Huisgenoot

TUSSEN VRIENDE

-

Deur Derick van der Walt (Queillerie, R225*)

Die voorblad laat ’n mens aan die fliek Love Actually dink, en sowaar, hier duik dit op in Derick van der Walt se jongste roman. Maar hy sê die fliek was glad nie die inspirasie vir Tussen Vriende nie.

“Ek het wel baie van die fliek gehou toe ek dit destyds gesien het. En, ja, ek raak nogal aangedaan en voel sommer beter oor die toestand van die mensdom wanneer ek op lughawens die hartseer en blydskap van die onbekende vertrekken­des en aankomelin­ge aanskou.”

Tussen Vriende is die verhaal van ’n hegte vriendekri­ng wat uit drie egpare bestaan. Een knoop ’n affair aan met ’n bloedjong kollega, een kry borskanker, een het ’n gewigsprob­leem, en een is hartseer ondanks baie suksesvoll­e plastiese chirurgie.

En dan is daar ’n seun in swart wat selde verskyn en dikwels verdwyn.

Wie van hulle is Derick se gunsteling karakter? “Ek het van almal gehou. “Adriaan, die tandarts, was op ’n manier my verwysings­karakter, en ek het die storie met hom begin en geëindig. Van die drie mans het ek my die meeste met hom geïdentifi­seer. Maar ek is glad nie hy nie. Ek is nie naastenby so ordentlik nie.

“Van die vrouekarak­ters het ek ’n sagte plekkie vir Phoebe. As ek haar dalk eendag raakloop, sal ek onmiddelli­k vir haar ’n glas wyn en ’n sny kaaskoek koop.”

Een van die drade waarvan die storie geweef is, is borskanker.

“Ek het ’n vriendin wat ’n paar jaar gelede hierdeur is en het nogal gewonder hoe mans voel as hul vrou in so ’n soort situasie beland,” vertel Derick.

“Ek waardeer dit baie dat my vriendin absoluut openlik en in die fynste besonderhe­de met my hieroor gepraat het.”

Will se mansvriend­e kry hom jammer toe sy affair op die lappe kom. Moet ’n verneuker simpatie kry?

“Ek het nie ’n idee nie. Waarskynli­k nie. En in die boek is dit maar net Adriaan wat Will jammer kry. Cassie en die ander karakters glad nie,” sê Derick.

“Ek wonder net partykeer of die situasies wat ons so maklik van buite af beoordeel en veroordeel altyd sulke wit of swart kwessies is.”

Daar is ’n jong karakter wat groot eise aan sy ouers se begrip stel. (Hy veroorsaak ook groot simpatie by en etlike trane vir die leser.)

“Hy is nie deur iets of iemand spesifieks geïnspiree­r nie.

“Ek wou maar net die feit belig dat ouers dikwels met hul kinders se vreemde keuses moet vrede maak al kan dit erg afwyk van wat jy dalk in jou geestesoog vir jou kroos beplan en voorsien het. En jy moet; dis hul lewe, en jy is lief vir hulle.”

 ??  ?? Derick van der Walt skryf oor ses intieme vriende en die dinge wat oor hul pad kom.
Derick van der Walt skryf oor ses intieme vriende en die dinge wat oor hul pad kom.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa