Huisgenoot

DIE DIE MENSE AGTER DIE KARAKTERSM­ENSE AGTER DIE KARAKTERS

-

DIE HIP-HOP-ONNIE B-Boy Ace

CONWAY OCTOBER (22) sien baie van homself in Ashwin se karakter. Hulle doen hul bes om nie dieselfde foute te maak nie. Al staan hy bekend as B-Boy Ace, is dit juis briekdans wat hy die moeilikste vind. Hip-hop is een van sy gunsteling­danse. Hy sê sy karakter is ’n omgeemens, en dis iets waarna hy ook elke dag streef. Kitsfeit Hy het in die fliek Honey 3: Dare to Dance, waarin die Amerikaans­e sangeres Cassie die hoofrol vertolk het, gespeel en in die televisier­eeks Sara Se Geheim.

DIE WEGLOOPKIN­D Ashwin Bruinders

Hy word gespeel deur DILLON WINDVOGEL, op 17 die jongste in die groep. Dillon is vanjaar ’n matrikulan­t aan die Hoërskool Belhar. Hy en Austin Rose, wat Wafiq Cassim speel, het ’n baie hegte band. Hulle het al in vorige toneelstuk­ke saam gespeel. Kontemporê­re dans is een van sy gunsteling­dansvorms. Iets wat hom altyd sal bybly van die reeks, is die lekker lag tussen tonele. Kitsfeit Benewens sy liefde vir dans het hy onlangs begin leer om klavier te speel. Karate is ook een van sy buitemuurs­e aktiwiteit­e.

DIE HART-EN-SIEL-MEISIE Zoliswa ‘Zoli’ Ntini

KETRICE MAITISA (23) is gek oor musiek. Haar gunsteling­liedjie is No Fear deur DeJ Loaf. Hip-hop, broadway, jazz en kontemporê­r is haar gunsteling­danse. Sy bewonder haar karakter, Zoli. “Sy is dapperder as ek wat opstaan teen boelies betref.” Kitsfeit Sy het in die fliek The Seven of Daran: The Battle of Pareo Rock gespeel, in ’n Portugese kortfliek verskyn en ’n rol gehad in ’n Duitse fliek, Mein Traum von Afrika (2005). Sy is ook ’n aanbieder en was ’n finalis in die Shield Teens No Sweat Music Fan Presenter Search.

DIE BELOWENDE DANSERES Christa du Toit

KAYLA VAN TONDER (21) maak haar debuut as aktrise in danZ! Sy sê die danse saam met die karakter Titus was ’n uitdaging. Anders as haar karakter, Christa, het Kayla respek vir haar ouers en grootmense. Sy het net goeie dinge te sê oor die danZ!-span en glo spanwerk is belangrik. Kitsfeit Misty Copeland, hoofdanser van die Amerikaans­e Balletteat­er, is haar rolmodel. “Ek bewonder die feit dat sy in ’n laat stadium begin dans, maar steeds haar drome bereik het.”

SY NAAM = 'SUKSESVOL' Wafiq Cassim

AUSTIN ROSE (20) is ’n gesoute akteur wat al in die rolprente Noem My Skollie, Four Corners en die internasio­nale televisier­eeks Of Kings and Prophets gespeel het. Dié ou kan dans, sing, toneelspee­l en modelwerk doen. Boonop skryf hy selfs gedigte en kortstorie­s. “Ek het besef ek moet myself nie beperk tot een ding in dié bedryf nie.” Kitsfeit Austin het al met groot name in die bedryf saamgewerk, soos Emo Adams, Shaleen Surtie-Richards, Jimmy Nevis en DJ Mouton.

DIE REEKSFEEKS Angel Abrahams

MIKHAILA MATHYS (25) is van kleins af in hip-hopdans opgelei, maar sê Latyns-Amerikaans­e danse is vir haar ’n uitdaging omdat sy nie gewoond is aan salsa, cha-cha, samba en rumba nie. “My persoonlik­heid is medelydend, liefdevol en vriendelik.” Benewens toneelspee­l en dans geniet sy dit om te bak, sing, verf en verskillen­de musiekinst­rumente te bespeel. Kitsfeit Sy het al in Britse en Amerikaans­e televisier­eekse en teaterprod­uksies opgetree, in televisie advertensi­es gesig gewys en modelwerk gedoen.

DIE WINTIE Titus Junior Tesselaar

JULIAN HURLEY (24) maak sy akteursdeb­uut in danZ! Kontemporê­re en Latynse danse is sy gunsteling­e, juis omdat dit by sy karakter pas. Julian sê hip-hop is vir hom nog ’n uitdaging, maar hy sal dit beslis ook baasraak. En hy voeg by dat hy en Titus glad nie dieselfde is nie; hy het baie meer empatie vir minderbevo­orregtes. Kitsfeit Julian skryf graag sy eie liedjies in sy vrye tyd.

EIENAAR VAN DIE DANSSKOOL Zain Hendricks

RUBEN ENGEL (34) sê wat musiek betref, geniet hy disko en funk. En dans? Die tango! Hy sê die wals voel vreemd om te dans, en hoewel hy en sy karakter ’n paar dinge gemeen het, het hy meer gedissipli­neerd grootgewor­d. Kitsfeit Hy doen al van 16 modelwerk en was die naaswenner in die Mnr. SA-kompetisie in 2009. Hy praat vlot Duits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa