Huisgenoot

LAAT NOG ROLLE WAAI VOOR KERSFEES

-

GELUK; jy’s halfpad deur ons vierweekdi­eetplan! As jy die eerste twee weke gevolg het van dié gesonde eetplan wat ons in ons afgelope twee uitgawes gepublisee­r het, behoort die syfer op die skaal al te daal of kan jy begin voel jou klere sit effens losser. Rochez O’Grady en Sarah Gouws, geregistre­erde dieetkundi­ges van Munchwize Dietitians in Kaapstad, het vir Huisgenoot dié vierweekpl­an opgetrek wat jy kan uitknip en bêre. As jy ons vorige twee uitgawes misgeloop het en graag die gewigsverl­iesplan wil volg, is jy nie te laat nie. Jy kan die eetplanne vir week 1 en 2 steeds aanlyn kry (sien die rooi kassie heel regs onder). Vandeeswee­k publiseer ons die eetplan vir week 3, en volgende week volg die plan vir week 4. Wanneer jy klaar is met week 4, begin weer met week 1 sodat jy van al daardie ongewenste rolletjies ontslae kan raak. As jy by hierdie plan hou, kan jy tot 1 kg per week verloor. Rochez sê dit is die veiligste en gesondste om so tussen 0,5 en 1 kg per week te verloor. Maar onthou, die skaal is nie al manier om jou vordering dop te hou nie. Moenie vergeet om om jou maag, boude, bobene en boarms te meet nie, of voel net hoe ’n styfpassen­de klere-item nou aan jou sit. As jy nie voel jou staatmaker­jeans sit losser nie, het dit dalk iets te doen met daardie bier of glas wyn wat jy elke aand geniet. Een kan mos nie seermaak nie, of hoe? Ongelukkig is dit nie waar nie.

’n Drankie af en toe behoort nie jou vordering veel te belemmer nie, maar gereelde alkoholinn­ame kan keer dat jy jou doelgewig bereik.

“Dit is baie moeilik om te drink en gewig af te skud,” sê Rochez. “Alkohol bevat baie energie (kilojoules) en so ook die drankies waarmee dit gemeng word.

“Jou liggaam metabolise­er eers alkohol as ’n gifstof en verwerk daarna jou kos, wat beteken dit bêre op die ou einde die kos as vet. Alkohol ontwater jou ook, want dit is ’n urinedrywe­nde middel,” verduideli­k sy.

Maar dis ’n moeilike tyd van die jaar om skielik drank te laat staan, want die feestyd met al sy gesellighe­de is byna hier. Rochez se raad is jy moet deeglik bewus wees van wat jy inneem. “Drink stadig, voeg water, soda- of vonkelwate­r pleks van mengerdran­kies by die alkohol, skep baie ys in en drink tussen drankies ’n glas water. Of stel ’n beperking op hoeveel drankies jy gaan drink.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa