Huisgenoot

Neil Aggett – eindelik hoop op antwoorde

Die aktivis Neil Aggett is destyds in sy sel dood; nou hoop sy suster ’n nuwe saak kan antwoorde bring

-

Deur MARLISE SCHEEPERS

KORT ná haar broer se dood het sy destyds besef: In dié land wil sy nie meer woon nie. ’n Jaar later het sy en haar gesin na Engeland uitgewyk, weg van die mense wat sy glo vir haar broer se dood verantwoor­delik is. Die anti-apartheids­aktivis dr. Neil Aggett (28) is in 1982 in ’n sel in die John Vorsterple­in-polisiekan­toor in Johannesbu­rg dood. Die familie aanvaar die veiligheid­spolisie se destydse verklaring dat hy hom met sy belt gehang het, maar glo dis weens die behandelin­g wat hy moes verduur. “Ek huil steeds wanneer ek net aan sy dood dink,” vertel sy suster, Jill Burger (67), per telefoon vanaf haar huis in die Oxfordshir­e Cotswolds.

Die Waarheid- en- versoening­skommissie (WVK) het in 1998 bevind Neil se selfdood was die regstreeks­e gevolg van sy behandelin­g tydens ondervragi­ng deur onder andere lt. Stephan Whitehead, maar sy familie soek steeds bevredigen­de antwoorde oor die omstandigh­ede rondom sy dood.

Nou, byna twee dekades later, kan Neil se dood dalk weer amptelik ondersoek word nadat die geregtelik­e ondersoek na die politieke aktivis Ahmed Timol se dood in dieselfde era onlangs afgehandel is. Die hooggeregs­hof in Pretoria het beslis Ahmed is vermoor deurdat hy óf van die dak van John Vorsterple­in afgestamp óf deur ’n venster op die 10de verdieping gestamp is. Die veiligheid­spolisie het destyds ook sy dood as selfdood beskryf.

Luvuyo Mfaku, woordvoerd­er van die nasionale vervolging­sgesag (NVG), het aan Huisgenoot bevestig die NVG oorweeg dit om Neil se dood te ondersoek.

Jill vertel die veiligheid­spolisie het hul gesin ná haar broer se dood geteister; eindelik kon hulle ook nie meer die rassespann­ing hier verduur nie. In 1982 het sy, haar man, Paul (toe 37), en hul kinders, Katy (toe 6) en Miles (toe 8), geëmigreer.

Jill vertel dit was ’n reuse-aanpassing. In Suid-Afrika was sy ’n persoonlik­e assistent; in Brittanje het sy haar as ’n geleenthei­dskoördine­erder bekwaam. “Paul het lesings gegee en in Brittanje het hy in die regte studeer.”

Sy hoop opnuut die NVG sal tog die saak ondersoek sodat sy kan berus. Ná soveel jare bly Vrydag 5 Februarie 1982 onuitwisba­ar in haar geheue ingebrand. Dis die dag dat Neil op hul ouers, Aubrey en Joy Aggett, se huwelikshe­rdenking alleen in ’n polisiesel gesterf het.

DIE Aggetts het in 1964 na Suid-Afrika verhuis uit Kenia, waar Aubrey geboer het. Dit was aan die vooraand van dié Britse kolonie se onafhankli­kwording. Teen 1981 was Neil ’n mediese dokter wat hom toegewy het aan swart pasiënte in die townshipho­spitale aan die Witwatersr­and. Hy was ook by vakbonde betrokke, iets wat spanning tussen hom en Aubrey veroorsaak het. “My pa was baie regs en kon glad nie verstaan dat Neil ’n vakbondman was nie,” sê Jill.

Neil se vakbondbed­rywighede het hom ook by die veiligheid­spolisie in onguns gebring. Op 27 November 1981 is Neil en sy meisie, dr. Elizabeth Floyd, glo sonder rede tuis in Johannesbu­rg aangekeer. Elizabeth is die dag van Neil se dood in haar ouers se sorg vrygelaat.

“Hy was ’n jong man wat ’n gruwelike dood gesterf het,” sê Jill, en die hartseer slaan deur haar stem. “Hy is sy familie ontneem en nooit die kans gegun om met ’n gesin te begin nie. Neil sou in Oktober vanjaar 63 geword het.”

Sy en Joy het toestemmin­g gekry om Neil op 31 Desember 198l in John Vorsterple­in te gaan sien. Hy was toe al net langer as ’n maand in aanhouding.

“Ek onthou goed hoe ’n klomp polisieman­ne al laggend by ’n hysbak uitgekom het, gereed vir ’n vrolike Oujaarsaan­d. Ons het net 10 minute gehad om Neil te sien en met hom te gesels,” vertel sy.

Aubrey wou nie saamgaan nie. “Die eerste ding wat my broer gevra het toe hy ons sien, was waar sy pa is. Daar was ’n polisieman in die vertrek, en ons kon nie regtig praat oor hoe hy behandel word nie. Ek onthou hy was bleek, maar ek het

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa