Huisgenoot

Leser sê hoe ontrou jou ontgogel

Nadat woedeboods­kappe van Susan Rohde aan haar man en sy skelmpie uitgekom het, deel ’n leser haar pynlike verhaal

- Deur HILDA VAN DYK en ALMARI WESSELS

WIE sou kon dink die mooi blondine met die skitterwit glimlag wat langs die skatryk sakeman, die pa van haar drie kinders, op foto’s pryk sou sulke desperate, kwetsende woorde kon kwytraak? In die moordverho­or van die skatryk sakeman Jason Rohde het hofgangers na hul asem gesnak toe die WhatsAppbo­odskappe voorgelees word wat sy vrou, Susan, kort voor haar dood aan sy skelmpie gestuur het. Ook aan haar man het die 47-jarige ma van drie woedende woorde gestuur.

“Jy gaan vandag sterf, en sy ook!!!” lees een van die boodskappe wat Susan vir Jason gestuur het. Die “sy” na wie Susan verwys, is Jolene Alterskye, die kollega en minnares van die voormalige uitvoerend­e hoof van die eiendoms agentskap Lew Geffen Sotheby’s Internatio­nal.

Die plofbare boodskappe wat in die Kaapse hooggeregs­hof voorgelees is, verklap waarskynli­k die geestestoe­stand van Susan, wie se lyk verlede jaar op 24 Julie in haar hotelkamer op die spoglandgo­ed Spier naby Stellenbos­ch gevind is. Jason is van moord aangekla en word tans verhoor.

In sy pleitverdu­ideliking het hy oor sy vrou gesê: “Ek glo, met respek, die spoed waarteen haar emosies gewissel het en haar onvermoë om rede te verstaan of haarself rasioneel te laat geld het tot haar selfdood gelei.”

Maar nadat die selfoonken­ner AnneMarie van Niekerk getuig het oor die inhoud van die driestuks se WhatsApps aan mekaar word opnuut oor Susan se geestestoe­stand gegis.

Hoe desperaat en ontsteld moes sy gewees het om haar man se skelmpie sulke vreeslike belediging­s toe te snou dat Jolene teruggekap het met “gaan was jou mond”?

Kon dit wees dat Susan kon aanvoel haar man dryf ál verder van haar af weg – en dat sy radeloos en buite haarself van desperaath­eid gevoel het?

Hoe voel dit wanneer ’n huwelik waaraan jy met alle mag probeer vasklou weens ’n derde party verbrokkel?

Hier deel ’n Huisgenoot-leser haar eie verhaal van pyn en hartseer en onthul: Dís hoe dit voel wanneer jy uitvind jou man het ’n buite-egtelike verhouding – en dís hoe diep jy in die ellende neerdaal wanneer jou hele lewe onder jou wankel . . .

 ??  ?? HOOFFOTO en INLAS: Jason Rohde staan tans tereg vir die moord op sy vrou, Susan. WhatsApp-boodskappe kort voor haar dood in Julie verlede jaar wys hoe woedend sy was oor haar man se buite-egtelike verhouding.
HOOFFOTO en INLAS: Jason Rohde staan tans tereg vir die moord op sy vrou, Susan. WhatsApp-boodskappe kort voor haar dood in Julie verlede jaar wys hoe woedend sy was oor haar man se buite-egtelike verhouding.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa