Huisgenoot

ALKOHOLIS-MAN DREIG MET SELFDOOD

-

My man is ’n alkoholis. Hy steek sy drank weg, en wanneer ek daarop afkom, dreig hy met selfdood. Ons is al 24 jaar getroud en het twee kinders. Ek stres elke dag. Hy drink ook wanneer sy bestuurder nie by die werk is nie. Ek kan sien hy skeep sy werk af. Ek is moedeloos, raadop, keelvol en teleurgest­eld.

L op LA

Dreigement­e oor selfdood moet nooit ligtelik opgeneem of weggepraat word nie. ’n Besliste verband bestaan tussen oormatige alkoholgeb­ruik en selfdood.

’n Drinksessi­e lei nie regstreeks tot selfdoodge­dagtes nie, en nie almal ervaar sulke gedagtes nie. Die beneweldhe­id kan wel party dranksugti­ges neerslagti­g laat raak en dan begin hul gedagtes in dié rigting dwaal. Sulke idees neem veral vorm aan by mense wat met ’n gefuif binne ’n kort tydjie smoordronk wil raak. Die gedrag kan hulle impulsief maak en hul oordeel aantas.

Sulke dreigement­e is daarom noodkrete, al kan dit soos pogings tot manipulasi­e voel as jy dit gedurig moet aanhoor.

Jy sal vir jou man moet hulp soek om ’n einde aan dié kringloop te maak. Net hy kan die besluit neem om na ’n rehabilita­siesentrum te gaan; niemand kan dit namens hom neem nie. Begin deur die verskillen­de behandelin­gs opsie smet h omte bespreek wanneer hy nugter is. Bel Alkoholist­e Anoniem by 0861-435-722 om te hoor waar jy leiding in jou omgewing kan kry.

Jy moet ook grense vir jouself stel sodat jy met jou lewe kan aangaan en jou eie identiteit kan terugvind. Jy het self deernisvol­le sorg nodig. Begin opsies ondersoek om self weer werk te vind en op jou eie te gaan vakansie hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa