Huisgenoot

MIN DAE VOOR DERDE BABA SE KOMS

-

DIE SWANGERSKA­P

Kate voel met dié swangerska­p aansienlik beter as die vorige kere, het ’n bron na aan die familie aan die skindertyd­skrif Us Weekly gesê.

Die atmosfeer in Kensington­paleis is feestelik, sê die bron. Prins George en prinses Charlotte “weet mamma verwag ’n boetie of sussie en is baie opgewonde.

“William en Kate is dié keer baie gemakliker en ná twee kinders voel alles net ’n bietjie makliker vir hulle. Hulle fokus nou op Kate en die baba se gesondheid.”

Die ouerpaar wil hê hul baba se geslag moet ’n verrassing wees. Hulle het nou al een van elk en die derde se geslag is vir hulle om’t ewe. Die nuweling, wat die vyfde aanspraakm­aker op die Britse troon sal wees, sal waarskynli­k nes George en Charlotte in die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal in Londen gebore word. Maar daar is fluisterin­gs Kate verkies ’n geboorte by die huis.

HAAR BINNEKRING

Waar die bevalling ook al gebeur, dis taamlik seker dat Alan Farthing, haar ginekoloog, haar weer sal bystaan. Die 54-jarige dokter het sy aftrede eers uitgestel om die hertogin by te staan tydens haar swangerska­p en die geboorte.

Pippa, wat saam met haar man, James Matthews, naby aan die Cambridges se “woonstel” van 22 vertrekke in Kensington woon, staan Kate deesdae dikwels by.

Haar ma, Carole Middleton, het oorgeslaap toe Kate se naarheid op sy ergste was. Klein George is ook byderhand. “George is te oulik,” vertel iemand in die binnekring. “Wanneer sy ma siek is, wil hy heeltyd by haar wees en hand bysit, al is dit om iets te drinke of te lese aan te dra.”

Maria Borrallo, die kindervers­orger wat vir George en Charlotte in diens geneem is, sal ook na die nuweling omsien.

“Die hertog en hertogin dink hulle kan alles hanteer met die huidige personeel.”

Kate het wel ’n nuwe assistent. Catherine Quinn is onlangs as die hertogin se privaat sekretares­se aangestel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa