VERLIEF OP MY BESTE VRIEND
Jare llankk was hullehll eleklk troniese penpelle, maar nooit was daar iets romanties van sy kant nie
ONS doen dit weer – en dié keer kan dit jou beurt wees! Ná die sukses van Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, wat kykers laat lag én huil het, het Huisgenoot en kykNET besluit om weer saam ’n fliek te maak – en ’n leser se ware liefdesverhaal gaan weer as inspirasie daarvoor dien. Skryf jou eie ware liefdesverhaal en stuur dit aan ons – as dit gekies word, kan jy die on gelooflike ervaring hê om jou eie verhaal op die silwerdoek te sien afspeel. As inspirasie om jou aan die skryf te kry plaas ons vandeesweek die ware liefdesverhaal van een van Huisgenoot se joernaliste.
IMAGINE ons ontmoet vanaand ons trouman,” sê ek terwyl ek en my vriendin Chanelle deur die maroen draaihek by die ingang van die kampus stap.
Byna 100 studente daag by die opleidingsaal op, gretig om geld te verdien deur kaartjies by konsertsale se deure te skeur wanneer die Aardklop- Nasionale Kunstefees oor ’n paar weke hier op Potchefstroom begin.
En daar sien ek hom. Sy oë is so groen soos gras en sy hare blond en so deurmekaar soos net ’n 19-jarige s’n kan wees ná 12 jaar van skoolreëls. Ek hoor hoe vriendelik hy met vreemdelinge gesels, en sy neus kreukel toe hy lag. Ek is dadelik smoorverlief. Ongelukkig word die vriendelike student met die deurmekaar hare by ’n ander groep ingedeel as ek. Maar die konsertsaal waar hy gaan diens doen, is darem net oorkant die straat van die skoolsaal waar ek gaan werk.
Teen die tyd dat Aardklop begin, het ek al talle verskonings uitgedink om by sy konsertsaal ’n draai te maak. Ek ruil met ander studente uit, en toe Jak de Priester daar optree, dring ek daarop aan om die vertoning te gaan kyk. Op die ou end loop ek Jak se hele konsert mis, want ek knoop liewer ’n geselsie aan met die blondekopman in die voorportaal.
“Hey hey . . . Hori, hie is my nr dan kan ons biekie op mxit gesels as jy wil?” stuur hy kort voor die Desembervakansie ’n Facebook-boodskap. A nee a, dink ek. Hy kan mos eerste vir my ’n boodskap stuur! “Hier is my nommer,” skryf ek.
My hart bokspring en daardie Desem- bervakansie klets ek en CJ Grey byna elke aand op Mxit.
Ons raak elektroniese penpelle. Maar van iets romanties is daar tot my teleurstelling geen sprake nie. Ek ontleed elke boodskap se kommas en hoofletters vir ’n teken dat hy dalk in meer as vriendskap belangstel. Van my kant is ek hopeloos te skaam om iets te laat blyk en bly ek net die vriendelike Aardklop-meisie.
IN MY tweede jaar skraap ek al my moed bymekaar en nooi hom saam na ’n troue. Ons gesels onophoudelik en dans die hele aand. Maar ons bly net vriende wat mekaar op kampus raakloop. En steeds, elke vakansie, wanneer hy in sy tuisstad, Vereeniging, is en ek in myne, Kempton Park, vlieg die Mxitboodskappe tot ons aan die slaap raak.
Ná drie jaar in Potchefstroom gaan studeer ek vir my honneursgraad op