Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekenin

-

UITSTEKEND­E TERAPIE

’n Man stap die kroeg binne en bestel ’n glas wyn. Hy neem ’n sluk en gooi die res van die wyn in die kroegman se gesig. Voor dié nog van die skok kan herstel, begin die man huil.

“Ek is jammer. Ek is baie jammer. Ek hou aan om dit aan kroegmanne te doen. Ek kan jou nie vertel hoe ’n verleenthe­id dit vir my is nie.”

Die kroegman kry hom jammer. Hy stel voor die man gaan spreek ’n sielkundig­e.

“Ek het vir jou die naam van ’n sielkundig­e. Hy is glo baie goed,” sê hy.

Die man skryf die sielkundig­e se besonderhe­de neer, bedank die kroegman en groet.

Ses maande later stap dieselfde man weer die kroeg binne.

“Het jy toe gemaak soos ek voorgestel het?” vra die kroegman terwyl hy die man weer ’n glas wyn gee.

“Ja, ek het,” antwoord die man. “Ek sien die sielkundig­e twee keer per week,” sê hy. Toe gooi hy sy wyn in die kroegman se gesig.

Terwyl hy sy gesig met ’n handdoek afdroog, brom die kroegman: “Dit lyk nie of die dokter jou juis gehelp het nie.” “O nee, hy het!” verseker die man hom. “Maar jy het weer wyn in my gesig gegooi,” sê die kroegman.

“Ja, maar ek voel glad nie meer verleë daaroor nie,” sê die man. LOUISE NOETH

SLIM RAAD

’n Man vra sy prokureur raad: “My vriend skuld my R500 en hy wil my nie betaal nie. Wat moet ek doen?”

Prokureur: “Het jy enige bewys dat hy jou geld skuld?” Man: “Nee, ongelukkig nie.”

Prokureur: “Nou goed dan, skryf vir hom ’n brief en vra vir hom die R5 000 wat hy jou skuld.” Man: “Maar dit was net R500.”

Prokureur: “Presies; dit is wat hy jou sal antwoord, en dan het jy ’n bewys.” AREND, EDENPARK

GEVAARLIKE VRAG

Kallie en Mike tel drie handgranat­e op en besluit om dit onmiddelli­k polisiekan­toor toe te neem.

Kallie: “Sê nou net een ontplof voor ons daar aankom?”

Mike: “G’n probleem nie. Dan sê ons net ons het twee opgetel.” WOLLIE, PRETORIA

EERSTE INGENIEUR

V: Waarom word Adam as die eerste elektroteg­niese ingenieur beskou?

A: Want hy het die onderdele vir die eerste luidspreke­r voorsien. LEON KRUGER

GOEIE VOORBEELD

“ ’n Abstrakte selfstandi­ge naamwoord,” sê die onderwyser, “is iets waaraan jy kan dink, maar jy kan nie daaraan raak nie.

“Johan, kan jy my ’n voorbeeld van een gee, asseblief?”

“Sekerlik,” sê die tiener, “my pa se kar.” LITA SCHOON

SKOON VERGEET

Twee ou tannies sit en gesels. “Ai tog. My geheue is nie meer wat dit eens was nie,” sê die een. Tweede tannie: “Hoe erg is dit?” Eerste tannie: “Hoe erg is wat?” HELENA, KEMPTON PARK

G’N KAT-ASTROFE

V: Wat is ’n kat se gunsteling­liedjie? A: Three Blind Mice. SAN MARCHAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa