hang reguit teen haar rug af.

“Dié plek was maande lank my kantoor,” gesels Trix (29) nadat sy ’n dubbellatt­e en vonkelwate­r bestel het. Byna drie maande lank het sy elke dag gery van haar en haar man, Frans Hiemstra (30), se huis in Vredehoek in die Kaapse stadskom na die Waterfront, waar die reeks verfilm is.

Die 12-uur-dag op die stel het altyd in die grimeersto­el begin. Dan is die 56 noedelkrul­lers ook uitgehaal waarmee sy die vorige aand haar hare ingedraai het. “Dit het elke aand omtrent ’n driekwarti­er geduur om my hare so in te draai. Kate se hare is krullerig,” verduideli­k Trix, en beduie met haar hande.

Sy was al op die kassie te sien: in die kykNET-dramareeks Sterlopers en onlangs in klein rolletjies in Die Boekklub en Die Boland Moorde, ook op kykNET. Maar Waterfront is haar eerste hoofrol in ’n dramareeks, en sy word nou beskou as ’n nuwe ster om dop te hou.

Die reeks handel oor ’n familietra­gedie wat drie susters terugneem na die plek van hul kinderdae, die V&A Waterfront. Weens die tragedie word duister familiegeh­eime oopgevlek. Al het Trix die kans om daarin te speel met albei hande aangegryp, het haar senuwees aan die begin amper die oorhand gekry. “Toe ek in Junie by die vervaardig­ers se kantoor opdaag vir ’n repetisie, het al die akteurs om so ’n lang tafel gesit,” vertel sy met groen oë wat blink.

Gesoute spelers soos Neels van Jaarsveld, Dawid Minnaar, Stian Bam, Rolanda Marais en Milan Murray tree saam met haar in Waterfront op.

“Ek het in die deur gestaan en gedink ek gaan omdraai en huis toe gaan. Voor my was al die akteurs saam met wie ek nog altyd graag wou werk. Dit was so oorweldige­nd om te dink: ‘Sjoe, kyk waar staan jy!’ Ek wou elke liewe oomblik inneem.”

SY EN haar karakter in Waterfront verskil in baie opsigte van mekaar. Trix kom byvoorbeel­d uit ’n gelukkige gesin, anders as Kate, wat worstel met haar soeke na aanvaardin­g en erkenning.

Tog kon sy raakpunte tussen hulle vind. “Ek dink die soeke na ware liefde en iemand wat onvoorwaar­delik lief is vir jou is iets wat ons gemeen het, hoewel ek nie so erg soos Kate daarna moes soek nie,” sê Trix, wat al byna twee jaar gelukkig getroud is.

 ??  ?? Trix Vivier speel Kate Myburgh in die nuwe dramareeks Waterfront.
Trix Vivier speel Kate Myburgh in die nuwe dramareeks Waterfront.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa