Huisgenoot

So verander Huisgenoot-fliek ons lewe

’n Jaar ná Vir die Voëls vertel Simoné en Francois hoe die fliek hul lewe verander het Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: LUBABALO LESOLLE

-

EK SOEK ’n Sampie,” was 2017 se hutsfrase van die jaar, spot Francois Jacobs.

Byna elke dag het die 28-jarige akteur iewers by ’n vrou gehoor hoe sy ook ’n “Sampie” begeer.

“Baie vroue wou by my weet of daar nog sulke mans bestaan,” vertel die ster oor sy karakter in Huisgenoot se eeufeesfli­ek, Vir die Voëls.

Presies ’n jaar het verbygerol sedert dié fliek uitgereik is, en Francois glimlag steeds breed toe hy vertel hoe sy eerste hoofrol in ’n rolprent sy lewe verander het. Daardie groot glimlag en ondeunde streep, sy deursettin­gsvermoë en toewyding om die liefde te laat werk het alles van Sampie ’n droomman vir duisende bewonderaa­rs gemaak.

Aan Francois se sy is die 27-jarige Simoné Nortmann, sy medester in die fliek wat die rebelse en oopkop Irma speel. Ook Simoné se lewe het soos handomkeer verander sedert sy as Irma voor die kansel vasgesteek en die trougaste vertel het hoekom sy Sampie so hard vir haar liefde laat werk het.

“Ek kry talle boodskappe van mense wat vir my vertel hoe hulle hulle met Irma vereenselw­ig en trane in die fliekteate­r afgevee het,” vertel Simoné.

Vir die Voëls is gegrond op die ware liefdesver­haal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle wie se liefdespad so ryk aan intrige was dat dit uit honderde Huisgenoot-lesers se inskrywing­s as inspirasie vir die draaiboek gekies is. Die fliek is in samewerkin­g met kykNET en The Film Factory vervaardig.

Die twee jong akteurs het onlangs vir hul toneelspel in dié rolprent elk ’n Tempo-toekenning gewen – as aktrise en akteur van die jaar – en Vir die Voëls is met ’n Tempo as rolprent van die jaar bekroon.

Boonop het Simoné pas teruggekee­r uit Amerika, waar sy Vir die Voëls die afgelope maand verteenwoo­rdig het op drie van die vyf internasio­nale rolprentfe­este waarvoor dit gekies is. Om die kroon te span is sy op een van die feeste, die Tallgrass-fees in Kansas, as die beste aktrise in ’n hoofrol aangewys. En op die

gesogte Edmonton-fliekfees in Kanada het die rolprent die prys vir die beste internasio­nale rolprent verower.

Die fliek het van Irma en Sampie rolmodelle gemaak, vertel die akteurs. “Die De Klerks is deesdae bekende name en gesigte – selfs in Amerika,” vertel Simoné.

“Ek het hulle by die Aardklop-kunstefees in Potchefstr­oom gesien, en Irma borrel oor. Dis wonderlik om te sien watter geleenthed­e die ervaring haar gegee het, soos om meer te skryf en selfs praatjies by geleenthed­e te lewer.”

Hulle het ook albei nog kontak met die De Klerks. Francois stuur af en toe vir hulle ’n e-pos en Simoné gesels nog gereeld met Irma.

STORIES wat mense se hart aanraak – soos Irma en Sampie s’n – moet vertel word, sê Francois. “Dit verander lewens.” Dis dié dat hy en Simoné Huisgenoot-lesers nou aanmoedig om hul ware liefdesver­hale in te skryf vir Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompe­tisie. (Sien die kassie.)

Vir die Voëls het nie net Irma en Sampie se lewe ingrypend verander nie; dit het ook nuwe geleenthed­e geskep vir die twee jong akteurs.

Francois was voorheen hoofsaakli­k te sien in skurk- of boelieroll­e, onder meer as Henk in 7de Laan en Tyres in die fliek Hollywood in My Huis.

“Dit was lekker om vir ’n slag die gawe ou te speel,” vertel die akteur, wat deesdae ’n aanbieder in die kykNET-reeks Fiësta is en ook nou speel in wyle PG du Plessis se toneelstuk Die Nag van Legio in die Kunstekaap in die Moederstad.

Simoné het voor haar rolprentde­buut in Vir die Voëls net as die skoolmeisi­e Nadia in 7de Laan en as Joanie in die eerste seisoen van die kykNET-komedieree­ks Hotel verskyn. Sy sê sy voel steeds emosioneel wanneer sy oor Vir die Voëls praat. “Dit was ’n voorreg om ’n fliek te maak wat so ’n dapper storie vertel.”

Sy is tans te sien in die tweede seisoen van Hotel op kykNET.

Die twee het albei aan die Universite­it Stellenbos­ch drama studeer en mekaar daar leer ken, maar eers ’n hegte vriendskap gesmee terwyl hulle aan Vir die Voëls gewerk het.

Francois bewonder Simoné se eerlikheid. “Simone sal sê wat op haar hart is. Sy is ’n straight shooter.”

Al kom hulle goed klaar, verskil hulle ook taamlik baie, verduideli­k Simoné.

“Ek is beslis die introvert en hy die ekstrovert.”

Simoné meen dis juis hul verskille wat die vonk na die silwerdoek gebring het.

DIE belangriks­te liefdesles wat Simoné se rol in Vir die Voëls haar geleer het, is om nooit jou ware self weg te steek nie. “Irma was so onbeskaamd haarself, ten spyte van al haar seerkry.

“Ek is deesdae meer realisties oor die liefde. Irma en Sampie se verhaal het vir my gewys dat liefde ’n keuse is en tyd verg,” verduideli­k sy.

Simoné is deesdae enkellopen­d nadat sy die afgelope ses jaar iemand in haar lewe gehad het. Sy erken: “Dit was iets groots vir my: om oukei te wees om alleen te staan en dinge alleen te doen.”

Francois is ook enkellopen­d, maar sê hy glo “aanhouer sal wen tot op ’n punt. ’n Mens moet mekaar in die middel ontmoet om dit te maak werk.”

By Sampie het hy geleer ’n mens hoef nie volmaak te wees om onvoorwaar­de- like liefde te gee of te ervaar nie. “Niemand is perfek nie; julle moet mekaar se verskille aanvaar; dis tog wat julle in die eerste plek op mekaar verlief gemaak het.

DIE silwerdoek is ’n plek waar albei die volgende klompie maande sal boer. Van 8 Desember af is Simoné saam met Leandie du Randt Bosch te sien as die veeartseny­kundestude­nt Nikki in die rolprent Vuil Wasgoed. In Februarie begin die verfilming van Ivan Botha se nuwe fliek, Stroomop, waarin sy Vivian speel, ’n karakter wat haar grootste vrese konfrontee­r.

Francois sal te sien wees in die fliek Kanaries, wat handel oor die Weermag-koorgroep wat tydens die Grensoorlo­g opgetree het. Hy vertolk daarin die rol van die boelie, Tian.

Die twee is in April saam te sien in die rolprent Wonderlus, maar speel nie teenoor mekaar nie en het nie saam tonele geskiet nie. Simoné speel Lindie, die akteur Stiaan Smith se liefdesbel­angstellin­g, terwyl Francois nie meer wil verklap oor sy karakter, Dawid, nie. Die fliek handel oor ’n troue wat skeefloop en ’n groep vriende wat ná die troue wil uitpluis wat gebeur het.

Hulle het talle toneelspee­llesse in Vir die Voëls geleer wat hulle altyd sal bybly. Francois koester die dissipline en verantwoor­delikheid wat sy eerste hoofrol by hom gekweek het.

Simoné sê sy het veral besef hoe belangrik spanwerk is.

“Dit gaan nie oor een persoon nie; dis ’n goed geoliede masjien. Daar is nie plek vir divas nie.”

 ??  ??
 ??  ?? Simoné Nortmann en Francois Jacobs se toneelspel as Irma en Sampie de Klerk in Huisgenoot se eeufeesfli­ek, Vir die Voëls, het hul lewe vir ewig verander.
Simoné Nortmann en Francois Jacobs se toneelspel as Irma en Sampie de Klerk in Huisgenoot se eeufeesfli­ek, Vir die Voëls, het hul lewe vir ewig verander.
 ??  ?? Simoné en Francois saam met Sampie en Irma de Klerk, op wie se liefdesver­haal Vir die Voëls gegrond is.
Simoné en Francois saam met Sampie en Irma de Klerk, op wie se liefdesver­haal Vir die Voëls gegrond is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa