Huisgenoot

SY GELIEFDE ALTYD NET ’N HANETREE VER

- - l n

Al wys Henri feitlik geen emosie in die hof nie, lyk hy daarbuite gelukkig, byna sorgeloos. Net nadat die hof op sy verjaardag verdaag het, is hy sonder baadjie of das opgemerk waar hy en sy meisie van die afgelope byna twee jaar, Daniellé Janse van Rensburg (22), hand aan hand in Kaapstad se strate stap.

Hy glimlag, maar tog was dit vir hom ’n besonder moeilike dag in die hof, die derde dag dat hy self getuig het. Daarby moes hy kort voor middagete demonstree­r hoe hy ’n aanvaller sy broer en pa sien doodkap het.

In die getuiebank het hy op aandrang van die aanklaer die houtreplik­a van die byl wat hy beweer sy aanvaller gebruik het in sy regterhand geneem en die houe in die lug geslaan.

Met die middagpous­e het hy soos gewoonlik vinnig uit die hof verdwyn. Dan gaan hy na die een plek waar hy waarskynli­k veilig voel: sy advokaat se kantoor oorkant die hof- gebou, waar Daniellé vir hom wag. Op sy verjaardag het sy vir hulle ’n groot pizza bestel. Hulle het dit nie opgeëet nie, want toe die hof later die middag verdaag, het Henri met die boks by sy advokaat se kantoor uitgeloop. Hy het kalm, gelukkig en ontspanne gelyk toe hy en Daniellé na sy motor loop. ’n Mens sou maklik kon dink dis net nog ’n verliefde paartjie op ’n Kaapse lentedag . . .

Al het Daniellé tot dusver in die hofsaal in haar afwesighei­d geskitter, ry sy elke dag saam met Henri hof toe. Dan kyk sy in sy regspan se kantoor na die uitsending van die verhoor, vertel ’n bron.

Henri verkies dit so, want hy wil haar teen die media-aandag beskerm, verduideli­k die bron. Daniellé glo onwrikbaar in haar kêrel se onskuld, het sy tevore aan Huisgenoot gesê.

 ??  ?? BO en LINKS BO: Henri lyk ontspanne en verlief toe hy op sy verjaardag saam met sy meisie, Daniellé Janse van Rensburg, in Kaapstad se strate loop. HEEL BO: Elke dag ná die hofverrigr­inge trek Henri sy baadjie uit en loop saam met Daniellé na hul motor.
BO en LINKS BO: Henri lyk ontspanne en verlief toe hy op sy verjaardag saam met sy meisie, Daniellé Janse van Rensburg, in Kaapstad se strate loop. HEEL BO: Elke dag ná die hofverrigr­inge trek Henri sy baadjie uit en loop saam met Daniellé na hul motor.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa