VET STRANDPRET SONDER SKAAMTE
In dié oord vir lywige gaste kan hulle baljaar sonder dat hulle aangegaap gg p word of iets breek
’ N SOMERVAKANSIE by die see was allesbehalwe sorgeloos vir Ami Flaherty. Wanneer sy in haar baaikostuum op die strand gestap het, het mense haar aangestaar. En sy kon haar nie op ’n sonstoel langs die swembad neervly sonder om haar te bekommer dit sou onder haar gewig van 150 kg meegee nie.
“In die verlede het ek al plastieksonstoele gebreek. Al het ek dit altyd afgelag, was dit vir my ’n groot vernedering en het ek gewens die aarde sluk my in,” erken Ami, ’n Britse toeris in ’n Karibiese oord met ’n verskil. Dis spesiaal vir vetsugtige besoekers soos sy ontwerp, kompleet met ekstrasterk sonstoele wat ’n gewig van tot 250 kg kan dra.
Dié toevlugsoord vir vakansiegangers met ’n voller figuur op die eiland Eleuthera in die Bahamas is die geesteskind van ’n Amerikaanse entrepreneur, James King.
Hy het die idee al 14 jaar gelede gehad terwyl hy ’n hotel in Grenada bestuur het.
“Ek het ’n gas dwarsdeur ’n strandstoel sien val. Volgens die hotelbeleid d moes sy $150 (toe R1 100) vir saakbeskadiging betaal,” het hy aan die Britse koerant The Independent vertel.
Hy het toe besluit om ’n vakansieoord te begin waar vetsugtiges kon ontspan sonder dat hulle selfbewus voel en die geriewe spesiaal aangepas is vir die voller figuur.
Nie net staan supersterk sonstoele rondom die blink, blou swembad in sy oord d nie; die toilette is versterk en n die deur- deur-d openings breër. Die koninggrootte- nggrootte- tt beddens in die slaapkamers ers word met staalstawe versterk sodat odat dit sal hou, selfs al sou lywige gaste na hartelus tus- ssen die lakens baljaar.
Shawn-Marie Riley van Arlington, Texas, het die
oord in 2015 besoek. Dit was ook die jaar waarin wa dit oopgemaak het. “Wat so wonderlik is, is die erkenning n dat groot mense onsekerhede en uitdagings u het waaraan die publiek nooit n eens dink nie,” het sy aan die New York Y Post gesê. “Sal hulle stoele hê waarop ek kan sit? s Sal die bed my gewig kan dra? Sal ek e in die bad pas?” Danksy ’n “oordeelvrye” beleid voel gaste g hulle hoef hulle nie vir hul gewig te skaam nie. “Kan jy jou voorstel hoe dit voel om op ’n strand te stap en te hoor hoe mense van jou as ’n gestrande walvis praat?” vra vr Shawn-Marie. “Ek het hier ’n bikini gedrag een nooit ongemaklik gevoel nie; en ek is oor my skoonheid raakgesien, nie i my grootte nie. Om ‘normaal’ te voel – selfs net ’n rukkie lank – was beter as enige geskenk.” Hier wys gewigtige vakansiegangers nie net lyf op die strand nie; ook voor die TV-kameras .’ n Britse werklikheid s reeks, The 18-30 Stone Holiday, is in die oord geskiet oor agt besoekers se ervaring van dié stukkie paradys vir vetsugtiges. Hulle elkeen het die skaal op meer as 125 kg getrek. In die eerste aflewering van die ITVprogram hou die groep ’n terapiesessie en vertel roerende verhale. Alice Young (32) van Nottingham, En- geland, bieg sy het reeds haar eie begrafnis beplan. Met dié dat sy 230 kg weeg, is sy bevrees sy sal nie lank genoeg leef om haar twee kinders te sien grootword nie.
Haar verblyf in die oord het haar haar grootte help aanvaar en meer selfvertroue gegee, sê sy.
Vakansietyd was nog nooit ’n goeie tyd om jou dieet dop te hou nie. Gaste hoef hulle dan ook nie hier te verknies oor wat hulle eet nie; inteendeel, drie keer per dag word ’n eet-soveel-jy-kan-buffet vir hulle voorgesit.
Besoekers word aangespoor om in swemklere rond te loop en sportsoorte te beproef wat hulle dalk elders huiwerig sou wees om aan te pak. Hulle kan swem, visvang of kajak roei en sonbaai op ’n 8 km lange strand, waar hul privaatheid gewaarborg word.
James het eers verblyf aan individuele gaste gebied, maar deesdae aanvaar hy net besprekings vir klein groepe van tot 24. As jy daar wil gaan vakansie hou, het jy ’n vet beursie nodig: Ses dae se verblyf sal jou sowat R221 400 uit die sak jaag, ’n kwart van die deursnee-Amerikaner se jaarlikse salaris.
Ami meen haar Karibiese idille was elke sent werd nadat haar verleentheid oor haar voller figuur haar hele wittebrood in Egipte bederf het.
“Ek kon in die swembad spring en my nie bekommer oor hoeveel water opspat nie,” sê sy oor haar eilandvakansie, “of ek kon op ’n sonbed van sterk Brasiliaanse hout lê; daarom hoef ek my nie te bekommer het dit sou breek nie.”
Die vakansie was vir haar en ander soos sy ’n soete ervaring sonder dat hulle die bitter pil moes sluk van die oordeel en spot in ander se oë.