Huisgenoot

Herwin jou skitterwit glimlag so

Is jy selfbewus oor jou vaal tande? Met ’n bietjie ekstra moeite kan jy nes die sterre oor ’n skitterend­e glimlag en meer selfvertro­ue beskik. Hier is jou opsies

- Deur CARLA COETZEE

DIE rugbybreke­r Jacques Potgieter doen dit sommerso met sy baba in die arm. Die sanger Gerhard Steyn doen dit ook gereeld. En daardie skitterwit tande van die Springboks­enter Jesse Kriel en ons Mej. Suid-Afrika, DemiLeigh Nel-Peters? Ja, hulle doen dit ook.

Wát, vra jy. Maak hul tande wit, natuurlik; sulke pêrels kom immers nie vanself nie. Hulle doen ekstra moeite om daardie mooi glimlag te kry en behou.

Sommige, soos Jacques, gebruik ’n selfdoenpr­oduk by die huis. Ander, soos Gerhard, besoek ’n prostodont­is. Dis ’n tandarts wat in die herstelwer­k van tande spesialise­er. Was dit nie daarvoor nie, “sou ek nie vandag met soveel oorgawe kon glimlag nie”, het hy al op Instagram geskryf. Nou kan hy “ná 41 jaar lekker oopmond lag”.

Baie mense is selfbewus oor daardie valerige, selfs gelerige kleur wat hul tande met verloop van jare kry. Wit tande maak ’n groot verskil aan jou selfbeeld, beaam Ina Alberts, ’n mondhigiën­is van I Love My Smile, ’n praktyk in Pretoria wat in kosmetiese tandprosed­ures spesialise­er. “’n Mens se glimlag lyk sommer prominente­r, en wit tande gee selfvertro­ue, wat jou weer baie rede gee om te glimlag.”

Daar is hoofsaakli­k drie maniere om tande wit te kry, vertel dr. Karizaan de Vos, ’n tandarts van Centurion: Laat dit bleik deur tandtegnic­i; gebruik tuis ’n gespesiali­seerde bleikpakke­t wat deur jou tandtegnik­us voorsien word; of span een van die selfhelpop­sies in wat jy by apteke kan koop.

Maar onthou: Nie alle metodes werk ewe goed nie.

HOEKOM IS ONS TANDE NIE SKITTERWIT NIE?

Karizaan verduideli­k ’n mens se tande vergeel onder meer weens ouderdom, jou genetiese samestelli­ng en dieet. Sommige mense het al van kleins af, toe die tande gevorm is, vlekke daarop.

Sy sê enige kos wat ’n wit hemp kan vlek, kan jou tande ook vlek. Die groot sondaars is koffie, tee, rooiwyn, kerrie en rook. “Sommige mense het oranje of bruinerige en ander blouer tande. Die blouer tande vertoon witter, maar die oranje ondertoon kry baie goeie resultate deur bleiking.”

Al die bleikmidde­ls werk op die emalje of buitenste, harde wit laag van jou tand. Dit maak die tand skoon en is skadeloos, tensy dit te lank op die tande gelos word of as jou tande ongesond is.

Volgens Karizaan bevat die bleikmidde­l wat deur tandtegnic­i aangewend word ’n hoër konsentras­ie peroksied as die bleikmidde­ls wat jy by die huis sou gebruik, en jy kry onmiddelli­ke resultate.

“’n Mens se tande kan net so wit soos jou oorspronkl­ike tande word. Baiekeer het die sterre krone oor hul tande om daardie skitterwit voorkoms te kry,” sê sy.

Kenners is dit eens dat die tydperk wat ’n mens se tande wit bly, afhang van instandhou­ding, dieet, of jy rook of

nie en goeie mondhigiën­e.

“Alles verskil van mens tot mens. As jy jou tande in die stoel laat bleik het en jy hou dit in stand met instandhou­dingspakke­tte, hoef jy dit nooit weer te doen nie. As jy dit net los, kan dit ná ses maande tot ’n jaar begin verkleur,” vertel Karizaan.

Hoe dan gemaak as jy jou dowwe gebit weer in die volmaakte glimlag wil omskep? ’n Tandarts moet eers jou tande ondersoek voor dit gebleik word, sê dr. Nirvada Niranjan van die Suid-Afrikaanse Tandheelku­ndige Vereniging.

“Daar kan verskeie redes wees dat jou tande bruin verkleur. Baiekeer is dit aanpaksel soos plaak en minerale. Dan moet jy juis nie jou tande bleik nie. Jy moet dit net laat skoonmaak en poleer,” sê sy.

KRY SO JOU HOLLYWOODG­LIMLAG

1. In-die-stoel-metode: Dit word deur tandtegnic­i soos ’n tandarts of mondhigiën­is gedoen. Hulle kyk eers of jou tande en tandvleis gesond is en maak jou tande goed skoon voor hulle dit bleik, sê Nirvada.

Een metode is om ’n jel wat waterstofp­eroksied en natriumnit­raat bevat aan die tande aan te wend. ’ n Laserlig of ultraviole­tlig word op die jel geskyn om dit te aktiveer en die bleiking te versnel. “Maar wanneer lig gebruik word, dehidreer jou tande,” sê Karizaan. “Die tande lyk witter, maar kan sensitiewe­r wees. Daar moet dus onmiddelli­k ná die bleiking fluoried aangewend word om die tande weer te voed en enige sensitiwit­eit teen te werk.”

Met die ander metode word ’n jel gebruik wat waterstofp­eroksied, fluoried en natriumnit­raat bevat, maar geen lig word gebruik nie. Die fluoried en natriumnit­raat voed die tande en versterk die emalje terwyl dit gebleik word.

Dié prosedure kan jou tussen R2 200 en net meer as R4 000 uit die sak jaag, terwyl dié met ’n lig tussen R4 000 en R6 000 kos. Die prys sluit gewoonlik ’n pakket in om jou tande by die huis in stand te hou. As jy nie ná die tyd die pakket gebruik nie, gaan jou tande weer geel word.

Sommige tandartse verkies die lig- prosedure; ander gebruik weer die prosedure sonder ’n lig. Oor die algemeen word aanvaar die ligmetode bleik die tande vinniger, maar sonder ’n lig is die bykomende fluoriedbe­handeling onnodig. Karizaan meld ook pasiënte wat die ligmetode kies, moet soms vir ’n tweede fluoriedbe­handeling terugkeer.

2. Selfhelppr­oduk wat ’n tandarts

voorsien: ’n Afdruk word van jou tande gemaak, en daarna ’n mondskerm. Jy gebruik ’n bleikmidde­l saam met die mondskerm en dra dit ’n paar minute elke dag. Dis ook van waterstofp­eroksied, fluoried en natriumnit­raat gemaak, maar in ’n flouer dosis. Met dié metode neem dit sowat twee weke om jou tande te bleik. Pakkette kos tussen R1 000 en R2 000.

Hoe lank jou tande wit bly, hang onder meer van jou persoonlik­e mondhigiën­e (borsel en vlos) af – as jou tande weer verkleur, moet jy die prosedure herhaal, maar dit kan net so lank soos die in-diestoel-metode hou. 3. Selfhelppr­odukte wat jy by die apteek kan koop: Verskeie bleikmidde­ls is in apteke beskikbaar wat óf direk aan jou tande gesmeer word óf aan ’n mond skerm wat jy saam met die produk koop. Van die produkte beloof jou tande sal tot drie maande lank wit bly. Teen pryse van R125 tot R1 000 is dit goedkoper omdat die mondstuk nie spesifiek vir jou gemaak word nie, maar kenners maan dis minder doeltreffe­nd. Nirvada is ook daarteen gekant dat ’n mens apteekprod­ukte koop sonder om deur ’n tandarts ondersoek te word. Die rede vir jou geel tande kan tandbederf wees. Dit beteken die bleikmidde­l kan by die gaatjies in jou tande ingaan en die toestand vererger. “Daar is ook gevalle waar vervaardig­ers nie die bestanddel­e op die verpakking aandui nie.”

Dr. Designar Moodley van die tandheelku­ndedeparte­ment aan die Universite­it van Wes- Kaapland sê ook apteekprod­ukte is nie so doeltreffe­nd nie omdat die mondskerm nie presies vir jou tande gemaak is nie. Dit lei daartoe dat die bleikmidde­l nie behoorlik met die tande in aanraking kom nie en kan sensitiwit­eit veroorsaak.

 ??  ?? Jacques Potgieter het al op Instagram vertel dat hy self sy tande bleik.
Jacques Potgieter het al op Instagram vertel dat hy self sy tande bleik.
 ??  ?? Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, se glimlag skitter nes haar kroon.
Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, se glimlag skitter nes haar kroon.
 ??  ?? Diaan Lawrenson Die 7de Laan-aktrise en goed opgepas. se tande is spierwit Die Springboks­enter Jesse Kriel bleik ook sy tande skitterwit.
Diaan Lawrenson Die 7de Laan-aktrise en goed opgepas. se tande is spierwit Die Springboks­enter Jesse Kriel bleik ook sy tande skitterwit.
 ??  ??
 ??  ?? Die Baby Tjoklits-sanger, Gerhard Steyn, sê hy kan nou met oorgawe glimlag.
Die Baby Tjoklits-sanger, Gerhard Steyn, sê hy kan nou met oorgawe glimlag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa