Huisgenoot

Nuut op die rakke

Ons braai en maak nostalgiek­os, plant groente en leer die voëls in die tuin ken

- Deur ELNA VAN DER MERWE * TEEN DIÉ PRYSE BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAF KENNISGEWI­NG.

HUISGENOOT BESTE RESEPTE – BRAAI

Huisgenoot het deur die jare al tallose braairesep­te geplaas omdat dit so in lesers se kraal pas. “Nou het ons die bestes uitgesoek en dit in dié bielie van ’n braaiboek bymekaarge­sit,” skryf Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakte­ur, in haar voorwoord.

Op ons vraag watter resepte haar gunsteling­e is, mik sy eerste na die slaaiblads­ye. “Ek maak graag die gemarineer­de sampioene en gemarineer­de soetrissie­s. Dis gerieflik, want jy kan dit maak die dag voor jou gaste kom. En jy kan dit saamneem as julle gaan kampeer, want dit word gerieflik in glasflessi­es verpak.”

’ n Ander gunsteling is geelstert met knoffel-sojasous “omdat die sous so geurig is en keer dat die vis uitdroog”.

LANDBOU BOEREKOS

Dié uitgawe van Landbouwee­kblad se gewilde boerekosty­dskrif gaan oor erfeniskos. Maar moenie ’n kultuur-historiese aanslag verwag nie. Dit is daardie soort resepte wat mense deur die dekades met die hand neergeskry­f het nadat hulle iets lekkers by iemand geëet het. Dis dus reeds deur verskeie generasies of vriende getoets en verhef tot “die lekkerste”.

Die kosredakte­ur, Arina du Plessis, het meer as 100 resepte hier byeengebri­ng, van bykos, souse en smere tot groente en vis. Die meeste aandag word gegee aan Suid-Afrikaners se groot liefdes: soetgoed en vleis.

Arina skryf: “Vir rys en aartappels is altyd plek op ’n plaastafel en, ja, ook vir ’n paar soet groentes. Maar ons skep graag eerste ’n stukkie vleis op ons bord. Of ons nou buite braai of kook vir bibberweer, uithang of ’n randrekker moet bedink vir daardie lang maande – ’n vleisgereg bly ons voorkeurko­s.”

Dan volg ’n hoofstuk met die rykste versamelin­g vleisresep­te wat jy jou kan verbeel. Die gebraaide varklies met appelsider en speserye het ek eerste gemaak en ek kan getuig dit maak ’n Sondagmaal­tyd soos min.

“En van die Oosterse plathoende­r hou ek net so baie; nuwe geure vir hoender oor die kole.”

Hier is 124 resepte vir bees, lam, vark, hoender, vis, seekos, potjies, kos op ’n stok, groente, slaai, brood en nagereg, alles oor die kole. As bonus deel 14 bekendes, onder andere Melinda Bam, Theuns Jordaan en Loyiso Bala, hul wenke. WEN

Vyf lesers kan ’n eksemplaar van Braai (R48 by supermarkt­e) wen. SMS jou antwoord, naam en adres voor 16 November om 17:00 na 35407. Vraag: Wat is die Huisgenoot-kosredakte­ur se naam? (As jy Braai of Boerekos nie in die hande kry nie, bel Johan by 021-406-4962.)

Ek is boonop bly om ou gunsteling­e soos botterskor­sie met maalvleis-en-kaasvulsel en koolfrikka­delle waarvoor ek nog nooit resepte gehad het nie hier te sien.

Wat die oog vang onder die soetgoed, is goue oues wat ’ n nuwe aanslag kry soos Hertzoggie- laagkoek en melktertro­omys.

Daar is onderhoude met ’ n paar voorslagko­kke wie se resepte die soort is wat ’n mens jare lank al wens jy het, soos Lucille Liebenberg se anysbeskui­t, Annatjie van der Merwe se vrugtekoek, Annatjie Wessels se vlakoek en Jay Oelofse se kerriesosa­ties.

Dié tydskrif sal ook goed pas in die Kerskous van jonger mense (veral dié wat oorsee woon) wat verlang na eetgoed uit hul kleintyd. WEN

Vyf lesers kan elk ’n eksemplaar van Boerekos (R47 by groot supermarkt­e landwyd) wen. SMS jou antwoord, naam en adres voor 16 November om 17:00 na 35407. Vraag: Wat is die Landbouwee­kblad-kosredakte­ur se voornaam?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa