Huisgenoot

POFOMELET MET TAMATIESAL­SA EN GUACAMOLE

-

Vermeerder die omelet deur styfgeklop­te eierwitte in te roer. Dit is veel gesonder as om nog ekstra heel eiers by te voeg. Dié gereg is vullend genoeg vir ’n ligte aandete. GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding: 20-30 min. Gaarmaak: 15 min. SALSA 250 g gemengde tamaties, in kwarte gesny 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) suurlemoen

sap GUACAMOLE 1 avokado, geskil en

ontpit ’n skeut suurlemoen­sap OMELET

4 eierwitte 2 eiers sout en vars gemaalde

peper VIR AFRONDING 1 wiel feta, gekrummel ’n hand vol spinasie,

gesnipper 30 ml (2 e) sonneblom

pitte, gerooster Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n pan wat in die oond kan kom goed met kossproei.

1 Salsa Meng alles en hou eenkant. 2 Guacamole Druk die avokado rofweg fyn en meng die suurlemoen­sap deur. Hou eenkant. 3 Omelet Klits die eierwitte styf en hou eenkant. 4 Klits die twee heel eiers liggies; geur met die sout en vars gemaalde peper. Vou die

eierwitte by die eiers in.

5 Verhit die pan op die stoof. Giet die helfte van die mengsel in die pan en braai 5 min. oor lae hitte.

6 Vir afronding Sprinkel van die feta bo-oor en bak 5-10 min. in die oond of tot goudbruin en gaar. Skep versigtig uit en herhaal met die res van die eiermengse­l.

7 Vul die omelette met die guacamole, spinasie, tamatiesal­sa en sonneblomp­itte. Vou toe en sit dadelik voor saam met volgraan- of rogrooster­brood.

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa