Huisgenoot

TEENSTRYDI­GHEDE WAT BLY SPOOK 1

-

Henri beweer hy was in die badkamer toe die res van die gesinslede elders in die huis aangeval is. Maar volgens die bloedspats­elkenner kapt. Marius Joubert was meer as 67 bloedspats­els op Henri se slaapbroek impakspats­els. Dit dui volgens hom daarop dat Henri baie na aan elk van sy gesinslede was toe hulle met die byl gekap is. 2Voorts

beweer Henri nadat hy in sy en sy broer se slaapkamer met die aanvaller gestoei en die byl by hom afgeneem het, het hy uitgeloop na die gang en die byl na die aanvaller gegooi toe dié op die middelvlak van die trap was. Die staat wys daarop dat die beseerde Marli toe in die gang buite haar broers se slaapkamer­deur gelê het en Teresa by die boonste trappies. Henri sou daarom volgens die staat oor hulle moes geklim het, maar hy sê dis nie die geval nie. 3’ n Buurvrou in die De Zalze- landgoed (foto), Stephanie Op’t Hof, het getuig sy het die aand van die aanval tussen tienuur en kort ná middernag heftige stemme uit die Van Breda-huis gehoor, maar Henri beweer dit was toe hulle na die rolprent Star Trek Into Darkness gekyk het.

4Henri

sê hy herken nie die byl wat in die aanval gebruik is as die gesin se eie byl nie, maar wel die mes. Hy voer aan die aanvaller en ’n makker wat hy in die huis hoor praat het, het die landgoed se veiligheid­smaatreëls omseil, die gesin se huis binnegedri­ng en hulle daar bewapen om die moorde te pleeg. Die staat wys daarop dat net die messelaai in die kombuis oop was. Hoe sou die aanvallers presies geweet het waar die messe is? 5Die

staat beweer Henri het in die stort bloed van hom afgewas, maar hy sê die bloed kon daar beland het toe hy daar geskeer het – iets wat hy glo gereeld gedoen het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa