Huisgenoot

OP ONS RADAR: KATE ROOTHMAN

Dié talentvoll­e jong aktrise is vinnig aan’t naam maak, in van Erfsondes tot Getroud met Rugby

- Deur LARA ATSON

Baie soos Anna

Kate het in Februarie vanjaar haar debuut op die kassie gemaak as Rosie Spencer in die dramareeks Erfsondes. Haar karakter is die aangenome dogter van Chris (Emmanuel Castis) en Kate ( Jana Strydom).

“Dit was een van die onbeskryfl­ikste oomblikke in my lewe toe ek hoor ek gaan Rosie Spencer speel,” vertel Kate (24). “Ek het ongeloofli­k baie by Jana en Emmanuel geleer.”

Sy het einde Oktober haar opwagting as Anna in die sepie Getroud met Rugby gemaak.

“Sy is die tipiese wat-jys ien- i s - wat-jykry-mens. Sy’s platop-dieaarde en ’n free spiritkara­kter, en sy loop die e lewe trompop,” sê Kate. te. “Ek het dié rol aangepak gepak omdat ek baie e van Anna in myself f kon sien. Anna kom m van Bloemfonte­in af en kom haar honneurs eurs in tale in Jo han- annesburg klaarmaak. aak. Sy is huisvriend­e nde met die Bekkers rs en woon by hulle e in. Weens sekere dinge nge wat in die verlede gebeur beur het, bring sy ’n bietjie ie drama met haar saam.” ”

Plaasmeisi­e in n haar hart

Kate het op ’n plaas laas in die distrik Sannieshof ieshof in Noordwes grootgewor­d. “Ek was meer tomboy as meisie,” vertel sy. “Die lekkerste herinnerin­gs was toe ek en my neef in die trekkersto­re cowboys en crooks gespeel, modderpoel­e gemaak en met ons kaskarre daardeur gejaag en bane vir ons speelgoedk­arre gebou het.”

Sy is al aktrise onder haar ouers, René en Petri du Toit, se spruite. Haar ma is ’n voedingsad­viseur en haar pa het sy eie vervoer-en-logistieko­nderneming. Kate se ousus, Marsel (29), is ’n fotograaf. Sy het ook ’n 15-jarige broer, Christophe­r.

Die toneelspee­lgogga byt

Sy wou nog altyd aktrise wees. “Ek het nie op skool in enige toneelstuk­ke gespeel nie, want ons plaasskool het hom nie regtig daartoe geleen nie.” Nadat sy i in 2011 aan die Hoërskool Sannieshof gem gematrikul­eer het, het sy twee jaar lank musiekteat­er mu aan die aktrise Michelle Ayd Ayden ( Maggie in Egoli) se dramaskool in Centurion, Pretoria, studeer. Kate het daarna in die kortfliek Bystander en in toneelstuk­ke gespeel voor haar eerste TV-rol T in Erfsondes.

Familievas Famil

Kate woon in Krugersdor­p. “By “B die huis is ek maar net my ongeërgde ong self, en ek het ’n groot liefde lie vir my familie en vriende,” vertel ve sy. Sy doen graag joga in haar h vrye tyd. Op die liefdesfro­nt gaan dit ook klopdissel­boom. Kate en haar kêrel, kêr Willie Oberholste­r (26), is al n nege jaar saam.

 ??  ?? Kateate (naasregs) by haaraar Erfsondes-Erfsondesm­edeedeakte­ursakteurs (van links)nks) Melissa Mas-Massyn,yn, Jana Strydom, Ruanuan Wessels en Emmanuelmm­anuel Castis.
Kateate (naasregs) by haaraar Erfsondes-Erfsondesm­edeedeakte­ursakteurs (van links)nks) Melissa Mas-Massyn,yn, Jana Strydom, Ruanuan Wessels en Emmanuelmm­anuel Castis.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa