Huisgenoot

TV-rol én twee nuwe flieks vir Mila Guy

Mila het Suid-Afrika so gemis in NieuSeelan­d dat sy teruggekom het, en nou speel sy Malanie in Hotel asook in twee nuwe flieks

- Deur MARIZKA COETZER

DIE lewe op die derde verdieping van dié woonstelko­mpleks in Johannesbu­rg is byna soos iets uit die TVreeks Friends. Die wie’s wie van die plaaslike vermaakbed­ryf woon immers deesdae hier . . . Aan die een kant woon die aktrise Melissa Willering, oftewel Chrissie in die sepie Getroud met Rugby; aan die ander die akteur en grapjas Bennie Fourie, Phil in die kykNET-reeks Phil 101. Die aktrise Ansu Visser van Vir die Voëls woon ook hier, en Burger Meyer, ’ n skrywer by Getroud met Rugby.

En dan is daar die twee aktrises wat die plaaslike vermaakbed­ryf die afgelope jaar stormgeloo­p het: Simoné Nortmann, wat die hoofrol vertolk het in Vir die Voëls, en Mila Guy, haar vriendin en medester in die kykNET-sitkom Hotel. Dié twee is soos hoofkarakt­ers in die gemoedelik­e gemeenskap op die derde verdieping, en hulle is boonop woonstelma­ats.

Met haar geel kelnerinpa­kkie, aweregse sêgoed en onskuldige glimlag het Mila se Hotel-karakter, Malanie Schmidt, gou in kykers van dié program se hart ingekruip. Die 25-jarige Mila is net so spraaksaam soos haar karakter toe sy ons op ’n Sondagogge­nd vroeg by die woonstelko­mpleks verwelkom.

Terwyl ons met die trappies boontoe klim, gesels sy land en sand en vertel ons van die lewe op die derde verdieping. Dit is hier waar die jong akteurs wat ons deesdae voor die kassie vasgenael hou saans hul skoene uitskop en nes die res van ons ná ’n lang dag ontspan.

Mila het die skerm die afgelope jaar soos ’n warrelwind getref. Sy is nog tot die einde van die jaar te sien in Hotel, maar speel ook in twee nuwe flieks, die komedie Liewe Kersfeesva­der, wat vanaf 17 November in teaters gewys word, en die drama Wonderlus, wat aanstaande April uitgereik word ná ’n suksesvoll­e debuut op die kykNET Silwersker­mfees.

Terwyl haar oulike karakter in Hotel deesdae smoorverli­ef is op die kinderlike en naïewe hoteljoggi­e, Danny Beyers ( gespeel deur die komediant Schalk Bezuidenho­ut), sal ons Mila in Wonderlus in volle bruidsgewa­ad voor die kansel sien staan. Daardie einste toneel het haar tot nuwe insigte gebring, vertel sy.

“Ek het nooit regtig van trou gedroom nie, maar toe ek met die trourok aan kansel toe stap, het ek besef: Wow, dis ’n vreemde gevoel . . . Anders as my vriendinne het ek maar altyd van my werk as aktrise gedroom,” vertel Mila, wat al amper vyf jaar in ’n vaste verhouding is.

Die toneeldroo­m het vinnig waar geword sedert sy in 2014 haar debuut gemaak het as die kinderoppa­sser Zanel in die sepie Binnelande­rs. ’n Jaar later het sy die eerste keer op die silwerdoek ver-

skyn: as Karlientji­e Koekemoer in die fliek Ballade vir ’n Enkeling.

Sy het haar rol in die nuwe fliek Liewe Kersfeesva­der veral geniet omdat dit gaan oor hoe belangrik familie is, vertel Mila in die gesellige sitkamer van haar woonstel met sy mengsel van turkoois en geel aksentkleu­re.

In die fliek vertolk sy die rol van Nonnie, wat ter wille van haar familie moet sterk wees. “Sy sien haar pa gaan deur ’n moeilike tyd en dink: k: ‘Reg, Reg, ek gaan hom hierdeur help en dinge fix.’ Soms is sy hardkoppig, ’n bietjie soos ek. ’n Mens het altyd jou familie nodig; hulle het soveel om jou te bied,” vertel sy van ’n les wat sy uit die rolprent geleer het.

Me ILA LAi is di die oudste dt van Johan (47), ’n siviele ingenieur, en Belinda (48), ’n onderwyser­es, se twee kinders. Sy en haar suster, Maró (22), het van jongs af vir hul ouers konsert gehou in Pretoria, waar hulle deels grootgewor­d het. “Soms het ons modeverton­ings gehou en ander kere sommer net liedjies gesing,” onthou sy. “Ek wou eers net sing, maar my pa het gesê ek moet eerder ’n storie vertel terwyl ek sing, anders gaan ’n mens mos niks voel nie.”

Toe sy besef hoe lekker dit is om stories te vertel, het die toneelgogg­a gebyt. Aan die Laerskool Bergland in Nelspruit het Mila dramalesse geneem. Sy was 14 toe die gesin emigreer na Nieu-Seeland, waar haar ouers steeds in Palmerston North op die Noordeilan­d woon.

Al het sy die skoollewe in Nieu-Seeland geniet, het sy na Suid-Afrika bly hunker, veral na ons humor en die kos. Melktert is haar gunsteling. “Jy is ’n tiener oorsee en Afrikaans, maar nou moet jy begin Engels praat, plus jy is in ’n ander kultuur vasgevang,” verduideli­k sy.

In dieselfde asem vertel Mila hoe mooi Nieu Seeland is. “Oral is die see net 30 of 40 minute se ry weg. Ek love die see, maar hul see is baie koud. Die lug in NieuSeelan­d is baie anders; dis baie mooi en skoon. Dit is ’n pragtige land.” En dan voeg sy by: “Dis net nie my land nie.”

Sy was ’n eerstejaar­dramastude­nt eerstejaar aan die di Universite­it U i it it van A Auckland toe haar ouma Thea Stigling (65) van Nelspruit vra waarom sy nie eerder in Suid-Afrika verder studeer nie. “Ek het eers gedink sy is laf. Maar hoe meer ek daaroor nagedink het, hoe meer het dit begin sin maak.”

Begin 2012 het Mila by die Universite­it van Pretoria ingeskryf. “Ek het die Donderdag geland, die Vrydag ’n oudisie by Tukkies afgelê en is dieselfde dag nog aanvaar. Die Saterdag het ek in Pretoria begin blyplek soek, die Sondag ingetrek en Maandag my eerste klas gedraf.”

In haar tweede jaar het sy “op ’n Dinsdagaan­d in ’n kuierplek” ’n man ontmoet wat haar hart gesteel het, en hy is steeds die man in haar lewe. Al wat sy verder oor hom wil verklap, is dat “hy nie in die toneelbedr­yf is nie en hier naby woon”. En nee, hulle het nog nie trouplanne nie.

In 2014, dieselfde jaar dat sy haar studie voltooi het, het sy die rol van Zanel in Binnelande­rs losgeslaan. “Ek gaan nie jok nie; dit was overwhelmi­ng. Maar dit was ook vreeslik lekker.”

Mila gesels ewe geesdrifti­g oor haar rol in Hotel. Oor haar medester Schalk vertel sy: “Hy het my baie laat lag. Hy is baie natuurlik en neem sy werk ernstig op.”

En die langverwag­te soentoneel tussen hul karakters, Danny en Malanie? “Daar was nie eintlik iets daaraan nie; dis mos maar speel-speel,” sê sy met ’n laggie.

Nes haar en haar karakter se liefdeslew­e ligjare van mekaar verwyder is, verskil hul persoonlik­heid. “Ek sal nooit so kwaai kan wees soos Malanie nie.”

Sy wens wel sy kon so maklik soos haar karakter nee sê, maar is te bang sy sal mense dan teleurstel. “Maar hoe ouer ’n mens word, hoe makliker raak dit.”

AL HET die mense hier op die derde verdieping al byna soos familie geword, verlang sy baie na haar ouers – en na haar ma se groentesop. Haar suster het darem vanjaar aan die UP kom studeer vir ’n B.A.-graad in visuele studie. Mila sien haar ouers een keer per jaar. Die res van die tyd skype hulle gereeld. “Wanneer hulle kom kuier, is dit gewoonlik een lang opvangsess­ie.”

Haar ouers kom juis in die feestyd kuier, en Mila gaan saam met hulle, sus Maró, ouma Thea, oupa Francois Stigling en nog familieled­e op Ballito aan die kus van KwaZulu-Natal Kersfees hou. En wanneer sy oor dié tyd te sien is in Liewe Kersfeesva­der, kry sy self die grootste geskenk wat Kersvader vir haar kan bring: tyd saam met haar eie mense.

 ??  ?? Die jong en borrelende akrise Mila Guy het Nieu-Seeland vir haar geboortela­nd verruil en spog nou met twee groot rolle op die silwerdoek.
Die jong en borrelende akrise Mila Guy het Nieu-Seeland vir haar geboortela­nd verruil en spog nou met twee groot rolle op die silwerdoek.
 ??  ??
 ??  ?? BO: BO Mila en haar vrie vriendin die aktrise Sim Simoné Nortmann, me met wie sy ’n woonste stel deel. LINKS: Mila sp spog met meer as 7 0000 volgelinge op In Instagram. Daar deel sy graag foto’s van h haar werk en lewe.
BO: BO Mila en haar vrie vriendin die aktrise Sim Simoné Nortmann, me met wie sy ’n woonste stel deel. LINKS: Mila sp spog met meer as 7 0000 volgelinge op In Instagram. Daar deel sy graag foto’s van h haar werk en lewe.
 ??  ??
 ??  ?? HOTEL BO: Mila en Schalk Bezuidenho­ut (wat die rol van Danny vertolk) op die stel van Hotel. REGS: Mila speel Nonnie in die fliek Liewe Kersfeesva­der.
HOTEL BO: Mila en Schalk Bezuidenho­ut (wat die rol van Danny vertolk) op die stel van Hotel. REGS: Mila speel Nonnie in die fliek Liewe Kersfeesva­der.
 ??  ?? LIEWE KERSFEESVA­DER
LIEWE KERSFEESVA­DER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa