Huisgenoot

’N SANGSTER NÁ MY ARM DAE

Elandré en sy gesin is deur swaar tye; toe kom sy deurbraak onverwags

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

LOKKE wat op sy skouers hang, ’n swart leerbaadji­e en gebleikte jeans – jy kan sien hoekom die jong sanger al Suid- Afrika se eie Harry Styles genoem is.

Maar toe hy begin gesels, is dit Elandré Schwartz se verfrissen­de pretensiel­oosheid en ’n borrelende lojaliteit teenoor “sy mense” wat jou boei. Pols jy hom oor sy loopbaan, wat ’n jaar gelede skielik vlam gevat het, dwaal hy eers af en praat oor die talent van sy “ongeloofli­ke” musiekvrie­nde.

Selfs sonder sy popstervoo­rkoms sou die ongekunste­lde Elandré met sy basbariton­stem waarskynli­k een van die koelste nuwe sterre op die plaaslike musiektone­el kon wees. Hy hét dit eenvoudig: daardie uitsonderl­ike X-faktor.

Tog bly hy beskeie. “Ek het die trein gevat hiernatoe,” laat glip hy nadat hy vir ons koffie gereël het.

NIE lank gelede nie was Elandré nog ’n “Kleindorpd­romer”, die titel van sy pas uitgereikt­e debuutalbu­m, en nou vat hy skaars grond tussen al die optredes, sosialemed­ia-verpligtin­gs ( hy het reeds 19 000 Facebook-aanhangers) en liedjies skryf en video’s opneem.

Voor sy groot deurbraak ’n jaar gelede was Elandré ’n onbekende en arm jong musikant uit die OosKaap. Danksy ’n sameloop van omstandigh­ede, toeval en vasbyt het hy oornag ’n internetse­nsasie geword toe hy sy kitsweerga­we van Bruce Springstee­n se Tougher Than the Rest op Facebook plaas. Bok Radio het dit gehoor en hom genooi om in hul Kaapstadse ateljee ’n paar liedjies te sing. En net daar, tydens die uitsending in November verlede jaar, het die musiekgroo­tkop Ernst Kleinhans van Select Musiek en Sony Music ingebel en hom oor die lug ’n platekontr­ak aangebied.

Hy lag toe hy vertel van sy eerste vergaderin­g met sy platemaats­kappy: “Daar is ek toe in ’n hotel in Seepunt in ’n restaurant waar ek niks op die

spyskaart kan bekostig nie, en ek met die ouens oor ’n kontrak.”

’n Mens kan maar sê die Eendag in die gelyknamig­e liedjie op sy album het op 22 vir hom aangebreek.

ELANDRÉ glo hy het as vierjarige op Despatch al besluit hy wil sing. Sy ma, Leoné Warden, ’n haarkapper, het een Desember vir hom en sy ouer broer, Monré (nou 27), by die dagsorgsen­trum van ’n NG kerk op die dorp afgelaai. “Hulle het ’n repetisie vir ’n Sondagskoo­lkonsert gehad. Ek het die mikrofoon gegryp en oor en oor ’ n liedjie gesing wat ek altyd vir my ouma moes sing. Op pad huis toe in die kar het my ma gesê: ‘ Sjoe, Elandré, jy was nogal goed,’ ” sê hy. Sy pa, Tossie, ’ n kleinsakem­an, se tweede vrou, Theresa, het hom aangemoedi­g om sanglesse te neem. No g iemand wat hom kleintyd laat dink het “dis cool om musiek te wil maak”, was sy oupa Ockert Warden. “Hy was ’ n mynwerker en nie ’ n baie goeie sanger nie, maar sou soggens kliphard in die huis sing.” Soms het sy gesin regtig swaar tye beleef, vertel hy. “My ma het met depressie gesukkel; musiek was ons ontvlugtin­g.” Leoné is hoeka “’n massiewe” Springstee­n-aanhanger. Wanneer sy soms soggens om tweeuur by die kombuistaf­el sit en huil het, bekommerd oor honger wat aan die deur klop, “sou ek as die een of ander karakter instap en met haar sit en nonsens praat. En haar laat lag. Ek hou daarvan om te sing en mense te vermaak, bloot om dinge beter te probeer maak.” Sedert sy musiekloop­baan op dreef gekom het, “het dinge vir my familie ook beter begin raak. Nie soseer finansieel nie, maar emosioneel. My ma is weer lus vir die lewe; dit gaan goed met haar. En dis maar sy word nou op Despatch voorgekeer. Sy’s nou ’n minicelebr­ity,” sê Elandré. “Sy sê heeltyd: ‘Ek’s so bly jy is my kind.’ En my sê net hy’s trots daarop dat ek vasgebyt het.”

Benewens Monré het Elandré ’n sussie, Jana (7), wat ook liedjies skryf. “Die hele ding was ’n groot inspirasie vir my mense, wat al deur baie is.”

KORT ná sy matriekjaa­r het Elandré koers gekies Kaapstad toe, agter sy musiekdroo­m aan. Vir ’n jongeling sonder inkomste was dit ’n groot skuif. “In die stadium toe ek besluit om Kaap toe te trek, het ek 13 uur per dag gewerk aan twee kelnerjopp­e en in Port Elizabeth in ’n buitekamer gebly. Die Waterfront-teaterskoo­l in Kaapstad het my aansoek aanvaar vir ’n musiekteat­erkursus. Ek wou die geleenthei­d benut. Ek het R7 000 gespaar en my pa het my

en al my besittings agterin sy Caddy gelaai en ek het sy petrol betaal.”

In die Kaap het hy net genoeg geld gehad vir ’n deposito op blyplek, nog nie eens die huur nie. “Ek het my kollegegoe­d gekoop en toe is ek Ek het so drie maande net pap geëet.”

Later het hy werk gekry as kelner en kelnermusi­kant in restaurant­teaters “en soort van my voete probeer vind”. Toe het hy besef musiekblys­pele is nie sy hoofbelang­stelling nie, wel musiek maak en liedjies skryf, en het hy sy studie laat vaar.

Sy Springstee­n-poging het byna nooit op Facebook beland nie, want hy was nie tevrede met die gehalte nie. Hy het toe al ’n geruime tyd van sy oorspronkl­ike werk op Facebook gedeel, ook spanpoging­s saam met sy medestuden­t Jo- Mari Malan. Toe besluit hy om tog die video te plaas waarin hy die Tougher-treffer sing, met Nikita Williams, nog ’n musikale studentevr­iendin, voor die klavier.

“Die volgende oggend sien ek dit staan op 100 000 en so twee, drie dae later op 300 000.” Die video trek nou al verby ’n miljoen kykslae.

DIE eerste enkelsnit op sy oorwegend oorspronkl­ike album heet Afrikaans Sal Bly. Sommige mense is bang oor die toekoms van Afrikaans, sê Elandré oor die titel, “maar solank mense dit praat, sal dit bly voortbesta­an. Ek is trots daarop om Afrikaans te wees; dis deel van my.” Andersyds is dit ’n pleidooi vir eenheid. Die snit Eendag het hy in sy boomskraap studenteda­e geskryf toe hy “op ’n baie slegte plek was”, sê hy. “’n Mens sê mos dikwels vir jouself: ‘Eendag gaan ek dit doen; eendag gaan ek dat doen.’ Maar ek het op daardie tydstip vir myself begin sê: ‘Eendag, Elandré, gaan jy steeds in ’n gat sit en nie doen wat jy wil doen nie.’ ”

Tog het die liedjie ook ’n refrein van hoop en die boodskap is eindelik: “As jy glo jy is vir iets bestem en die kans aangryp, kan die lewe regtig vir jou uitwerk, ongeag jou omstandigh­ede.”

Buiten Springstee­n het die countrysan­gers Johnny Cash en Don Williams sy musiek beïnvloed. Plaaslik put hy inspirasie uit die werk van Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en rockgroepe soos Die Melktert Kommissie en éF-éL.

Oor sy groot versugting vir ons land twyfel hy nie: “Vrede. Ek wens mense kan rustig raak in hulself en met ander. Dit gaan nie help as elkeen heeltyd harder as die ander een probeer skree en niemand na mekaar luister nie. Regtig luister. Ek klink seker nou soos ’n hippie, maar dis nou my grootste wens.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die musiekbedr­yf gons oor Elandré Schwartz se stem. REGS: Die sanger in aksie.
HOOFFOTO: Die musiekbedr­yf gons oor Elandré Schwartz se stem. REGS: Die sanger in aksie.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Voor die klavier aan’t skep saam met Jo-Mari Malan. HEEL BO: In Select Musiek se opname-ateljee. ONDER: By sy ma, Leoné.
BO: Voor die klavier aan’t skep saam met Jo-Mari Malan. HEEL BO: In Select Musiek se opname-ateljee. ONDER: By sy ma, Leoné.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa