Huisgenoot

Nog mans beskuldig Kevin Spacey

Die akteur is in ’n seksskanda­al gewikkel noudat ál meer mans na vore kom met skokkende bewerings teen hom

- Saamgestel deur NICI DE WET

EERS het vroue een-een na vore gekom en die vinger gewys na mans wat hulle na bewering seksueel geteister of selfs verkrag het, onder andere die Amerikaans­e rolprentma­gnaat Harvey Weinstein (65). In die nadraai van die #MeToo-veldtog, wat wêreldwyd uitgekring het – ook tot in Suid-Afrika – het manstemme ook nou opgeklink. Hulle vertel van die teistering en trauma wat hulle na bewering deurgemaak het – en dit aan die hand van die rolprent-ikoon Kevin Spacey.

Die Oscar-wenner (58), wat bekend is vir sy fliekrolle in The Usual Suspects en American Beauty, is nou in ’n smerige seksskanda­al gewikkel. Die akteur Anthony Rapp (46), van die TV-reeks Star Trek: Discovery, het Kevin eerste van teistering beskuldig en vertel hoe die toe 26-jarige hom in 1986 na bewering op ’n partytjie in sy woonstel in New York probeer verlei het toe hy net 14 jaar oud was.

Kort hierna het die vervaardig­er van dokumentêr­e rolprente Tony Montana beweer Kevin het hom in 2003 in ’n kroeg in Los Angeles betas. En die Mexikaanse akteur Robert Cavazos (35) beweer hy was een van talle jong mans by wie Kevin in The Old Vic-teater in Londen se kroeg toenaderin­g gesoek het.

Terwyl hy van 2004-’15 skeppende direkteur van dié teater was, was hy glo berug vir die sjampanjep­ieknieks wat hy op die verhoog gehou het, kastig “om oor hul loopbaan te praat”, vertel Robert. “Solank jy ’n man en onder 30 was, het mnr. Spacey vry gevoel om aan jou te vat,” skryf hy op Facebook. “Dit was so algemeen dat dit selfs ’n plaaslike grap (in baie swak smaak) geword het.”

The Old Vic se bestuur het nou ’n blitslyn ingestel sodat oud- en huidige werknemers en akteurs naamloos na vore kan kom as Kevin hulle gemolestee­r het.

’n Anonieme man beweer Kevin het hom probeer verkrag toe hy 14 was. Hy noem hom “’n pedofiel”. Agt mans wat aan House of Cards werk, beweer intussen Kevin het hulle jare lank gemolestee­r. In dié politieke riller speel hy ’n getroude, manipulere­nde politikus wat deur sy gekonkel die president van Amerika word.

Harry Dreyfuss (27), die akteur Richard Dreyfuss se seun, sê hy was 18 toe Kevin hom probeer verlei. In ’n rubriek op Buzzfeed beweer hy die voorval het gebeur toe hy sy pa in 2009 na Kevin se woonstel vergesel om vir ’n toneelstuk te oefen.

Die Britse polisie het die eerste amptelike ondersoek na Kevin begin nadat ’n man beweer het hy is gemolestee­r toe hy as 23-jarige vir ’n drankie na Kevin se woonstel genooi is.

Ná Anthony se onthulling het Kevin op Twitter geskryf hy het al “verhouding­s met mans sowel as vroue gehad” en gesê hy “verkies nou om as gay man te leef ”. Dit was nadat Kevin getwiet het hy kan eerlikwaar nie die ontmoeting met Anthony onthou nie, maar verskoning gevra het vir wat duidelik “uiters onvanpaste, dronk gedrag” was.

DEUR nou eers openlik oor sy seksualite­it te praat het Kevin hom die gramskap van die gay gemeenskap op die hals gehaal. Daarmee probeer hy die aandag aftrek van die eintlike kwessie van seksuele teistering, meen baie mense.

“Dit is nie ’n storie oor Kevin wat uit die kas kom nie; dis ’n storie van oorlewing deur Anthony en almal wat dapper standpunt inneem teen ongewenste seksuele toenaderin­g,” sê Sarah Kate Ellis, president van GLAAD, ’n Amerikaans­e gayregte-organisasi­e.

Ook die akteur George Takei, ’n Amerikaans­e kampvegter vir maatskapli­ke geregtighe­id, het teen Kevin te velde getrek. “Mans wat ander teister of aanrand, doen dit nie omdat hulle gay of heteroseks­ueel is nie; hulle doen dit omdat hul-

le die mag het en verkies om dit te misbruik.”

Rosie O’Donnell was van die eerste mense in die vermaakbed­ryf wat Kevin voor stok gekry het. Sy het getwiet: “F** jou, Kevin. Soos Harvey het ons almal van jou geweet. Ek hoop nog mans kom na vore, @KevinSpace­y. Niemand het die besonderhe­de geweet nie, soos met Harvey, maar ’n mens het geweet albei is ’n grillerige man.”

Soos met Harvey het Kevin se agent en publisitei­tsbeampte reeds alle bande met hom verbreek.

’n Spesiale Emmy-prys wat hy later vandeesmaa­nd in New York sou ontvang het vir sy bydrae “tot wêreldwye televisie”, is teruggetre­k. En Netflix het in ’n verklaring bekendgema­ak die verfilming van House of Cards is vir eers gestaak.

In ’n onderhoud met die aanlyn nuusdiens Buzzfeed het Anthony besonderhe­de verstrek oor die aand in New York toe die ster hom glo as tiener probeer verlei het. Hulle het toe albei in Broadway-opvoerings opgetree. Kevin “het my opgetel soos ’n man sy bruid oor die drumpel dra” voor hy hom op ’n bed neergesit en “intiem probeer verkeer het met my”. Anthony kon hom glo “loswriemel” en uit die woonstel ontsnap.

Tony het Radaronlin­e, ’n webtuiste oor glansmense, van ’n ontstellen­de voorval 14 jaar gelede in ’n kroeg in Los Angeles vertel. “Ek het ’n drankie bestel. Kevin het sy arm om my kom sit. Hy het sy hand hard op my kruis geplaas en my hele geslagsdee­l vasgegryp.”

Tony het ses maande lank aan posttrauma­tiese stressteur­ing gely en moes terapie kry, beweer hy. Ook ’n Britse kroegman, Daniel Beal, het van ’n skokkende voorval in 2010 vertel toe Kevin glo sy geslagsdel­e aan hom ontbloot het in die kroeg van ’n hotel in Wes-Sussex, waar hy toe gewerk het. Later het hy Daniel, wat toe net 19 was, sy duur horlosie aangebied om “stil te bly”.

Al is die swye tot nou bewaar, was daar met die jare aanduiding­s dat die ster ’n geheime lewe lei. In 2000 het die Amerikaans­e tydskrif Star steelfoto’s geplaas van hom en ’n jong man wat in ’n park buite Los Angeles kafoefel.

Vrae is ook geopper toe Kevin in 2004 ’n klag by die polisie indien dat hy om vieruur die oggend van sy selfoon beroof is terwyl hy in ’n Londense park met sy hond gestap het. Dit het mense laat wonder wat hy daardie tyd van die nag in ’n openbare park gedoen het.

Sy ouer broer, Randy Fowler, ’n 62-jarige Rod Stewart-nabootser en limousineb­estuurder, het in ’n onderhoud met die Britse koerant Daily Mail onthul hy en Kevin is in hul jeugjare in San Fernando, Kalifornië, erg mishandel.

Tussen al die pakke slae deur wat hy moes verduur, het sy pa hom gemolestee­r en hul ma het haar daarvoor blind gehou, het Randy vertel. “Kevin was so vasbeslote om die slae te vermy dat hy net in sy spoor getrap het tot daar niks binne-in was nie.”

Dit het van sy bekende broer ’n “leë dop” gemaak wat nog nooit ’n ware verhouding gehad het nie, meen Randy, wat van hom vervreem is. “Met twee sulke beskadigde ouers het nie een van ons in ons jeugjare ’n kans gehad nie,” het hy bygevoeg.

Die vraag is nou of Kevin se reputasie ’n kans het om van die skandaal te herstel. Teen druktyd was dit nog onbekend of ander projekte van hom ook in die slag sal bly. Hy is veronderst­el om saam met Mark Wahlberg en Michelle Williams te speel in die misdaadril­ler All the Money in the World, onder regie van Ridley Scott. Hy het ook reeds ’n hoofrol losgeslaan in die misdaaddra­ma Billionair­e Boys Club. Maar of ons die gevalle rolprenthe­ld gou – of ooit – weer op die silwerdoek sal sien, is ’n ope vraag.

Kevin ‘het my opgetel soos ’n man sy bruid oor die drumpel dra’

 ??  ?? HOOFFOTO: Talle mans beweer die Oscar-bekroonde Kevin Spacey het hulle met die jare gemolestee­r. HEEL LINKS BO: Die reeks House of Cards het hom die trekpas gegee. REGS: Die akteur Anthony Rapp beweer Kevin het hom op 14 (HEEL REGS) probeer verlei.
HOOFFOTO: Talle mans beweer die Oscar-bekroonde Kevin Spacey het hulle met die jare gemolestee­r. HEEL LINKS BO: Die reeks House of Cards het hom die trekpas gegee. REGS: Die akteur Anthony Rapp beweer Kevin het hom op 14 (HEEL REGS) probeer verlei.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Kevin by sy oorlede o ma, Kathleen Fowler. NAASLINKS: Kevin se ouboet, o Randy Fowler, is ’n Rod Stewart-nabootser. Hy beweer hul pa was ’n Nazi-bewonderaa­r en verkragter wat hom seksueel s aangerand en Kevin liggaamlik mishandel het. HEEL LINKS: Kevin se s oorlede pa, Thomas Geoffrey Fowler.
LINKS: Kevin by sy oorlede o ma, Kathleen Fowler. NAASLINKS: Kevin se ouboet, o Randy Fowler, is ’n Rod Stewart-nabootser. Hy beweer hul pa was ’n Nazi-bewonderaa­r en verkragter wat hom seksueel s aangerand en Kevin liggaamlik mishandel het. HEEL LINKS: Kevin se s oorlede pa, Thomas Geoffrey Fowler.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa