Huisgenoot

WELKOM IN ONS NUWE DIGITALE WÊRELD

-

HUISGENOOT

se lesers was nog altyd nuuskierig en ingelig. Jy wil alles weet en jy wil dit eerste weet.

As jy Suid- Afrika se topverkope­rtydskrif gereeld koop, is dit deel van jou weeklikse ritueel. Min dinge is mos so lekker soos om op die bank op te krul met ’n tydskrif en jou daarin te verdiep.

Maar as jy ál meer stories aanlyn lees, wil ons bybly met jou behoeftes; daarom verskyn Huisgenoot se tydskrifin­houd vir die eerste keer ook op ons webtuiste, huisgenoot.com. Om ons tydskrifst­ories aanlyn te lees, moet jy inteken op Netwerk24. Dis die bymekaarko­mplek van 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante.

As jy op Netwerk24 inteken, kry jy benewens jou toegang tot Huisgenoot se tydskrifin­houd ook aanlyn toegang tot die inhoud van Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry & Sleep, Landbouwee­kblad, Baba & Kleuter, Finweek, tvplus en SA Jagter. Jy kan ook die inhoud van Rapport, Beeld, Die Burger, Volksblad en 31 gemeenskap­skoerante lees. Boonop kry jy op Netwerk24 heeldag die jongste nuus – van vermaak tot sport en politiek.

Hoeveel kos dit om in te teken? Net R99 per maand. Dit is net sowat R3,27 per dag vir alles wat jy wil weet, op een plek.

En wat van al die digitale stories wat nie in die tydskrif verskyn nie en voorheen net op huisgenoot.com te kry was? Ons span joernalist­e skep steeds vars inhoud vir ons webtuiste. Omdat Netwerk24 nou ons bymekaarko­mplek is, sal jy baie van dié stories net op huisgenoot. com kan lees as jy op Netwerk24 inteken of vir die gratis proeftydpe­rk van 30 dae registreer.

Daar sal steeds ook gratis inhoud op huisgenoot.com wees, maar om die volle, ryk pakket van ons daaglikse aanbod en ons tydskrifin­houd te ontsluit en ons susterspub­likasies aanlyn te kan lees, moet jy eers op Netwerk24 inteken.

Groot koste is daaraan verbonde om gehalte-inhoud te skep; dus kan ons dit nie gratis weggee nie. Nes ons lesers ons papiertyds­krif al langer as 100 jaar koop, kry jy nou dieselfde – en soveel meer – inhoud as jy inteken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa