Huisgenoot

Alles oor die Henri van Breda-verhoor

-

SKUINS voor 10 op ’ n Woensdagog­gend wemel dit soos in ’n byekorf voor die hooggeregs­hof in Kaapstad. Advokate met swart mantels om die skouers stap tussen ander hofgangers, mediamense en nuuskierig­es deur wat voor die ingang saamdrom. Aan die oorkant van die straat staan Henri van Breda na die fotograwe en kyk wat daar met hul kameras regstaan. Die joernalist­e wat hom al weke lank stilletjie­s in hofsaal 1 dophou, is ook daar. Van hulle gaan later op die hof se vuil sementtrap­pies sit. Almal wag net vir hom, selfoon in die hand en gereed ereed om die enigste beskuldigd­e in die ie De Zalze-bylmoordsa­ak af te neem. Plekplek rook iemand gou ’n laaste sigaret garet voor hulle deur die hof se groot houtdeure na binne loop. Die reuk van sigaretroo­k . . . Die vorige dag het Henri in die hof of getuig hoe hy die oggend van 27 Ja- nuarie 2015 drie Camel-sigarette in n sy ouerhuis se kombuis gerook het etlike ure nadat sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), en broer, Rudi i (22), met ’n byl doodgekap is. Oommblikke tevore het hy nog sy ouer broer er hoor roggel, waarskynli­k weens die bloed in sy keel, en het hy gesien hoe oe sy suster, Marli (toe 16), die enigste ander oorlewende gesinslid, een van haar bene en arms roer waar sy in ’n plas bloed d lê.

Dit was net te veel vir hom, het Henri aan regter Siraj Desai gesê. Hy wou di die nooddienst­e bel, maar moes eers kalm raak. Toe gaan haal hy sy pakkie Camels, gaan sit by die kombuistaf­el en steek die een sigaret ná die ander aan. Hy het die as op die vloer laat val en nog voor ’n sigaret behoorlik uitgebrand het die stompie op die vloer neergegooi en die volgende een uit die pakkie gehaal.

Vanoggend hou Henri sy e-sigaret in sy

Hier’s alles wat jy moet weet wat in en om die hof gebeur waar Henri van Breda verhoor word – van sweet- en skokoombli­kke tot liefdevoll­e vertroosti­ng Deur JOANIE BERGH, COLIN HENDRICKS en LARA ATSON

regterhand. h dD Dan knoop k hy h sy donkerblou d k bl baadjie vas, pluk sy das reguit en begin stadig oor die straat stap, al nader aan daardie “korf ”.

Henri staan tereg op die driedubbel­e moord op sy ouers en broer en word ook aangekla van poging tot moord op Marli (nou 18) en van regsveryde­ling.

Die fotograwe sien hom en skielik hoor ’n mens kameras klik. Hy kyk net reguit voor voo hom uit terwyl hy aanstryk na die houtdeure hou toe.

“Gelukkige “verjaardag, Henri,” skree ’n fotograaf. Klik-klik. Henri knik in die fotograaf se rigting. Dis 1 November, die dag dat sy ma 23 j jaar gelede die lewe aan hom geskenk het. Dit is al Henri se derde verjaardag sonder sy gesinslede. As kind het hy die dag waarskynli­k saam met sy gesin deurgebrin­g, dalk om ’n koek met kersies en gelukwense wat vir hom gesing word.

Maar vandag deel hy sy verjaardag met die mense in hofsaal 1. Ná byna 60 dae ken hy die mure en die mense van hierdie hof al goed.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Henri van Breda het eindelik die getuiebank ingeneem om self aan die hof te vertel wat presies gebeur het toe sy f familie op 27 Januarie 2015 met ’n byl aang geval is. Hy was ook die laaste getuie in die saak. LINKS: Die man wat Henri se lot gaan bepaal, regter Siraj Desai.
HOOFFOTO: Henri van Breda het eindelik die getuiebank ingeneem om self aan die hof te vertel wat presies gebeur het toe sy f familie op 27 Januarie 2015 met ’n byl aang geval is. Hy was ook die laaste getuie in die saak. LINKS: Die man wat Henri se lot gaan bepaal, regter Siraj Desai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa