Huisgenoot

ROERENDE VIDEO NÁ MOORD OP BOER

Chris Loubser se boodskap oor die sinlose dood van sy vriend Joubert Conradie het soos ’n veldbrand versprei. So het julle daarop gereageer

-

Ek voel net so hart

seer. My trane het geloop. Ek verstaan nie wat in die land gebeur nie. Elke lewe is kosbaar; ons boere s’n ook. Ons het so ’n mooi land, maar so onveilig. – SUE WEBSTER

Ek het medelye met alle misdaadsla­g

offers. ’n Familielid van my is op sy plaas geskiet. Die verdagte is vrygelaat. Plaasmoord­e gaan nie oor ras nie; dit raak almal. – JANA VAN RHYN

Ek voel so jammer vir die gesinne van

slagoffers. Al dié sterftes is onnodig. Ek kry hoendervel oor hoe mense hul steun wys. Mag God vertroosti­ng bring. – SANDRA BEZUIDENHO­UT

Ons gesin sal ons steun aan boere wys deur swart te

dra. Maar ons steun alle slagoffers van misdaad, maak nie saak waar en wie hulle is nie. – CARLA STEYN Demi-Leigh Nel-Peters se uitrusting vir die Mej. Heelal-kompetisie Dit lyk vir my ongeloofli­k; dis so ver verwyder van die gewone, voorspelba­re drag vir die kompetisie. Sy lyk vir my baie lieflik in die pienk. Ek dink dit is ’n baie innoverend­e ontwerp. – DOTTY MALTMAN Dis nie lelik nie; dis kreatief. Maar dit lyk vir my soos iets uit die karnaval in Rio de Janeiro of die Mardi Gras-parade in New Orleans. Of iets uit Disneyland; ons eie Protea- queen! – GLENDA DIANE EMMERSON Karlien van Jaarsveld: Eindelik kan ek my vroeggebor­e baba huis toe neem Geniet haar, en sjoe, jy lyk weer net so klein en fyntjies soos altyd. Jy is net ongeloofli­k. – AMANDA JOUBERT Baie bly vir julle. Pas haar mooi op en geniet haar. Sy is pragtig. – CHRISTINA E. SMIT 19 dae? Dis baie lank! My seuntjie was net ’n week in die hospitaal en ek was omtrent ’n senuwrak. Ek kan nie dink hoe Karlien moes voel nie. Ek is bly sy is darem gesond. – CARLA MULDER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa