Huisgenoot

VARKVLEIS-STROGANOFF MET FILO-KORS

- 1 2 3 4 5 6 7

Filodeeg is ’n gesonder alternatie­f vir tradisione­le pasteideeg, want dit bevat minder vet. Ons spuit dit met kossproei pleks daarvan om dit soos gebruiklik met gesmelte botter te verf. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 40-45 min. STROGANOFF 600 g varkfilet,

in repies gesny sout en vars gemaalde

peper 15 ml (1 e) olyfolie 4 stingeluie, gekap 250 g sampioene,

in skyfies gesny 2 patats, geskil en in

klein blokkies gesny 15 ml (1 e) meel 60 ml (¼ k) natuurlike

jogurt VIR AFRONDING 250 g filodeeg ’n hand vol vars

pietersiel­ie, gekap Voorverhit die oond tot 230 °C.

Stroganoff

Geur die vleisrepie­s met die sout en vars gemaalde peper.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis in sarsies bruin. Moenie die vleis te lank braai nie; dit droog baie vinnig uit. Skep uit en hou eenkant.

Braai die stingeluie en sampioene tot gaar. Voeg die patatblokk­ies by en strooi die meel oor. Roer deur en giet 60 ml (¼ k) water by. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot die patatblokk­ies gaar is.

Skep die vleis terug in die kastrol; roer die jogurt by. Geur met nog vars gemaalde peper, indien verkies.

Verdeel die stroganoff tussen 4 bakkies of skep in 1 middelslag-oondbak.

Breek die filodeeg rofweg in stukke op. Frommel elke stukkie deeg op en druk op die vulsel. Bespuit die deeg met kossproei en bak 5-10 min. in die oond of tot ligbruin en bros.

Sprinkel die pietersiel­ie oor en sit voor.

Vir afronding

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa